Egpaar ‘het vrede in Stilbaai kom soek’

2010-10-16 01:40


Stilbaai en George - Hy het vrede in Stilbaai kom soek en sy vrou wou net graag naby die see aftree, maar vir die vermoorde Smith-egpaar het dié Suid-Kaapse droom tragies geëindig.

Die lyke van mnr. Jan en mev. Lilly Smith, onderskeidelik 62 en 57, is Donderdag in hul huis op hul kleinhoewe naby Jongensfontein net buite dié Suid-Kaapse kusdorpie gevind.

Die Smiths het twee jaar gelede van Lydenburg in Mpumalanga na die Suid-Kaap getrek om ’n rustige aftrede te geniet.

“Jan het vir my gesê hy kom soek vrede in Stilbaai,” het past. Jan Kleynhans van die plaaslike AGS-gemeente gister aan Die Burger gesê.

Familielede en vriende was gister erg getraumatiseer ná die moord.

“Sy sou nie ’n vlieg seermaak nie,” het me. Mimi Cronjé, mev. Smith se suster, gesê.

Volgens Cronjé was haar suster besonder lief vir die see. “Sy wou altyd by die see kom bly.”

Die provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad, wat deel uitmaak van die Valke (die direktoraat vir prioriteitsmisdade), het gister nog onverpoos na die moordenaar(s) gesoek.

’n Man wat vroeër ondervra is, is gister vrygelaat.

Me. Johanna le Grange, ’n vriendin van die Smiths, het Donderdag na hul kleinhoewe gery toe sy hulle nie in die hande kon kry nie. Sy het een van die lyke deur ’n venster in die huis sien lê en die polisie gebel.

Hulle is vermoedelik tussen Dinsdag en Donderdag vermoor.

Mev. Smith is vermoedelik met ’n tuinvurk gesteek en haar man is met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan.

Die polisie het ’n beloning uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaar(s).

Die begrafnisreëlings is nog nie getref nie, maar mnr. George Cronjé van Niewoudtville, ’n swaer van mev. Smith, was gistermiddag in George om die lyke uit te ken. Die egpaar se kinders, John (37) en Liza (36), was gister na Stilbaai onderweg.

Die Burger het verneem mev. Smith was ’n ywerige fotograaf. Die egpaar het verskeie sakeondernemings gehad, onder meer in Phalaborwa.

Die grondpad na die kleinhoewe was gister afgesper terwyl forensiese beamptes op die toneel besig was. Die huis is nie van die pad sigbaar nie.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is ’n selfoon van die egpaar Woensdag in Kerkstraat, Riversdal, gevind. “Ons vermoed ’n motoris het dalk die verdagte(s) ’n geleentheid gegee en die selfoon het uitgeval.”

Volgens ’n inwoner van Stilbaai, mnr. George Cronjé, het hulle nog verlede naweek saam met die Smiths gebraai.

Verlede Vrydag het sy dogter, Phoebé, en haar vriend, wat albei vlieëniers is, laag oor die egpaar se plaas gevlieg. “Hulle het toe nog gesê hulle wil so graag ’n volgende keer saamvlieg.”

Volgens Cronjé was hy en sy vrou baie na aan die Smiths.

