Wêreldkaart wat die Menslike Ontwikkelingsindeks vir 2014 volgens lande aandui (op basis van 2013-data, gepubliseer op 24 Julie 2014).[1]
0,900 en hoër
0,850–0,899
0,800–0,849
0,750–0,799
0,700–0,749
0,650–0,699
0,600–0,649
0,550–0,599
0,500–0,549
0,450–0,499
0,400–0,449
0,350–0,399
onder 0,350
nie beskikbaar nie
Wêreldkaart volgens kwartiele van die Menslike Ontwikkelingsindeks vir 2014 (op basis van 2013-data, gepubliseer op 24 Julie 2014).[1]
Baie hoog
Hoog
Medium
Laag
nie beskikbaar nie
Die onderstaande lys van lande volgens Menslike Ontwikkelingsindeks is afkomstig uit die Verenigde Nasiesontwikkelingsprogram se Menslike Ontwikkelingsverslag 2007/2008, saamgestel op grond van 2005 data en gepubliseer op 27 November2007. Dit dek 175 VN-lidlande (uit 192), asook Hong Kong (SAR van Sjina) en die Palestynse Administrasie-geadministreerde gebiede. 17 VN-lidlande is nie ingesluit nie as gevolg van gebrek aan data. Die gemiddelde MDI van gebiede van die Wêreld en groepe lande word ook ter vergelyking verskaf.
Die Menslike Ontwikkelingsindeks (MDI) is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, onderwysvlak, en lewenstandaard vir lande wêreldwyd. Dit is 'n standaardmetdode om welstand, veral kinderwelstand, te meet. Dit word gebruik om te onderskei of 'n land 'n ontwikkelde, ontwikkelende of onder-ontwikkelde land is, en om die impak van ekonomiese beleide op lewensgehalte te meet. Die indeks is in 1990 deur die Pakistanse en Indieseeekonome Mahbub ul Haq en Amartya Sen ontwikkel.[2]
Lande val in drie breë katergorieë gegrond op hulle MDI: hoë, medium, en lae menslike ontwikkeling.
Soortgelyke MDI waardes in die huidige lys beteken nie dat lande gelyke tellings bereik het nie aangesien MDI range bepaal word deur MDI waardes met ses tellende syfers.
↑Aangesien die VN nie die Republiek van Sjina (Taiwan) as 'n staat erken nie, sluit die VN se MDI verslag nie data vir Taiwan in nie; die VN verwys na die gebied as 'n Provinsie van Sjina. Taiwan se regering het sy MDI vir 2004 bereken as 0.925 gegrond op die volgende data: lewensverwagting van 77,5 jaar; volwasse geletterdheid van 97,2%; gesamentlike brotu inskrywingskoers van 99%; en BBP per capita (KKP) van VSA$ 26 241. As dit in die VN se MDI syfers vir 2004 ingesluit is, sou dit 24ste (ná Israel en voor Griekeland) geval het. “National Statistics, R.O.C. (Taiwan) (in Sjinees)”. Directorate General of Budget, Accounting and Statistics, Executive Yuan, R.O.C.: 2004. URL besoek op 2007-01-16.
↑Die VN het nie die MDI van Macau bereken nie. Die regering van Macau berken die gebied se MDI teen 2004 as 0,909. As dit in die VN se MDI syfers van 2004 ingesluit is sou Macau 25ste (ná Griekeland en voor Singapoer) geval het. “2006 Macao in Figures (in Engels)”. Statistics and Census Service, Macau SAR: 2006. URL besoek op 2006-11-02.
↑Die Instituut vir Strategiese Studies en Prognose (ISSP), in Podgorica, het 'n studie oor Montenegro in samewerking met die VNOP vrygestel. “Human development report for Montenegro”.
↑Hierdie lys sluit in gebiede wat nie geheel en al binne Europa geleë is nie, insluitend Belo-Rusland (wat nie 'n lid van die Raad van Europa is nie). Hierdie lys sluit nie Asiese lede van die raad van Europa, soos Armenië, in nie, en ook nie transkontinentale gebiede - gedeeltelik in Asië geleë soos Kazakstan (wat nie 'n lid van die Raad van Europa is nie), Azerbeidjan, Georgië, Rusland, en Turkye (lede van die Raad van Europa) nie.