‘M**r ’n boer’: Minister moet opdok

2010-11-22 22:50

’n Boer van Bultfontein, Pretoria, wat glo onregmatig deur die polisie gearresteer, aangehou en aangerand is nadat ’n lyk in 2002 op ’n plaas gekry is, moet skadevergoeding van R500 000 kry.

Mnr. Willie Nel (44) en die minister van veiligheid en sekuriteit het gister in ’n skikking op die bedrag ooreengekom.
Dit is ’n bevel van die hooggeregshof in Pretoria gemaak.

Luidens hofstukke is Nel op 3 Desember 2002 deur ene mnr. Bhana, insp. Logan Moonsamy en sers. Tommy Pooko in die Lusthof-hoewegebied, Bultfontein, gearresteer sonder dat enige redelike verdenking vir sy aanhouding bestaan het.

Hy is die daaropvolgende 16 dae aangehou by vier polisiekantore en in ’n huis in Laudium, Pretoria.

Luidens die hofstukke is sy voete aan ’n tafelpoot vasgeboei; hy is op die niere geskop; hy het bloed geürineer; en Pooko het gesê hy (Nel) het nog nie gesien “hoe m**r ek ’n boer nie”.

Volgens Nel is hy op 3 Desember 2002 “ernstig aangerand” deur dié drie. Hy is “vier keer onmiddellik agtereenvolgens met ’n elektriese stroom geskok”.

Hy het op die “kaal sementvloer” in die sel geslaap “terwyl sy hele liggaam geruk het van die pyn”.

Luidens ’n sielkundige verslag wat einde Augustus vanjaar oor Nel opgestel is, het Nel se vrou, Esther (48), verwys na “verskeie arrestasies en sake” wat teen haar en haar man aanhangig gemaak is.

Mnr. Nel het aan die sielkundige gesê: “Ek lê die hele nag wakker...’n mens weet nie wanneer hulle weer kom nie... hulle het selfs met helikopters gekom...”

Volgens die sielkundige het mnr. Nel gesê hy, sy vrou en sy vriend, mnr. Marius Bouwer (nou ’n advokaat), is gearresteer nadat ’n lyk ontdek is.

Luidens die verslag is mnr. Nel beskuldig van voorvalle sedert 2002, waaronder 12 aanklagte van poging tot moord.

Die saak teen hom is finaal op 14 Desember 2005 teruggetrek.

Volgens die sielkundige ly hy aan ernstige angsversteuring.

  • Die hooggeregshof het in Desember 2008 gelas dié minister moet R2050 00 aan Bouwer betaal.

Hy is ’n voormalige opera-sionele bevelvoerder van die polisie se teenkorrupsie-eenheid. Bouwer is in Januarie 2003 gearresteer in verband met die moord op ’n man wie se lyk ’n jaar tevore op sy plaas by Bultfontein gevind is.

Die klag is twee maande later teruggetrek. 

Volg Beeld op Twitter en Facebook.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters
avatar
Tc November 23, 2010 om 07:06
...en hulle beweer dat die verdomde nuwe SA is beter as die oue! Dit is veel erger!
avatar
fanie.bronkhorst November 23, 2010 om 07:46
Tipuese ondier mentaliteit
avatar
Shatters November 23, 2010 om 07:56
ah great . ek hoop dit gebeur meer en meer. Dit is twak dat die polisie hulleself so vergryp .. mense moet meer eise instel vir police brutality .. hulle het gou hof toe gehardloop toe die polisie destyds polisiehonde op ONWETTIGE immigrante gesit het, daai ouens is tronk toe gestuur, die polisie deesdae kom met moord (en verkragting) weg ... dit is tyd dat hulle begin betaal!!!
avatar
paulbooysen November 23, 2010 om 08:10
Gaan die ape aangekla word van aanranding,poging tot moord,vals arrestasie,mense roof,ontvoering teistering,diskriminasie ens. of gaan hulle bevorder word met 'n "mooi so" klop op die rug ?
avatar
Alt November 23, 2010 om 08:21
Neeeeee, ons belasting sal mos nou weer opmaak vir die uitbetaling terwyl die bliksens nog bevordering gaan kry ook. Dis mos hoe dit werk as jy 'n krimineel is
avatar
Felix November 23, 2010 om 08:32
En as hulle skuldig bevind word sal poste vir hulle in die parlement geskep word om die ander kriminele te join.
avatar
ace.buys November 23, 2010 om 09:15
Ja nee. Bind 'n boer vas en moer hom. Julle slapgatte! Wat van probeer dit weer sonder om die boer vas te bind!
avatar
fanie.bronkhorst November 23, 2010 om 09:23
en kom een een - iets wat hulle nie ken nie - moet altyd 'n groep swart teen een witte wees - klomp slapgatte
avatar
La Grange November 23, 2010 om 11:01
Nou moet die regring net sy bek begin hou oor die apartheidsmisdade deur die veiligheidsmagte, want sy nuwe bevoordeeldes doen nie veel beter nie.