“Lilly was soos ’n eie suster. Die familie is diep geskok oor die voorval. Hulle is wreedaardig vermoor en dis duidelik dat iemand vir geld gesoek het.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters
DANIE Oktober 16, 2010 om 07:04
Waarom word Blankes in hierdie land jaar na jaar in hulle eie huise op so 'n grootskaal beroof en dan wreedaardig vermoor.
Neil Engelbrecht Oktober 16, 2010 om 08:27
Hoekom so wreed, my skoonouers was die sout van die aarde, hulle was gegiet in goud, en dan in een waansinnige oomblik, is hulle van ons weggeneem, na hulle hemelse vader, waar hulle saam is, wat hulle nooit anders sou wou he nie. Die hoof nuus op sauk, e-news,niks daarvan tot vandag, want dit is nie belangrik in 'n land van gruwel dade.R.I.P.
YVONNE Oktober 16, 2010 om 09:18
NEE MAGTIG MAN! Nou is die geweld al hier in die Sudkaap op ons voordeure. Ons is ook afgetree op kleinhoeweMy man is 72 en ek 64
as jy in jou eie huis nie meer veilig of op you werf nie - is daar mos geen lewe meer oor nie.! Die bliksems skrik nie vir Polisie of niks nie - want daar is mos nie meer DOOSTRAF nie-Hulle kan mos maar net steel maar HOEKOM maak hulle dood? Hulle gaan tronk toe en leef soos konings! Grooot skerm TVS Sport Dag Coca Cola Lorries en gratis coke(Ek het dit met my eie oe gesien by MosselBaai tronk - die klomp MOET glo gehabiliteer raak! Hoe de hel rehabiliteer jy iemand wat n ander se lewe sommer lag lag neem?Hierdie klomp gemors moet uit die samelewing permanent verwyder word!N Mens se hande is nou waaragtig in die land afgekap!
Ons het nou 5 Alsations Maar gaan dit ooit help? en 2 klein foxterriers binne!My albei vn ons bure al ingebreek gelukkig was hulle in die dorp. ek glo tog ons honde is afskrik middel want hulle sal enige iemand aanval wat hier inkom -as ons nie by is nie -maar vergeet maar nou van veiligheid hier in die Suid Kaap - die hele land is vrot van skelms en hulle is NOU HIER want die mense in ander dele leef nou al klaar in tronke en nou is die maklike teikens hier !hULLE HET SAAM GETREK sUID kAAP TOE!MOENIE vreemdelinge werk gee nie ! MOENIE Zimbabwiers en Mozambiekers werk gee en aanmoedig hier nie.Maar selfs die BOERE i die Kaap het nie ore nie ! KYK na julle veiligheid, kry hekke in die huis, kry sommer n spul honde! Vergeet van die veilige Platteland hier -
Dit kan jou lewe red.
Santjie Oktober 16, 2010 om 09:57
Dit is duidelik dat mens nie meer van Mpumalanga kan wegvlug vir stilte en vrede nie, WANT hier in die Kaap loop ook allerhande goed rond. Om deesdae op 'n kleinhoewe te bly, selfs in die Kaap, is 'n risiko. Jy kan in elk geval nie altyd eens jou tuinhulp of huishulp vertrou nie.
Sjoe sjoe sjoe. Oktober 16, 2010 om 10:50
Wat se mens hierop?
doodstraf Oktober 16, 2010 om 11:13
EN SOOS ONS GEWOOND GERAAK HET IN ZUMA-LAND;
DIE SKULDIGES GAAN N I K S OORKOM NIE. BRING TERUG DIE DOODSTRAF.....
Vrede is verkrag. Oktober 16, 2010 om 11:27
MISDAADLAND - En dan het ene Fikile Mbalula, die wat ookal om te se dat plaasaanvalle nie met ras verbind moet word nie. Maklik vir hom te se, dis mos 'n lekker verskoning om agter te skuil. Wonder waarmee dit dan wel verbind moet word buiten opperste misdadigheid en gevoelloosheid. FIKILE, jy moet baie stupid wees om te dink dat ons jou gaan glo. Duidelik het jy geen perspektief en insig nie.
antonette Oktober 16, 2010 om 12:44
Dis die GROOT probleem Almal kom na Eden, die paradys, die land van melk en heuning, Hulle vergeet egter daar was 'n GROOT BOSE SLANG in eden. Hier is die crime rate 20 keer erger as in groot stede is mens op bevolings getalle gaan. Hier is meer boewe kwaaddoeners as in stede. En die mense kom soek vrede hier en lok die bose uit, want hulle pas geen eie beskerming toe nie.Hier leef ons ook al jare agter slot en grendel, hier is geen vrede nie
Invictus Oktober 16, 2010 om 17:10
Mnr en mev Smith het op n plaas gewoon - nie n hoewe nie - die plaas is so tussen 40 en 45 hektaar groot - m.a.w. nog n plaas moord.
christine g Oktober 16, 2010 om 18:30
dit is baie en uiters barbaars,hoekom hulle so leed aan doen,kon hul nie net vat en loop nie,sterkte aan die familie en vriende,ek weet woorde beteken nie iets as mens so seer het nie,maar hou moed en vertrou op JESUS. ek hoop hul vang die goed gou,Mr Zuma BRING ASB DIE DOODSTRAF TERUG,JY SKULD ONS DIT.
Wally Oktober 18, 2010 om 08:11
Suid-Afrika is nou al gatvol vir die volgende uitdrukking : "Bring terug die DOODSTRAF"!!!!!! ANC - maak oop julle fokken oë!!!!
AM Oktober 18, 2010 om 10:18
Wally, dit is net 'n kwessie van tyd,dan gaan hulle glad nie fokken oë hê om oop te maak nie. Al die tekens is sigbaar dat die wêreld se einde naby is.
Charles Oktober 18, 2010 om 10:29
Ons blankes moet dalk vir onsself die vraag stel:

