News24 | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Hansie-geheime in 2008 onthul
Die sluier van geheimhouding oor die inhoud van 'n doktorale proefskrif sal teen einde volgende jaar gelig word.
Charlize se sagte plek: Simba-tjips
Ja, sy eet gesond. Baie gesond, want haar ouderdom vereis dit, sê die aktrise Charlize Theron, 'n "hele" 32 jaar oud.
Sondag 11 November 2007
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Nuus
Sport
Sake
Perspektief
Hoofartikels
Standpunte
   Rubrieke
Tydskrif
Briewe
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Motors
Loopbane24
Nuusfokus
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  28°C
Kpstd  15°C  26°C
Dbn  18°C  22°C
Jhb  12°C  25°C
 Sudoku

Elke dag 'n nuwe kopkrapper
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Klagtes oor diens
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/11/2007 11:29  - (SA)  
Nuut! Die Deon Maas Blad
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Jy weet jy is in Suid-Afrika
  • Die toekoms is Chinees
  • Lewer kommentaar

  • Iewers in Pretoria-Noord is daar ’n jong vrou wat haar vasgeloop het in die sterk arm van die gereg. Duidelik het sy iemand ontstel. As die polisie sê dat sy vasgetrek is ná “die opvolging van inligting” beteken dit die bure, iemand vir wie sy ’n middelvinger gewys het of een van haar vriende wat ’n deal moes maak, het haar verklik. Sy is vasgetrek vir die besit van heroïen en kokaiën.

    Dis goed om te sien dat in die tye waarin ons lewe daar nog suksesvolle arrestasies deur die polisie is. As een van die polisiemanne nie die bewyse self gebruik of verkoop nie en niemand verloor, verkoop of verlê die lêer nie, kan ons dalk ’n suksesvolle vervolging sien vir die besit van dwelmmiddels.

    So far so good.

    Wat wel ontstellend is, is dat die polisie nadat hulle haar slaapkamer deurgesoek het, haar nou ook ondersoek vir Satanisme. Hulle het beslag gelê op Satanistiese dokumentasie wat in bloed geskryf is, kerse, menshare, DVD’s, bloedmonsters, swart klere en Bybels wat vernietig is en met bloed besmeer is.

    Nou kyk, dis ’n ernstige situasie dié. Dis veral die beslaglegging op kerse en swart klere wat my sou bekommer.

    Swak beplanning

    In my huis is daar ook kerse. Dit help as Eskom weer besluit dat dit my buurt se beurt is om te ly onder hul swak beplanning. Daar is ook heelwat swart klere in ons huis, want as ek die slag na ’n ordentlike plek toe genooi word, is swart maar die maklikste oplossing.

    Wat iemand duidelik vergeet het om vir die polisiewoordvoerder insp. Paul Ramaloko te vertel, is dat Satanisme ’n godsdiens is en dat ons Grondwet bepaal dat almal die vryheid het om die godsdiens van hul keuse te beoefen. As Moslems dink dat hulle ’n harde tyd het, moet hulle ’n bietjie na Sataniste kyk. Hulle het rêrig ’n bad deal. Satanisme maak steeds ’n beter lamppaal-plakkaat as Moslems, selfs al blaas hulle minder goed op en rig meer skade aan hulself aan as diegene rondom hulle.

    Ekself is nie ’n groot aanhanger van georganiseerde godsdiens nie. Maak nie saak in watter vorm dit aan my aangebied word nie, massa-opsweping was nog nooit my ding nie. As jy gaan probeer om my te oortuig om na ’n kerk van die een of ander aard te gaan deur ’n vuurwapen teen my kop te druk, sal Satanisme die laaste ding op my lys wees.

    Dit lyk vir my na heeltemal te veel moeite. Die slag van vreedsame huisdiere, die skeur van Bybels, die algemene beswaardheid waarmee jy moet saamleef, swart geverfde vingernaels en die feit dat jy gewoonlik ná middernag moet wakker wees om jou geloof te beoefen, is alles faktore wat Anton LaVey se filosofie effe onaanvaarbaar vir my maak.

    Elke keer as ek ’n pentagram probeer maak is dit skeef. Om die een of ander rede kan ek net nie die simmetrie daarvan onder die knie kry nie. Dis miskien maar omdat ek sleg was met wiskunde of dalk gee ek net nie genoeg om nie.

