Eritrea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
ሃገረ ኤርትራ Hagere Ertra (Tigrinya)
دولة إرتريا Dawlat Iritriyá (Arabies)
State of Eritrea (Engels)
Staat van Eritrea
Vlag van Eritrea Embleem van Eritrea
Vlag Embleem
Volkslied: Ertra, Ertra, Ertra
("Eritrea, Eritrea, Eritrea")
Ligging van Eritrea
Hoofstad Asmara

15°20′N 38°55′O

Grootste stad Asmara
Amptelike tale Tigrinya[1][2], Arabies[1][2] en Engels[2]
Regering Eenparty-nasionalistiese
presidensiële republiek
Isaias Afwerki
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Einde van
Italiaans-Eritrea
• Einde van die
Britse mandaat
De facto Ethiopiese
onafhanklikheid
De jure Ethiopiese
onafhanklikheid



November 1941

1951

24 Mei 1991

24 Mei 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
117 600 km2  (101ste)
45 405 myl2
0,14
Bevolking
 - 2012-skatting
 - 2008-sensus
 - Digtheid
 
6 233 682 (107de)
5 291 370
51,8 / km2 (154ste)
111,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2012-skatting

$4,396 miljard[3]
$776[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2012-skatting

$3,092 miljard[3]
$546[3]

MOI (2013) 0,381[4] (182ste)  –  laag
Geldeenheid Nakfa (ERN)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .er
Skakelkode +291
Kaart wat Eritrea vertoon

Eritrea (Tigrinya: ኤርትራ? ʾErtrā, Arabies: إرتريا‎ Iritriyā) is 'n land in die ooste van Afrika. Die land grens in die noordweste aan Soedan, in die suide aan Ethiopië, in die suidooste aan Djibouti en in die ooste en noordooste aan die Rooi See. Eritrea was op 'n tyd 'n provinsie van Ethiopië gewees. Sedert 1993 is die land onafhanklik, maar omdat dit Ethiopië van die Rooi See afsny, is daar voortdurend spanning tussen die twee lande.

Aardrykskunde[wysig | wysig bron]

'n Treintonnel op die Eritrese plato

Oppervlakte: totaal: 121 320 vk km. land: 121 320 vk km. water: 0 vk km. Klimaat: warm, droë woestynstrook langs Rooi See-kus; koeler en natter in die sentrale hoogland (tot 61 cm reënval jaarliks); semi-dor in westelike heuwels en laagland; reënval swaarste gedurende Junie-September, behalwe in kuswoestyn. Terrein: oorheers deur uitbreiding van die Ethiopiese noordsuid-neigende hoogland, daal in ooste tot 'n kuswoestynvlakte, in die noordeweste tot heuwelagtige terrein en in die suidweste tot plat tot golwende vlaktes. Natuurlike hulpbronne: goud, potas, sink, koper, sout, moontlik ru-olie en aardgas, vis.

Mense[wysig | wysig bron]

Bevolking: 4,447,307 (Julie 2004-skatting). Nasionaliteit: naamwoord: Eritrees (-ese). byvoeglik: Eritrees. Etniese groepe: etniese Tigrinië 50%, Tigre 30%, Kunama 10%, Afar 4%, Saho (Rooi See-kusbewoners) 3%, ander 3%. Godsdienste: Moslem, Koptiese Christen, Rooms-Katoliek, Protestants. Tale: Afar, Arabies, Tigre, Kunama, Tigrinya, ander Kusjitiese tale.

Regering[wysig | wysig bron]

Landnaam: konvensionele lang vorm: Staat van Eritrea. konvensionele kort vorm: Eritrea. Regeringsoort: oorgangsregering. nota: ná 'n geslaagde referendum oor onafhanklikheid vir die Outonome Gebied van Eritrea op 23-25 April 1993, is 'n nasionale vergadering wat heeltemal bestaan het uit die Volksfront vir Demokrasie en Justisie of PFDJ, gestig as 'n oorgangswetgewer; 'n konstitusionele kommissie is ook gestig om 'n grondwet te skryf; ISAIAS Afworki is tot president verkies deur die oorgangswetgewer; die grondwet, wat in Augustus 1997 bekragtig is, het nie in werking getree nie hangende parlementêre en presidensiële verkiesings; parlemenêre verkiesings was veronderstel om gedurende Desember 2001 plaas te vind, maar dié verkiesings is onbepaald uitgestel ná die begin van die grenskonflik met Ethiopië. Op die oomblik is The People's Front for Democracy and Justice (PFDJ) die enigste wetlike party. Hoofstad: Asmara (voorheen Asmera). Onafhanklik: 23-25 April 1993 is 'n referendum gehou ten gunste van onafhanklikheid; 24 Mei 1993 (van Ethiopië; voorheen die Eritrea Outonome Gebied). Grondwet: die oorgangsgrondwet, afgekondig op 19 Mei 1993, is vervang deur 'n nuwe grondwet, wat aanvaar is op 23 Mei 1997, maar word nog nie toegepas nie. Regstelsel: funksioneer op die grondslag van oorgangswette wat insluit voor onafhanklikheid-verordenings van die Eritrese Bevrydingsvolksfront, gewysigde Ethiopiese wette, gewoontereg en postonafhanklikheidswette.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

BBP: koopkragpariteit - $3.3-miljard (2002-skatting). BBP - per kop: koopkragpariteit - $700 (2002-skatting). Nywerhede: voedselverwerking, drinkgoed, klere en tekstielstof. Geldeenheid: 1 Eritrese nafka = 100 sent.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) Hailemariam, Chefena (1999). “Multilingualism and Nation Building: Language and Education in Eritrea”. Journal of Multilingual and Multicultural Development 20 (6): 474–493. DOI:10.1080/01434639908666385. Besoek op 2 Augustus 2014.
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) Eritrea. Besoek op 2 Augustus 2014.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Eritrea”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 2 Augustus 2014.
  4. (en) 2014 Human Development Report Summary”. pp. 21-25 United Nations Development Programme: 2014. URL besoek op 2 Augustus 2014.


 
Lande in Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara - Cabinda - Galmudug - Puntland - Somaliland
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika