Engeland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Engeland.
England
Engeland
Vlag van Engeland Wapen van Engeland
Vlag Wapen
Volkslied: verskeie
Hoofsaaklik: God Save the Queen

(Engels vir: "God beskerm die koningin")
Ligging van Engeland
Hoofstad Londen

51°30′N 0°7′W

Grootste stad Londen
Amptelike tale Engels
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Elizabeth II
David Cameron
Onafhanklikheid
Vorming
• Vereniging deur Athelstan
• Normandiese verowering
Unie met Wallis
• Unie van die Krone
• Glorieryke rewolusie
Unie met Skotland


10de eeu (tradisioneel 927)
10661088
15351542
24 Maart 1603
11 Desember 1688
1 Mei 1707
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
130 395 km2  (1ste (VK))
50 346 myl2
Bevolking
 - Junie 2014-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
54 316 600[1] (1ste (VK))
53 012 456[2]
416,6 / km2 (1ste (VK))
1 078,9 / myl2
BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2009-skatting

$268 miljard (1ste (VK))
$50 566 (1ste (VK))

Geldeenheid Pond sterling (£) (GBP)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
BST (UTC+1)
Internet-TLD .uk, .gb
Skakelkode +44
Beskermheilige: Sint George
Nasionale blom: Tudor rose
Die kranse van Dover

Engeland (Engels: England) is die grootste en bevolkingrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens. Die Ierse See is noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland geleë. Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland.

Engeland beslaan die sentrale en suidelike dele van die Noord-Atlantiese eiland Groot-Brittanje. Meer as 100 kleiner eilande maak daarnaas deel uit van Engeland, waaronder die Scilly-eilande en die eiland Wight.

Menslike gemeenskappe het hulle al in die Jongsteentydperk in die gebied gevestig wat tans as Engeland bekend staan, maar dit was die Angele, een van die Germaanse stamme wat hulle in die 5de en 6de eeu op die eiland gevestig het, wat hul naam aan die land verleen het. In 927 is die verskillende klein koninkryke in 'n gemeenskaplike Engelse ryk verenig.

Vanaf die groot ontdekkingstydperk in die 15de eeu het Engeland beduidende kulturele, regtelike, ekonomiese en uiteindelik ook taalkundige invloed op ander wêrelddele uitgeoefen. Die Engelse regstelsel is net soos die Anglikaanse Kerk en die Engelse taal in ander lande oorgeneem, terwyl die Engelse parlementêre regeringstelsel as voorbeeld vir staatkundige bedelings in ander lande gedien het. Engeland was in die 18de eeu ook die bakermat van die nywerheidsomwenteling wat van hier na ander Europese en uiteindelik ook oorsese lande uitgebrei het en van Engeland die eerste nywerheidsland ter wêreld gemaak het.

Leidende Engelse nywerheidstede soos Manchester, Birmingham en Liverpool het grondstowwe, wat uit alle hoeke van die wêreld na Engeland ingevoer is, tot goedere verwerk wat wêreldwyd bemark is, terwyl Londen as hoofstad en regeringsetel tot een van die wêreld se voorste metropole en die politieke, ekonomiese en kulturele spilpunt van die Britse Ryk ontwikkel het. Vandag beslaan die metropolitaanse gebied van Groter Londen groot dele van Suidoos-Engeland en speel steeds 'n eersterangse ekonomiese rol as die finansiële spilpunt van Europa en as die sentrum van innovasie op 'n verskeidenheid terreine - veral populêre kultuur.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Office for National Statistics: Annual Mid-year Population Estimates
  2. (en) 2011 UK censuses”. Office for National Statistics. URL besoek op 24 Augustus 2014.


Vlag van die Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Wapen van die Verenigde Koninkryk
Lande EngelandSkotlandWallisNoord-Ierland
Oorsese gebiede AnguillaBermudaBrits-Antarktiese GebiedBritse Indiese OseaangebiedBritse Maagde-eilandeFalkland-eilandeGibraltarKaaimanseilandeMontserratPitcairneilandeSint Helena, Ascension en Tristan da CunhaSuid-Georgië en die Suidelike SandwicheilandeTurks- en Caicos-eilande
Kroongebiede Eiland ManGuernseyJersey
Sowereine militêre basisse Akrotiri en Dhekelië