Is die UITMOOR VAN BLANKES dalk 'n opdrag van een of ander politieke mag in RSA?

Die daaglikse nuus laat dit so lyk.
"Duiwel se Advokaat" Oktober 18, 2010 om 10:38
Hierdie insidente is die totale aanslag van die Antichris...maar die regering van die dag vervloek die woord "Antichris" op die selfde wyse as die "K" & "H" faktor. Om n lang storie kort te maak..CHristenmens maak hom nie skuldig aan sulke wandade.!(Ek wonder of hierdie kommentaar geplaas sal word?)
Gawie Botha @ Invictus Oktober 18, 2010 om 10:42
100% vir jou opmerking! Dit word n "plot" genoem om die statistieke van "Plaasmoorde" af te water! Maar dit is soos die Antichris te werk gaan.
"Duiwel se Advokaat" @ Invictus Oktober 18, 2010 om 10:55
100% waarneming,ek stem saam met jou opmerking! Die omgewing word nou as plot beskyf om die staistieke van "Plaasmoorde" af te water. Die Beskuldiges is die Antichris waarvan die Bybel praat!
Cheetah Oktober 18, 2010 om 11:11
My diepste meegevoel vir die familie en vriende. Mag God julle trane afdroog en die hartseer verminder.
Satans loop rond soos brullende leeu. Oktober 18, 2010 om 11:17
As jy 'n misdadiger is, is jy 'n misdadiger, of jy nou in Chicaco of in JOngensfontein bly. Juis omdat dit 'n sogenaamde stil omgewing is, sal die vervlakste satan sy voelers daar uitsteek. Hoe gouer ons besef dat ons in 'n korrupte misdadige land bly en probeer voorsorg tref, hoe beter vir ons. Die regering sal nie help nie, hulle sal nie eers luister nie, so wat bly oor?
Jakkals Oktober 18, 2010 om 11:20
Gebruik voormalige goed opgeleide soldate van spesialis eenhede om beskermingseenhede te stig met sentrale beheersentrums en reaksiemagte. Boere kan ook deel bydra om aktief deel te wees van die beskermingseenhede. Stig n fonds om hierdie eenhede te finansier. Werklose mense van myne wat gesluit is kan ook op plase gehuisves word om opgelei te word en so kan ons die huidige arme blanke vraagstuk ook aanspreek en hierdie mense n dak oor hul koppe gee en n geleentheid om hulle menswaardigheid te herwin. Patroleer gebiede soos gedoen word met n buurtwag. Die reel is eenvoudig, jy neem beheer van n krises, die regering is onbevoeg en onwillig om boere te beskerm. Skiet voor jy geskiet word en as jy skiet, skiet om dood te skiet. In Limpopo Provinsie naby Pietersburg/Polokwane is n plaas langs die N1 wat besaai is met kruise wat opgerig is vir elke mens wat vermoor is op n plaas. Plaas fotos hievan, asook die wrede verhale wat hiermee gepaard gaan. Dit moet ook aan die pers in die res van die wereld voorsien word. Hierdie kruise is getuienis van die onvermoee en onwilligheid van die regering om rekenskap te eien en n oplossing te bied.Indien ons nie iewers n begin gaan maak gaan hierdie slagtings voortduur.
ester Oktober 18, 2010 om 11:26
In Suid-Afrika is elke moord net nog n statistiek! Daar was meer vrede in SA voor die hele Afrika oor ons grense geloop het!!!Sterkte aan familie en vriende.....
André Oktober 18, 2010 om 12:16
Een van ons wit boere se probleme is om net te praat en te praat en niks te doen nie.Daar is boere in SA wat opgehou praat het en op hul plase aan x-Weermag rekkies sonder werk, werk verskaf.Hierdie rekkies word deur die boere gemeenskappe goed betaal en versorg.Met die inligting, toerusting en goeie kommunikasie van ons dag, is die boer en sy familie ten minste veilig in sy huis teen hierdie swart nasie met sy ingeboude gees van verwoesting en geweld. Die boere moet gerus bietjie sommetjies maak en 'n ekstra jaar met 'n voertuig ry in plaas van elke jaar 'n nuwe te koop en eerder belê in die veiligheid van sy familie en werkers.Wonderlik om te