Nelspruit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nelspruit
Mbombela
'n Uitsig oor Nelspruit
'n Uitsig oor Nelspruit
Ligging van Nelspruit op 'n kaart (Mpumalanga)
Nelspruit
Nelspruit
 Nelspruit se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°27′57″S 30°59′07″O / 25.46583°S 30.98528°O / -25.46583; 30.98528Koördinate: 25°27′57″S 30°59′07″O / 25.46583°S 30.98528°O / -25.46583; 30.98528
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distrik Ehlanzeni
Munisipaliteit Mbombela
Stigting 1905
Oppervlak[1]
 - Stad 72,63 km²  (28 vk m)
Hoogte 689 m (2 260 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad 58 672
 - Digtheid 808/km² (2 092,7/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 41.1%
 • Kleurling 4.1%
 • Indiër/Asiër 4.9%
 • Blank 49.3%
 • Ander 0.6%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 40.7%
 • Engels 22.4%
 • Swazi 20.2%
 • Tsonga 4.7%
 • Ander 12.1%
Poskode (straat) 1200
Poskode (posbus) 1201
Skakelkode(s) 013
Webwerf: http://www.mbombela.gov.za/
'n Uitsig oor Nelspruit
Die N4 loop deur Nelspruit

Nelspruit (amptelik Mbombela) is die hoofstad en die grootste stad van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die stad is die sentrum van 'n landbougebied wat onder meer op subtropiese en sitrusvrugte steun. Nelspruit-sentraal het sowat 630 inwoners[2], terwyl die voorstede en die Swart woonbuurte KaNyamazane, Msogwaba, Mpakeni en Matsulu 'n gesamentlike inwonertal van meer as 200 000 het.

Nelspruit is 'n pragtige stad, omring deur heuwels, en sy strate word deur flambojantbome gesoom. Benewens die hitte staan Nelspruit bekend vir sy dodekaeder, 'n twaalfkantige watertoring op 'n hoë koppie in die Steiltes-woonbuurt. Die "bal" van die toring was tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 soos 'n sokkerbal gedrapeer. Die botaniese tuin van Nelspruit beskik oor 'n groot versameling plante, wat die grootste deel van die Laeveld se flora verteenwoordig.

Die dorp is gestig in 1905, en is genoem na drie broers Nel wat vroeë inwoners van die dorp was. Nelspruit het vir lank in die skadu van Barberton gestaan, maar is vandag 'n lewendige, vooruitstrewende stad, heelwat groter as Barberton.

Die Sudwalagrotte is ongeveer 35 km noordwes van Nelspruit in die Mankelekele-heuwels geleë.

Bekende persone gebore[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Nelspruit”. Sensus 2011.
  2. Subplek "Mbombela Central". Sensus 2011.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]