Krisis op hande oor Vaal se water

2010-11-23 22:38

Die suur mynwater wat in die Vaalrivier Barrage beland, is luidens ’n regeringsverslag besig om die hele stelsel stroomaf van die Vaaldam so te laat versout dat dit binne vier tot vyf jaar onbruikbaar sal wees.

Luidens die verslag word onder meer daarna gekyk om die besoedeling in die water minder gekonsentreerd te maak deur gereeld water uit die Vaaldam te laat.

Dít kan volgens kenners egter tot ’n groot tekort aan drinkwater in Gauteng lei.

Daarom word die koste van die suiwering van suur mynwater ondersoek om die water in die Barrage aan te vul.

Die verslag, “Integrated water quality management plan for the Vaal River ­System”, is opgestel deur die departement van waterwese saam met onder meer Eskom, Sasol, Rand Water, AgriSA, die departement van landbou en die Kamer van Mynwese.

Dit is die eerste keer dat die verslag in die openbare domein bekend word.

Die verslag stel dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler “vir die res van sy bestaan” die las van die “winsgewende” goudmynbedryf van die verlede sal moet dra.

Belastingbetalers sal aanvanklik R3,4 miljard moet opdok vir die bou van ’n aanleg om 120 jaar se suur mynwater aan die Witwatersrand op te vang.

Nóg R650 miljoen per jaar is nodig om die water dan na ’n sentrale plek te pomp en tot ’n “aanvaarbare vlak” te behandel voordat dit vrygelaat word.

Dr. Koos Pretorius, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing (FSE), het in sy reaksie gesê dit is ’n skande dat die regering van belastingbetalers verwag om vir die nalatenskap van die uitgewerkte goudmyne te betaal.

Volgens Pretorius lui die Grondwet “die besoedelaar moet betaal” en die regering moes lankal aan die myne gesê het: “Ruim jul gemors op.”

Mnr. Marius Keet, adjunk-direkteur van watergehaltebestuur in die departement van waterwese, het gister gesê daar móét ’n oplossing vir die probleem van die suur mynwater gevind word.

Me. Mariette Liefferink, ook ’n direkteur van die FSE, het daarop gewys dat as die Vaaldam se “drinkwater” gebruik gaan word om die besoedeling stroomaf minder gekonsentreerd te maak, sal Gauteng teen 2015 ’n groot tekort aan drinkwater hê.

Luidens die verslag is die plan ook om die tekort in die Vaaldam met ’n tweede dam in Lesotho aan te vul.

Pretorius het hierop gesê dit is duidelik die opstellers het nie die uitwerking van die sowat 15 steenkoolmyne in die opvangsgebied van die Vaalrivier voor die Vaaldam in ag geneem nie en ook nie die nuwe myne wat hier beoog word nie.

Dié myne besoedel die Vaaldam reeds.

  • ’n Taakspan bestaande uit spesialiste in verskeie sektore is ook besig met die opstel van ’n verslag om te kyk hoe die suur mynwater aan die Witwatersrand behandel kan word.
Dié verslag sal na verwagting binnekort aan die regering oorhandig word.

Volg Beeld op Twitter en Facebook.



Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-27°C Sunny. Warm. Pta: 16-28°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 14-25°C Showers late. Morning clouds. Mild. Bfn: 16-28°C Showery. Partly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 19-26°C More sun than clouds. Mild. PE: 18-25°C Showery. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Laguna Coupe 3.5 V6 AWD AT
2010
R 499,990.00

OPEL

Corsa 1.4i Utility
2002
R 39,900.00

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2007
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

RICHMOND HILL

House R 995 000

WALMER HEIGHTS

House R 1 695 000

CAPE TOWN

Apartment / Flat R 105 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Book Now

Experience the stunning Vic Falls. Pay for two nights and stay for three from R1 315 per person sharing (Standard rate: R2145.00 per person) - save 50%. David Lingstone Safari Lodge

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kinect Games, Hardeware & Console Bundles op pad in November

Bestel jou Xbox 360 Kinect vooruit en wees die eerste in Suid-Afrika om Microsoft se rewolusionêre nuwe game tegnologie te beleef!

Elonex eReader Nou Slegs R999!

WARM Elektroniese aanbiedings op HP Probook, Garmin Nuvi, Fuji Finepix Bundle & meer!

Witwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van ons musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Somer se Boekkeuses, tot 50% af!

Lae Pryse op Nuwe Titels! Befaamde outeurs: James Patterson, John Grisham & meer!

November se Beste DVD Vrystellings. Nou Slegs R119.95

The Back-up Plan, Prince of Persia, Kick-Ass, The Last Song, Toy Story 3 & meer!

Vandag se beste aanbod!

Toshiba Folio slegs R3999!

Bestel nou vooruit!

Kry jou mobiele internet-toestel vir so min as R1699! Toshiba, Mecer en iPad beskikbaar!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...