hoor van vier/vyf boere wat eerder belê in vier/vyf van hierdie manne wat nog die saak van die blanke en die werker wat wil werk, op die hart dra.Dit was wittes wat ons land weggegee het en met ons en ons kinders se bloed aan hul hande voor God sal staan.Sê jy niks en doen jy niks, is jy 'n verraaier van jou volk en stem jy saam met hierdie kommunistiese Antichris regering wat uit sy eie nie eers iets kan ontwerp wat hierdie land kan laat groei nie.Afrika lê besaai met die swart voetspoor van geweld, moord en verwoesting.Moenie toelaat dat hy oor jou loop nie. Stop hom - anders kos dit jou, jou vrou en nageslag se reg om te lewe.
KG Oktober 18, 2010 om 12:30
Wanneer ek na die foto van die vermoorde egpaar kyk, raak ek net ongelooflik hartseer, hulle liefde vir mekaar is in daardie foto vasgevang. Al wat ek aan dink, is dit kon my ouers gewees het en daardie gedagte maak my bang, maar terselfdertyd WOEDEND!!!! Weet jy wat my so moedeloos maak, is ons kan nou maar die regering met al wat 'n statistiek & feit is gooi, absoluut NIKS gaan gebeur nie. Hoekom sal dit? Ek kry glad nie die indruk dat hulle gepla is oor die mense van die land nie. Dis maar net my opinie, ek kyk na dade, nie leë woorde nie, want ongelukkig is dit al wat ons van die politici & regering in die land kry.......leë woorde!! Hulle sê die mooiste goed om ons te paai, want hulle weet dis wat ons wil hoor, maar aan die anderkant, moet hulle ons ook nou nie onderskat nie, want ons sien regdeur al daai valsheid. Die realiteit is ons sal vir altyd oor ons skouer moet loer, ek sien nie dat dinge binnekort beter gaan raak nie.....
Zelda Oktober 18, 2010 om 12:42
As die moordenaars gewind word almal van hulle kap hulle hande af vir voorbeeld vir die ander wat nog wil moord pleeg, die wereld kan dan sien hoe lyk die moodenaars van Suid Afrik
Maryke Oktober 18, 2010 om 13:07
Jissis, ek raak so be**k. Ek's nie wit nie en die misdaad het niks met wit te doen nie of so hoop ek, maar aan die anderkant. Elke dag in elke koerant wat ek lees, Burger, Beeld, Volksblad, Blankes vermoor, wreed vermoor. Ek's so hartseer, vir die mense wat hul lewes verloor, hul familie en vriende wat agterby, hartseer vir my land wat nie sal regkom nie. Ek het nie meer hoop nie.
Mientjie Oktober 18, 2010 om 13:28
Wie kan dit nog bevraagteken dat daar 'n genadelose en gewetenlose vendetta teen die blankes in hierdie land gevoer word? As dit net om roof gegaan het, waarom word een van die Black Diamonds dan nie beroof nie? 'n Mens voel so jammer vir die families wat hierby betrokke is want daar is net geen regverdiging hiervoor nie. 'n Totaal sinlose daad ......
Azna Oktober 18, 2010 om 13:50
Definitief nog 'n plaasmoord - eintlik twee plaasmoorde ! Maak ons almal in die omgewing baie bekommerd. Die omgewing het ons altyd beskou as so 'n veilige deel om te woon en te kom vakansie hou. Ons sal net beter na onsself moet kyk; die regering gaan NIKS doen nie. Die mense in die landboubedryf is mos nie belangrik nie.
Donker Afrika Oktober 18, 2010 om 15:10
@Jakkals/Andre,
Soos talle ander is ek in Wes-Afrika omrede ek een van die is wat nie n keuse gehad onder die vorige regering in terme van die konskripsie beleid nie. Die huide regering se swart bemagtingsbeleid straf mens indirek vir ons aandeel in die konskrupsie deelname, tipe van n "catch 22" situasie. Julle is reg, almal kla kronies maar niemand neem leiding nie, ons afgetrede generaals skryf net boeke oor die oorlog en vul hulle aftreepakette aan maar doen niks om betrokke te raak in die stryd wat hulle ons mee belas het nie. Ek is een van die wat gekla het, nou het ek n voorsmakie van waarheen RSA oppad is indien ons nie pro-aktief gaan wees nie. Glo my, dinge is erg in RSA maar in vergelyking met wat hier aangaan is RSA n paradys. Een ontnugtering is egter dat moord en roof iets is wat ons nie van bewus is hier nie. Lees mens die RSA koerante dan besef jy hoe buite beheer die toestand is. Sterkte aan die families van die vermoorde geliefdes. Niemand verdien om na so n mooi beplande en suksesvolle lewe, so wreed vermoor te word nie. Hoe verwerk mens so n tragedie?
