Qunu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Qunu
Ligging van Qunu op 'n kaart (Oos-Kaap)
Qunu
Qunu
Ligging van Qunu op 'n kaart (Suid-Afrika)
Qunu
Qunu
Koördinate: 31°47′0″S 28°37′0″O Koördinate: 31°47′0″S 28°37′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit O.R. Tambo
Plaaslike Munisipaliteit Koning Sabata Dalindyebo
Oppervlak
 - Dorpie 1,65 km²  (0,6 vk m)
Bevolking (2001)
 - Dorpie 213
 - Digtheid 129/km² (334,1/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Nelson Mandela se aftreehuis te Qunu

Qunu is 'n klein plattelandse dorpie in die voormalige Transkei. Die dorpie is 32 km (20 myl) suidwes van Mthatha (Umtata) op die pad tussen Butterworth en Mthatha in die Oos-Kaap, Suid-Afrika geleë.

Die Mandela-familie[wysig | wysig bron]

Die voormalige President van Suid-Afrika, Nelson Mandela is hier naby op die dorpie Mvezo langs die M'basherivier gebore. Hy word egter op Qunu groot nadat sy vader as die hoofman van Mvezo onttroon is en hierheen verhuis het. Mandela het na sy aftrede in Mei 2012 weer na die dorp teruggekeer.[1] In sy outobiografie, Long Walk to Freedom, beskryf Mandela die dorp as waar hy die gelukkigste oomblikke van sy kinderjare deurgebring het.

Die oorskot van drie van Mandela se kinders is oorspronklik hier begrawe, maar is deur een van sy kleinseuns, Mandla Mandela, op Mvezo herbegrawe, waar hy die hoofman was. Op 3 Julie 2013 beslis die Oos-Kaapse hooggeregshof dat die kinders se oorskot opgegrawe en weer op Qunu begrawe moet word.[2] Kort na die voorval het koning Buyelekhaya Dalindyebo vir Mandla Mandela van sy pligte as hoofman onthef.[3]

Nelson Mandela is op 15 Desember 2013 op Qunu begrawe.[4]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • Nelson Mandela; Long Walk to Freedom: The Autobiography of Nelson Mandela; Little Brown & Co; ISBN 0-3165-4818-9 (sagteband, 1995)
  1. Madiba heads back to Qunu”. Mail and Guardian. URL besoek op 29 Mei 2012.
  2. Mandela-kinders se oorskot vandag opgegrawe, Nuus24, besoek op 3 Junie 2013
  3. Koning skors Mandla Mandela, Nuus24, besoek op 7 Julie 2013
  4. Dringende interdik teen Mandla Mandela gevra, Nuus24, besoek op 28 Junie 2013

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: