Tripoli

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tripoli
طرابلس
Tripoli teen die aandskemer
Tripoli teen die aandskemer
Ligging van Tripoli op 'n kaart (Libië)
Tripoli
Tripoli
Koördinate: 32°54′8″N 13°11′9″O / 32.90222°N 13.18583°O / 32.90222; 13.18583
Land Libië
Sha'biyah Tripoli Sha'biyah
Regering
 - Hoof van die volkskomitee Abdullatif Abdulrahman Aldaali
Oppervlak
 - Stad 400 km²  (154,4 vk m)
Hoogte 81 m (266 vt)
Bevolking (2004)
 - Stad 1 682 000
 - Digtheid 5,8/km² (15/myl2)
Tydsone Oos-Europese Tyd (UTC+2)
 - Somer (DST) nie in gebruik nie (UTC+2)
Webwerf: http://www.tripoli.info

Tripoli (Arabies: طرابلس Ṭarābulus, Tripoli afgelei van die Griekse term vir "drie stede": Τρίπολη, Turks: Trablus) is die hoofstad en grootste stad van Libië.

Tripoli het 'n bevolking van 1,69 miljoen. Die stad is in die noordweste van die land gelë op die randjie van die woestyn op 'n rotsagtige landpunt wat in die Middellandse See in strek en 'n baai vorm. Tripoli is in die 7de eeu deur die Fenisiërs gestig wat dit Oea genoem het.[1]

Tripoli is die grootste stad, hoofhawe en die grootste kommersiële en vervaardigingsentrum in Libië. Dit huisves ook die Al-Fateh Universiteit. As gevolg van die stad se lang geskiedenis is daar talle belangrike argeologiese terreine in Tripoli. Die klimaat is tipies Mediterreens met warm droë somers en koel winters en beskeie reënval.

"Tripoli" kan ook verwys na 'n "Sha'biyah" , die hoogste vlak administratiewe onderafdeling in die huidige Libiese regeringstelsel.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Hopkins, Daniel J (1997). Merriam-Webster's Geographical Dictionary (Index). Merriam-Webster. ISBN 0-8777-9546-0.