Joroeba

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Joroeba
èdè Yorùbá
Gepraat in: Vlag van Nigerië Nigerië
Vlag van Benin Benin
Vlag van Togo Togo 
Gebied: Wes-Afrika
Totale sprekers: 30 miljoen[1] 
Rang: 47
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Benue-Kongo
  Defoid
   Yoruboid
    Joroeba 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Nigerië Nigerië
Vlag van Benin Benin
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: yo
ISO 639-2: yor
ISO 639-3: yor 
Nigerianse tale

Joroeba (èdè Yorùbá, "die Joroeba-taal") is 'n taal in Wes-Afrika met meer as 30 miljoen sprekers. Dit word deur die Joroeba-volk gepraat en is ná Engels en saam met Hausa en Igbo een van Nigerië se amptelike tale.

Joroeba, wat deel is van die Benue-Kongo-tale in die Niger-Kongo-taalfamilie, word naas ander tale hoofsaaklik in Suidwes-Nigerië en in dele van Benin en Togo gepraat. Daar is ook sprekers in Brasilië en Kuba. waar die taal as Nago bekend staan.

Joroeba is 'n analitiese toontaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Joroeba