Bologna

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bologna
Comune di Bologna
Stadsprofiel van Bologna
Vlag van Bologna
Vlag
Wapen van Bologna
Wapen
Ligging van Bologna in Italië
Ligging van Bologna in Italië
Land Italië
Streek Emilia-Romagna
Provinsie Bologna (BO)
Gevestig Ongeveer 534 v.C.
Regering
 - Burgemeester Sergio Cofferati
Oppervlakte
 - Totaal 141 km² (54,4 myl²)
Bevolking (2007)
 - Totaal 373 170
 - Digtheid 2 652/km² (6 868,6/myl²)
Poskode 40100
Areakode(s) 051
Webwerf: www.comune.bologna.it

Bologna is die hoofstad van die streek Emilia-Romagna in die noorde van Italië. Dit is die tuiste van die oudste universiteit van die Westerse wêreld, die "Alma Mater Studiorum", wat in 1088 gestig is. Bologna is een van die ontwikkeldste stede in Italië en word ook dikwels gelys as een van die stede met die hoogste lewenskwaliteit in Italië. In 2006 was dit as die stad met die vyfde hoogste lewenskwaliteit gelys en in 2007 twaalfde (uit 103 Italiaanse stede)[1] Die stad het hierdie status te danke aan sy sterk nywerheidstradisie en ligging: by die kruising van die land se belangrikste hoofweë en spoorweë, asook sy wye reeks hoogs ontwikkelde maatskaplike dienste.

Verwysings[wysig]