'Niemand verdien om só dood te gaan nie'

2011-06-06 09:57

’N Boer se lyk is op sy wildplaas in Blaauwbank buite Randfontein, gekry sowat 2½ jaar nadat sy vrou op dieselfde plaas vermoor is.

Die lyk van mnr. Frank Gaudin (73), wat in Kanada gebore is, is eergister omstreeks 17:00 in ’n gat op die plaas gevind.

Die plaas, African Artifacts Farms, is sowat 27 km buite Randfontein op die pad na Carletonville.

Gaudin was ’n bekende handelaar in Afrika-kuns.

Sy vrou, Sandra (56), is in Desember 2008 op die wildplaas deur twee Mosambiekse broers vermoor.

Hulle het haar oorval, verwurg en beroof.

Regter Gerhard Hatting het Teleo Valente Matimbe (25) in Januarie tot lewenslange tronkstraf weens die moord gevonnis nadat hy in die Johannesburg hooggeregshof skuldig bevind is aan moord en roof met verswarende omstandighede.

Matimbe se broer is steeds op vrye voete.

Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het gister gesê Gaudin se bure het hom Vrydagoggend by die Randfontein-polisiekantoor as vermis aangemeld nadat hulle hom nêrens op die plaas kon kry nie.

Sy voertuie was steeds op die plaas.

Die polisie het ’n groot soektog begin.

“Die plaas en omgewing is fyngekam. Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum en inwoners van die omgewing het met die soektog kom help.”

Die soektog is Vrydag omstreeks 18:00 gestaak en eergisteroggend hervat.

Die damme op die plaas is leeggepomp om te kyk of hy verdrink het.

’n Polisiehelikopter is ook ingespan.

Sy lyk is omstreeks 17:00 in ’n gat op die plaas gekry.

Na wat Beeld verneem, was Gaudin vasgebind en lappe was om sy kop gedraai.

Die polisie wou geen inligting gee oor wat tot sy dood gelei het nie.

“Die oorsaak van dood sal eers in ’n lykskouing vasgestel kan word,” het Ernst gesê.

Mnr. Paul Gaudin (34) van Vanderbijlpark, die enigste seun van die oorledene wat tans in Suid-Afrika woon, het gesê die familie is baie geskok en getraumatiseerd.

“Niemand verdien om só dood te gaan nie.”

Hy sal sy pa as ’n harde en direkte mens, maar ’n goeie sakeman onthou.

“Hy het die onderneming in 1973 van niks af begin en ’n suksesvolle onderneming opgebou.”

Gaudin se twee ander seuns uit sy tweede huwelik, Frank (37) en Michael (32), sal na verwagting môre van Australië in Suid-Afrika aankom.

Gaudin word ook oorleef deur ’n seun uit sy eerste huwelik, Mark.

Mense met inligting kan lt.kol Gert Kruger in kantoorure by 0?011? 278 8100 of nauurs by 082 413 2635 bel.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Ruperdo sê... F@K MAAR HULLE RY DUUR KARRE................... ONS MOET OOK NOU TOI TOI............. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Sprinkles. Afternoon clouds. Cool. Pta: 8-15°C Rain showers. Morning clouds. Nippy.
Jhb: 5-13°C Numerous showers. Morning clouds. Nippy. Bfn: 6-11°C Tons of rain. Mostly cloudy. Chilly.
Dbn: 17-23°C Passing showers. More sun than clouds. Cool. PE: 14-19°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

FINANCIAL MANAGER

MONTAGUE GARDENS, CAPE TOWN
Smilers Selection
R33000 - R35000

.Net Developer

Cape Town, South Africa
Communicate Cape Town
R15000 - R25000

Reports Developer

Cape Town, South Africa
Communicate Cape Town
R20000 - R25000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

OUTLANDER 2.4 GLS AT
2004
R 145,800.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 59,990.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Prime destinations from R999

Treat yourself to a break in the Winelands, Cape Town, Durban, or the Garden Route for only R999 incl 2 nights accommodation, flights from Joburg. Book Now!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Canon A800-bondel

Kry dié fantastiese bondelaanbod vir slegs R999. Koop dit nou!

PSP Black Slimline + 2 speletjies

PSP Black Console 300-reeks + Syphon Filter Dark Mirror + ATV Off Road nou slegs R1 642,95.

Elonex eReader nou R699

Die Elonex 500EB in sakformaat met sy TFT-skerm, sy kleurblaaie en sy agtergrondbeligting maak dit moontlik om saans of in die bed te lees.

Skullcandy nou beskikbaar

Kry al jou gunstelingprodukte van Skullcandy hier. Nou slegs vanaf R124,95!

HD PVR-dekodeerder

Ervaar presisie met die HD PVR-dekodeerder, nou slegs R1 499.

Acer Travelmate-bondel

Nou slegs R5,199.00

Sluit Travelmate, Targus-rekenaartas, Transend Jetflash 8GB & Gigabyte-muis. Koop nou!

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.