Man val oor vrou se lyk

2011-03-22 22:48

Vermoor: Mev. Wendy Wilken (60)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’nTeler van koivisse het gister bo-oor sy vrou se lyk geval kort nadat sy koelbloedig met ’n kopskoot op hul hoewe doodgeskiet is.

“Sy is vermoor en my lewe is aan skerwe,” het ’n gebroke en emosionele mnr. Mario Wilken gistermiddag gesê.

Wilken en sy vrou, Wendy (60), woon die afgelope 15 jaar op ’n kleinhoewe in Walkerville, suid van Johannesburg, en is eienaars van die onderneming The Koi Farm.

Drie mans wat hulle as klante voorgedoen het, het vier werkers gisteroggend net ná 09:00 op die kleinhoewe oorval en na die huis gedwing.

Wilken en sy vrou is in die huis oorval. Almal is in die spens gedwing.

“Ons moes die kluis oopmaak wat in die spens is,” het Wilken vertel.

“Daar is niks in die kluis nie. Toe soek hulle geld. Wendy is uit die spens geruk. Sy moes vir hulle geld gee. Ek het ’n skoot gehoor en die deur oopgestamp.”

Sy vrou het in ’n plas bloed op die grond gelê.

“Sy was die liefdevolste mens wat altyd ander wou help, maak nie saak wat hul velkleur of ras is nie.”

Wilken het gesê hulle is oorval, sy vrou is doodgeskiet en die mans het gevlug.

“Niks is gesteel nie.”

Hy het ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle inhegtenisneming en skuldigbevinding van die mans sal lei.

“Ek het die aardbewing in Japan met drie uur gemis en nou dít.”

Wilken was in Japan om koi te koop en was sowat drie uur in die lug toe die aardbewing dié land geruk het.

Die voorval gister was die tweede gewapende rooftog op hul kleinhoewe binne drie jaar.

“Hier was vandag baie polisie. Ek twyfel of enigiets hiervan gaan kom,” het Wilken gesê.

Hy het gesê hy sien nie kans om met die koi-onderneming voort te gaan nie.

Inwoners van Walkerville is moedeloos en kwaad oor die sinnelose misdaad en moorde.

Mnr. Brain Ubsdell, wat naby Wilken woon, het sy medelye gister kom betoon.

Hy is twee jaar gelede op sy kleinhoewe oorval, vasgebind en met ’n strykyster gebrand.

Volgens hom word die gebied deur gewapende rooftogte en moorde geteister.

“My bure is beroof en nog een is verlede jaar vermoor.”

Ubsdell wil self ’n koi-onderneming begin, maar die toename in gewapende rooftogte by ondernemings in dié gebied kwel hom.

Mev. Wilken laat ook vier dogters en vyf kleinkinders agter.


Mnr. Mario Wilken sit gister buite sy huis waar sy vrou, Wendy, vermoor is. Foto’s: Riata Nel


Mnr. Mario Wilken staan in die kombuis waar sy vrou, Wendy, gisteroggend koelbloedig doodgeskiet is. By hom staan twee van die werkers wat ook in die huis oorval is.


The Koi Farm


Die huis waar Wilken vermoor is.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
219 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 17-22°C More sun than clouds. Cool. Pta: 18-32°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 15-30°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Bloem: 16-33°C Sunny. Warm.
Dbn: 21-28°C Afternoon clouds. Warm. PE: 18-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PHP Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings
Market Related

Snr .Net Web Developer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R35000

BI Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R25000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Essentia 5-dr MY10.5
2011
R 155,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 SE 4x4 Dsl AT
2005
R 350,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2007
R 50,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Cape and country breaks

Spend 2 nights in the lovely Cape countryside from R2118 per person sharing. Includes flights, taxes, car rental and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Fantastiese musiekaanbod

Bespaar R129 op Now 59 en Coldplay: Mylo Xyloto vir slegs R99. Koop dit nou.

Fantastiese DVD-aanbod

Bespaar R105 op The Lion King en Kung Fu Panda 2 teen ’n gesamentlike prys van slegs R149. Koop dit nou.

Ongelooflike aanbiedinge

Elektroniese ware, kunsvlieghengel, Lego en parfuums. Daar is iets vir almal. Koop dit nou.

Monopoly-feesaanbod

Bespaar R300 op Monopoly Disney en Monopoly se wêrelduitgawe. Koop dit nou.

Terug skool toe

Koop enigiets van woordeboeke en studiegidse tot skryfbehoeftes. 50%-afslag op uitgesoekte produkte. Koop dit nou.

Aflewering ingesluit

Stuur blomme die vakansie

Maak iemand se dag en bestel ’n ruiker met Babertonse madeliefies, rose en lelies in skakerings van pienk in ’n erdehouer. Die afslag is nie van toepassing op die afleweringskoste nie. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.