1866
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1866 |
◄ | 18de eeu | ◄ 19de eeu ► | 20de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1861 | 1862 | 1863 | 1864 | 1865 | ◄ 1866 ► | 1867 | 1868 | 1869 | 1870 | 1871 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1866 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 66ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Stigting van Stellenbosch Gimnasium (Wes-Kaap, Suid-Afrika)
- Stigting van Pietersburg (nou Polokwane), tans die hoofstad van die Suid-Afrikaanse provinsie Limpopo
- Die eerste diamant, die Eureka-diamant, word in Suid-Afrika ontdek deur Erasmus Jacobs naby Hopetown.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- George Gurdjieff, stigter van die 4de Weg († 1949).
- Vassily Kandinsky, Russiese Waterverfskilder
- 3 April – James Barry Munnik Hertzog, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika († 1942).
- 27 Julie – Prof. Nicolaas Johannes Brümmer, Afrikaanse skrywer, NG predikant en hoogleraar aan die Kweekskool († 1947).
- 6 Oktober – Reginald Fessenden, die eerste persoon wat mensestemme deur radiogolwe oorgedra het († 1932).
- 13 November – Frederick Hugh Page Cresswell, leier van die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty († 1948).
- 30 November – Robert Broom, Suid-Afrikaanse wetenskaplike, dokter en paleontoloog wat Mev. Ples in die Sterkfontein-grotte ontdek het († 1951).
- 20 Desember – Ds. Pieter Gerhardus Jacobus Meiring, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en redakteur van die Kerk se weekblad, die Kerkbode († 1938).
- 21 Desember – Maud Gonne, Ierse rewolusionêr, kampvegter vir vroueregte en aktrise († 1953).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 23 Januarie – Peter Joseph Lenné, Pruisiese landskapargitek (* 1789).
- 15 November – Albert Zinn, NG Kerk predikant (* 1838).
- Onbekend – Charles Glenelg, was 'n Britse Minister van Kolonies (* 1778)