Hawston Kunsteontwikkelingsforum en die verhoogstuk Perlemoenstories, ter bemagtiging van Hawston se mense.

Hawston Kunsteontwikkelingsforum
Marinerylaan 27, Hawston, 7202. Tel 028-315-1183.

Die Hawston Kunsteontwikkelingsforum bied aan "Perlemoenstories" en ander projekte ten opheffing en bemagtiging van die mense van Hawston. Hawston is alom bekend vir sy perlemoen, maar diť dorp het ook kultuur wat skrik vir niks!

Perlemoenstories

Een van die stukke wat spesiaal vir die Suidooster-kunstefees geskep is, is Perlemoenstories uit die pen van die akteur en regisseur Anthony Wilson.

Anthony werk tans met werklose mense van die Hawston-gemeenskap buite Kaapstad wat hy as akteurs en tegnici sal inspan. Perlemoenstories sal op 8 Augustus tydens die jaarlikse Kalfiefees in Onrusrivier debuteer, en later ook by die Suidooster opgevoer word.

"Ek leer alle fasette van drama aan hierdie groep," sÍ Anthony. "Ek wil graag probeer om hierdie groep sů te bemagtig dat hulle selfstandig 'n drama sal kan skryf en bemark. Die opleiding wat ek aan hierdie groepie verskaf, kan vergelyk word met 'n werklike dramakursus, wat op 'n korter manier aangebied word."

Die kunsteforum

Perlemoenstories is die Hawston Kunsteontwikkelingsforum se eerste projek om veral werkloses op te lei om 'n drama op die planke te bring. Opleiding in alle fasette van teater word verskaf.

Die projek begin met navorsing deur werkloses in Hawston, onder leiding van 'n bekroonde regisseur/skrywer/akteur. Wanneer genoeg inligting ingesamel is, skryf die kursusgangers dan 'n teks wat deur 'n bekroonde dramaturg verfyn word. Hierna word die kursusgangers opgelei in alle fasette van teater, bv verhoogbestuur, kostuums, rekwisiete, toneelspel, ens. Wanneer die opleiding klaar is, volg die repetisies, en dan eindelik word die produksie op die planke gebring.

Die kunsteforum bied ook ander kunsverwante aktiwiteite aan, soos 'n gedramatiseerde poŽsieprogram, 'n skrywersprogram met bekende skrywers, en toneelopvoerings vir plaaslike blootstelling aan professionele produksies.

borg1

borg2

borg3

borg4

http://www.hawston.info/persberigte.html
Laas bygewerk op 8 Julie 2003
Werfmeester hawston@workmail.co.za