SupaRugby.com - Logo


Luiperds veg terug teen Bulldogs
2007-9-21
Die Luiperds het hul seisoen Vrydagaand op ‘n wennoot afgesluit deur van 5-25 af terug te veg om die Bulldogs in hul agterplaas 26-25 te klop. Daarmee het die Noordwesters vyfde in die Eersteliga geëindig.
Luiperds los Bom
2007-9-19
Die Luiperds het ‘n Bom gelos met die aankondiging van hul span wat Saterdag in die laaste bepaling van die seisoen teen die Bulldogs te staan kom. Die vleuel Bom Samaai en die staatmaker-slot Draad Linde is net op die bank ingesluit.
Van Dyks haak saam vir Griekwas
2007-9-17
Geskiedenis is vandeesweek in SA Rugby gemaak toe die jong BW van Dyk hom by sy ouer broer, Hans van Dyk, haker van die Griekwas, aangesluit het.
Arende se stadige gif klop Luiperds
2007-9-15
Die Arende het met hul stadige gif Saterdag op Potchefstroom hul onoorwonne status in die Eersteliga behou deur die Luiperds 34-24 te klop.
Slagos se rugbyrondomtalie
2007-9-14
Een week vir die Valke, die volgende week vir die Puk en die week daarna vir die Luiperds. Dit is die draai wat die losskakel Clayton Durand se rugbyrondomtalie die afgelope paar weke geloop het.
Luiperds verspeel kanse
2007-9-9
Die Luiperds se kanse om te kwalifiseer vir die uitspeelwedstryd het ’n groot knou gekry nadat hulle Saterdag in die Baai teen die OP met 34-15 verloor het en die promosie-relegasie wedstryd is dalk iets van die verlede.

Recent News


Virtual Office
Stormers Sharks Springboks Cavaliers Eagles Mighty ElephantsLionsBlue BullsCatsBullsGriffonsPumasCheetahsLeopardsFalcons