News powered by
Crime

Nòg 'n plaasmoord ruk Randfontein

Die liggaam van 'n prominente Randfontein boer is op 4 Junie gevind, nadat hy Vrydagoggend as vermis aangemeld is.

04 June 2011 | Johan Meyer

Not rated yet.

Vleikop/ Dennydale — 'n Prominente boer se liggaam is om ongeveer 4.30nm deur plaaswerkers gevind, nadat hy Vrydagoggend as vermis aangemeld is.

Lede van die plaaslike SAPD sektorpolisie, honde-eenheid en lugvlueël, sowel as gemeenskapslede, en die plaaslike gemeenskapspolisieëringsforum (GPF), is al sedert Vrydag betrokke by 'n reuse soektog na die boer, wat niks opgelewer het nie.

Plaaswerkers, wat Saterdag laatmiddag nog gehelp het met die soektog, het op die boer se liggaam, waar dit, oorkant die straat van sy plaas, sowat 'n kilometer vanaf die pad, in 'n rotsskeur versteek is en met gras en bossies bedek is, opgemerk en die GPF en polisie in kennis gestel.

Die boer, wie se naam op hierdie stadium nie aan die HERALD bekend is nie, was volgens getuies op die toneel, die eienaar van 'n bekende troeteldier- en voëlplaas in die omgewing.

Die liggaam is gevind met vasgebinde hande en voete, sonder klere en met 'n lap oor die kop getrek.

Die oorsaak van sy dood kan nog nie bepaal word nie, aangesien die polisiepatalogie-eenheid, nog nie die liggaam verwyder het nie, en ondersoekers op die toneel nie die liggaam mag beweeg nie.

Volgens ooggetuies, het die man "baie wreed" gesterf.

Die boer se dood volg glo kort nadat 'n gewese werknemer die boer probeer dagvaar het oor 'n geldgeskil, wraak gesweer het op die boer nadat sy saak glo misluk het.

Volgens getuies op die toneel, het die gewese werknemer, en drie ander werknemers wat ook by die geskil betrokke was, intussen spoorloos verdwyn.

« Back
SHARE ON:
RATE THIS ARTICLE:
Not rated yet.
* Mandatory fields

ADD YOUR COMMENT

Name*:
Email*:
Subject*:
Comment*:

Looking for a car?

Find it in looklocal Cars

Find a job

Find it in looklocal Jobs

Find your dream home

Find it in looklocal Property

Network News

News powered by Moneyweb