ANC, DA stuur swaargewigte na O-K

2011-04-29 23:21

Port Elizabeth - Die ANC en die DA stuur die naweek hul swaargewig-politici na die Nelson Mandelabaai-metropool en elders in die provinsie om steun onder kiesers te werf vir die komende munisipale verkiesing.

Me. Helen Zille, DA-leier, gaan Sondag as deel van die Werkersdagvieringe kiesers by die ETC-konferensiesentrum in Uitenhageweg oor werkskepping toespreek. Mnre. Athol Trollip, DA-parlementêre leier, en Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir huisvesting, gaan ook die saamtrek bywoon.

Cosatu gaan op sy beurt kragte saamspan met die ANC en môre twee gedenklesings onderskeidelik in die Baai en Oos-Londen hou, sowel as vier saamtrekke reg oor die provinsie op Sondag.

Me. Thozama Mantashe, tweede adjunkpresident van Nehawu, gaan môre om 18:00 die John Gomomo-gedenklesing by die Veremarksaal in die Baai lewer. Op sy beurt gaan mnr. Irvin Jim, Numsa se sekretaris-generaal, ook vandag om 18:00 die Thozamile Gqwetha-gedenklesing in die Oos-Londen-stadsaal lewer.

Jim, mnre. Phumulo Masualle, Oos-Kaapse LUR vir finansies, en Fikile Mbalula, minister van sport, gaan die saamtrek by die Sisa Dukashe-stadion in Oos-Londen bywoon.

Mantashe, me. Nomaindia Mfeketo, ANC-uitvoerende lid, en Lindelwa Dunjwa, SAKP-sentrale komiteelid, gaan die saamtrek om 10:00 by die Dan Qeqe-stadion in Port Elizabeth bywoon.

In Queenstown gaan mnr. Senzeni Zokwana, NUM-president, me. Jessie Duarte, ANC-uitvoerende komiteelid en mnr. Xolile Nqatha, SAKP-sentrale komiteelid, dié saamtrek in die binnenshuise sportsentrum bywoon.

Die Mthatha-saamtrek sal deur me. Zingiswa Losi, tweede adjunkpresident van Cosatu, me. Baleka Mbete, ANC-uitvoerende komiteelid, mnre. Mandla Makupula en Madoda Sambatha, SAKP-sentrale komiteelede, bygewoon word. Dit word gehou in die ouditorium van die Walter Sisulu-universiteit.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters
oela 23 ure gelede
ongelooflik wat n verkiesing kan doen
ANTON 22 ure gelede
Na die verkiesing is almal weer op die soustrein en sien mens hulle eers met die volgende verkiesing.

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 11-22°C Showers early. Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 8-21°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

MI Admin (Rotational Shift Work)

Western Cape - Cape Town
Teleperformance
R9,000 Per Month Market Related Basic Salary Plus Benefits

Desktop Support Engineer (Rotational Shift Work)

Western Cape - Cape Town
Teleperformance
R12,000 Per Month

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Month Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2003
R 89,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Jetta 4 1.6 Std
2005
R 79,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magnificent Massinga

Spend 7 days in an Ocean Front room at this exquisite resort from R11 305 per person sharing. Includes meals, accommodation, flights Book Now!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Samsung RV510 & Canon Printer Bundle

Kry dié fantastiese bondel vir net R3 499,95. Bespaar R200. Koop dit nou!

Treffers teen R99,95

Laat ons jou trakteer met dié fantastiese trefferuitreikings. Koop dit nou!

Nuwe musiekuitreikings

Kry die jongste musiekuitrekings van jou gunstelingkunstenaars. Van Adele tot Britney Spears en 100e ander albums is nou beskikbaar op kalahari.net. Koop dit nou!

Killing Kebble

Mandy Wiener vertel die verhaal van Kebble se moord. Koop Nou!

Zhoosh! Faking It.

Propvol liplek-lekker resepte. Koop Nou!

Sing You Home

Was R199,95 Nou R159,95

Jodi Picoult, skrywer van die topverkoper My Sister’s Keeper, se jongste roman, Sing You Home, is pas uitgereik. Plaas jou voorafbestelling nou!

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.