Hier en daar is daar nog sulke gevalle waarvan ons nie altyd te hore kom nie.
avatar
bubbles November 23, 2010 om 11:10
Ek wonder of hulle afbetaal is of nie? indien nie, gaan dit nie end kry nie, want hulle het steeds hulle werk en daar is geen verantwoording vir wat hulle gedoen het nie.
avatar
Niki November 23, 2010 om 17:05
R500 000 is te min! Dis Police Brutality
avatar
Anthony November 23, 2010 om 18:00
ek sal five milijon eis
avatar
Boomklouer November 23, 2010 om 18:28
"Minister moet opdok." Dit is bog. Die minister, as die "accounting officer", gaan hoogstens die aanspreeklikheid daarvoor aanvaar en verantwoording aan die parlement moet doen vir die vergryp in sy departement. Maar hy gaan niks opdok nie: die belastingbetaler gaan.

Dis hoog tyd dat hierdie gemors wat maskereer as polisiebeamptes finansieel moet pa staan vir hierdie kriminele, rassities-geïnspireerde magsvergrype.

Tans betaal die slagoffers om geslag te word, want hierdie barbare sal waarskynlik net oor die vingers getik word en "herontplooi" word net om hierdie gedrag voort te sit.
avatar
Xram62 22 ure gelede
Boomklouer? Dit klink vir my so al of ons dieselfde taal praat...en ek kry Beeld, Nuus24 nie so ver om my kontak inligting vir jou te gee sodat ons beter kan kommunikeer nie. Wil jy my nie asb kontak nie? marxinovich@hotmail.com........
avatar
yomaime November 23, 2010 om 19:35
Dok op, al wat ek kan se, dok op! Miskien sal daar nou begin gelet word op optrede deur polisie amptenare!
avatar
Xram62 22 ure gelede
Hahahahaha...dok op, dok op, skree almal. Min wetende dat JY die geld voorsien het vir die verdediging...en dat die "dok op" met geld betaal word wat JY voor gewerk het, en so gewilliglik aan die kakistokrasie oorhandig het om wan bestee te word.
avatar
Shatters 9 ure gelede
ten minste weet ons dit is in die wit man se hande wat getorture is en nie in die Komissaris of een of ander ou se sak vir 'n vet BONUS nie ... ;)
avatar
U1 22 ure gelede
Die lot in die polisie het almal 'n kraak en lyk my lei aan 'n vervolgings waan. Normale mense tree nie so op nie.
avatar
Papeslaai 13 ure gelede
As jy iemand se ware karakter wil sien, gee hom net 'n magsposisie.
avatar
Le 8 ure gelede
Wat word van die oorteders is hul krimineel vervolg of aangekla in enige opsig ek wonder maar net??

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-26°C Sunny. Warm. Pta: 15-27°C Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 12-24°C Morning clouds. Mild. Bfn: 14-27°C A few showers. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 18-25°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Sprinkles late. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Consumable Manager

Western Cape - Cape Town
Linx Personnel Group
R40,000-45,000 Per Month

Rigger/Ropesman

North West,Northern Cape
Hire Resolve

Chief Geologist

Africa (excl. SA)
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2006
R 104,995.00

BMW

Z4 3.0i E85 Roadster
2004
R 219,900.00

VOLVO

V70 2.4T XC AT
2003
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

FOURWAYS GARDENS

House R 6 300 000

CRAIGAVON

House R 1 450 000

BEREA

House R 1 650 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Book Now

Experience the stunning Vic Falls. Pay for two nights and stay for three from R1 315 per person sharing (Standard rate: R2145.00 per person) - save 50%. David Lingstone Safari Lodge

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kinect Games, Hardeware & Console Bundles op pad in November

Bestel jou Xbox 360 Kinect vooruit en wees die eerste in Suid-Afrika om Microsoft se rewolusionêre nuwe game tegnologie te beleef!

Elonex eReader Nou Slegs R999!

WARM Elektroniese aanbiedings op HP Probook, Garmin Nuvi, Fuji Finepix Bundle & meer!

Witwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van ons musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Somer se Boekkeuses, tot 50% af!

Lae Pryse op Nuwe Titels! Befaamde outeurs: James Patterson, John Grisham & meer!

November se Beste DVD Vrystellings. Nou Slegs R119.95

The Back-up Plan, Prince of Persia, Kick-Ass, The Last Song, Toy Story 3 & meer!

Vandag se beste aanbod!

Kranksinnige Kersfees Aanbiedings

TOT 50% AF op ALLE DVD'S & Blu-ray

Besoek die DVD-winkel vir massiewe besparings op DVD's & Blu-ray, Eclipse, Toy Story 3, Iron Man 2 & meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...