Walda Oktober 18, 2010 om 16:02
ons leef in tronke in ons eie huise en die misdadigers loop los rond, dis tyd dat ons ons veiligheid terugvat. Die mense het niemand kwaad gedoen nie, hulle het nog werk geskep.
Wonder Oktober 18, 2010 om 17:34
Ja die aanval was gruwelik, maar wat se een is nie? Ons polisie is gewoonlik so sleg en traag en ook korrup, maar die keer wil ek vir hulle 10 uit 10 gee, want die 2 diere is vandag vasgekeer. Daar is miskien nie justice in ons land of wereld nie, maar o wee, God se dag kom. Soos iemand hierbo gese het, maak nie saak waar jy gaan nie, die duiwel is oral op hierdie aarde los. Maar onthou net wat die bybel se, dis ons gees wat saakmaak, hulle kan ons vlees vat, solank jou gees op die regte plek is, in God, dan sal jy by God wees in die paradys. Seermaak kan hulle ons seermaak, dit is oor baie van ons se pad of dalk nie. Maar die is nie nou die tyd om te chit chat oor wat is en wat nie is nie, die is die tyd om as kinders van die Here saam te staan en veiligheid elke liewe dag oor onsself en ons gesinne te bid. Vergeet jy dalk een dag omdat jy TE besig was, is dit dalk net die dag wat die satan sy kans waarneem.
Johannes Oktober 18, 2010 om 22:15
Ons moet eis dat die doodstaf nou weer ingestel word, die blankes is die teikens en is nou moeg daarvoor. Of gee hulle vir die mense om op dieselfde wyse wat hulle gemoor het tereggestel word dat sal die rot in die land 'n einde kry
Fransie Oktober 19, 2010 om 00:03
Ek voel en bid vir die familie,maar daar sal een vrou wees van wie daar nog n monument gemaak sal word ,en dis ek want die dag as dit met my familie kinder kleinkinders gebeur gaan baie van hierdie kusiete soos vliee vrek.al wat my troos vir elke witmens wat so naweke op plaase vermoor word,gaan 20 in taxi ongelukke dood Ek bly in die oomblik in die buiteland waar ek elke mens wat ek teekom vertel wat in SA gebeur en geen mens glo dat ons mense nie self iets daaraan doen nie!!my hometown soos ons hier se is in Hartenbos naby Stilbaai en my hart gaan absoluut uit na hierdie familie,ek hoop as julle hom vang vat hom vir n trip op die boot diepsee toe.
Andrew Oktober 19, 2010 om 10:26
Aan die moordenaars wil ek net sê: GOD SLUIMER OF SLAAP NIE, JOU DAG SAL KOM en dit mag dalk nader wees as wat jy dink. Aan die regering, wat NIKS doen om die situasie in RSA te red nie, wil ek sê: Wat gaan julle eendag sê as julle tot verantwoording voor die REGTERSTOEL geroep word of as dit eendag een van jou familie is wat vermoor word. Kom meneer die President (Zuma) staan op en kom wys aan die mense van RSA dat jy iets vir die land beteken, want tot nou toe het jy nie veel beteken wat dit die veiligheid van die blanke bevolking in RSA betref nie.
Sterkte en seën aan die familie, mag God julle die vertroosting gee wat julle toekom.
Kaspaas Oktober 19, 2010 om 12:00
Vrede in Suid Afrika ! Kan mens so naief wees ?
sunel Oktober 19, 2010 om 14:41
dis hoekom mens die land moet verlaat voor die poef die fan tref. ek gan nie wag tot ek gerape word voor ek loop nie. die land gan nie in my leeftyd regkom nie. as mens hier wil bly, moet jy nie kla nie...