    Terselfdertyd is dit ’n godsdiens wat die reg het om beoefen te word.

    Satan verteenwoordig nie noodwendig boosheid nie, dis maar net ’n ander filosofie. Jy bid nog steeds, maar net tot ’n ander god.

    Net soos enige ander geloof het Satanisme reëls. In plaas van tien gebooie, het hulle nege. Hul nege gebooie sê nie vir jou wat om te doen nie, maar eerder hoe jy nie moet wees nie.

    Dwaasheid: Dít is soos die groot boetie van alle sondes vir hulle. Hulle moedig jou aan om na die storie agter die storie te kyk sodat jy kan besef wat rêrig aangaan in plaas daarvan om net alles te aanvaar wat jy met die paplepel gevoer word. Klink nie vir my na so ’n slegte idee nie.

    Dan is daar pretensie. Wees wie jy is en moenie voorgee dat jy iets of iemand is wat jy nie is nie. Dit het sin.

    Solipsisme: Doen aan ander wat hulle aan jou doen of gaan doen. Miskien ’n bietjie hectic as jy uit enige ander geloof se standpunt van draai die ander wang kom, maar dit klink na standaardgedrag in die sakewêreld of Johannesburg vir my.

    Selfbedrog: Moenie jouself aan jou eie neus rondlei nie. Weer eens ’n regmerkie.

    Kudde-onderwerping: Wees jou eie mens, neem jou eie besluite en moenie toelaat dat ander mense jou dwing om goed te doen wat jy nie wil doen nie. As jy hierdie idee prakties toepas, beteken dit dat tieners nie sal swig onder groepsdruk om te rook, dwelms te gebruik of hul maagdelikheid te verloor net omdat hulle voel dat dit moet gebeur nie. Dit moedig vrye denke aan en ondersteun die strewe na opinies wat gebaseer is op kennis wat jyself inwin. Daar is nog van hulle, maar ek is seker teen die tyd verstaan jy die punt wat ek probeer maak.

    Sover as wat geloof gaan, het Satanisme nog altyd aan die kortste end getrek wat die media betref. Terselfdertyd is dit die beste vriend wat die Christene nog ooit gehad het synde dat die duiwel die kerk in besigheid hou. Die aantrekkingskrag daarvan vir veral tieners is natuurlik dat dit die nodige kop-aan-kop-botsing is met die idees wat hul ouers propageer en daarom so ’n aantreklike opsie is.

    Die Rooms-Katolieke vervolg nie priesters wat kinders molesteer nie, maar betaal eerder miljoene uit as kompensasie, is steeds teen geboortebeperking en ontmoedig die gebruik van kondome in ’n era van vigs. Die Anglikane se besluit om homoseksuele predikers te aanvaar, bedreig hul eenheid, ons eie susterkerke sukkel om hul voete te vind in ’n nuwe bedeling en party van die Apostole weier om swart mense in die kerk te aanvaar. Die Christelike kerke hou aan om die reëls te verander om aan te pas by ’n samelewing wat vorentoe beweeg in die hoop om hul lede te behou. Mense wat kerk toe gaan, raak ouer en pogings om jonger mense in die kerk te hou het dieselfde sukses as klein dorpies wat probeer keer dat die kinders na die groot stede trek. As kerke belasting moes betaal het, sou baie min van hulle oorleef het.

    Propageer hierdie rubriek Satanisme? Nee. Maar as ons wil hê ander mense moet ons punt insien en ons idees respekteer, moet ons hul punt insien en hul idees respekteer. Om iemand anders se idee te verstaan, beteken nie dat jy daarmee hoef saam te stem nie.

    Dit beteken dat jy luister na wat hulle sê en dan kan saamstem dat julle nie saamstem nie. Dit beteken dat jy leer wat in ander mense se koppe aangaan en hulle dieselfde vryhede toelaat wat jy verwag dat hulle aan jou moet gee. Klink vir my na ’n wen-wen-situasie en een wat vreedsame naasbestaan kan bevorder.



        Vind
  • Internasionale Lotto
  • Afrikaanse boeke
  • Wêreldbeker-foto's
  • Eiendomme
  • Sanlam-Huislenings
  • Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
        Stem
    Voel jy die uittrede van Justin Kemp uit SA-krieket is 'n reuse verlies?
    Ja
    Nee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z







    Terug na bo