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-27°C More sun than clouds. Pleasantly warm. Pta: 11-22°C Showers early. Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 8-21°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Botswana
Network Finance Corporate
R780,000-900,000 Per Annum

Senior Supply Planner

Western Cape - Cape Town
Communicate Cape Town
R400,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Senior .Net Developer

Western Cape - Cape Town
Communicate Cape Town
R30,000-40,000 Per Month Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.6 Base 5-dr
2011
R 136,258.00

BMW

320i MY09 AT
2009
R 259,000.00

HYUNDAI

i10 1.2 GLS 5-dr
2009
R 92,994.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magnificent Massinga

Spend 7 days in an Ocean Front room at this exquisite resort from R11 305 per person sharing. Includes meals, accommodation, flights Book Now!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Samsung RV510 & Canon Printer Bundle

Kry dié fantastiese bondel vir net R3 499,95. Bespaar R200. Koop dit nou!

Treffers teen R99,95

Laat ons jou trakteer met dié fantastiese trefferuitreikings. Koop dit nou!

Nuwe musiekuitreikings

Kry die jongste musiekuitrekings van jou gunstelingkunstenaars. Van Adele tot Britney Spears en 100e ander albums is nou beskikbaar op kalahari.net. Koop dit nou!

Killing Kebble

Mandy Wiener vertel die verhaal van Kebble se moord. Koop Nou!

Zhoosh! Faking It.

Propvol liplek-lekker resepte. Koop Nou!

Sing You Home

Was R199,95 Nou R159,95

Jodi Picoult, skrywer van die topverkoper My Sister’s Keeper, se jongste roman, Sing You Home, is pas uitgereik. Plaas jou voorafbestelling nou!

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.