Held van die Sowjetunie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Held van die Sowjetunie
Goue Ster-medalje van ’n Held van die Sowjetunie
Goue Ster-medalje van ’n Held van die Sowjetunie
Tipe Eretitel
Toegeken aan Sowjet- en buitelandse burgers
Toegeken vir Heldedade in diens aan die Sowjetstaat en -gemeenskap
Status Nie meer toegeken
Ingestel 16 April 1934
Eerste keer toegeken 20 April 1934
Laaste keer toegeken 24 Desember 1991
Totaal toegeken 12 745
Hoër eerbewys Geen
Laer eerbewys Orde van Lenin
Soortgelyke eerbewyse Held van die Russiese Federasie
Held van die Oekraïne
Held van Belarus

Die titel Held van die Sowjetunie (Russies: Герой Советского Союза, Geroi Sowjetskowo Sojoeza) was die hoogste ereteken in die Sowjetunie. Dit is individueel of gesamentlik toegeken vir heldedade in diens aan die Sowjetstaat en -gemeenskap.

Oorsig[wysig | wysig bron]

Die toekenning is op 16 April 1934 ingestel. Die eerste ontvangers van die titel het net die Orde van Lenin ontvang, wat toe die hoogste toekenning was, saam met ’n sertifikaat van die Presidium van die Opperste Sowjet van die USSR wat die heldedaad beskryf. Omdat die Orde van Lenin ook vir ander dade toegeken is, is die Goue Ster-medalje op 1 Augustus 1939 ingestel om helde van ander ontvangers te onderskei.

’n Held kon die titel meer as een keer wen en het elke keer nog ’n medalje en sertifikaat gekry. Tot in 1973 is ’n tweede Orde van Lenin nie toegeken nie. Die praktyk om die medalje meer as een keer aan dieselfde mens toe te ken, is in 1988 tydens perestroika laat vaar. Baie buitelanders het ook die titel gekry. Dit is ook nadoods toegeken, maar dikwels sonder dat die Goue Ster-medalje gegee is.

Die titel kon deur die Presidium van die Opperste Sowjet teruggetrek word.[1]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Altesaam 12 745 mens het die titel ontvang. (Twintig van hulle het dit weer weens verskeie omstandighede verloor.) Die meeste het dit tydens die Tweede Wêreldoorlog gekry (11 635 het dit een keer gekry, 101 twee keer, 3 drie keer en 2 vier keer). Altesaam 65 mense het dit gekry vir diens in die Sowjet-Afgaanse Oorlog van 1979 tot 1989.[2]

Die eerste ontvangers van die toekenning was die vlieëniers Anatoli Liapidefski (sertifikaat nommer een), Sigizmoend Lewanefski, Wasili Molokof, Mawriki Slepnef, Nikolai Kamanin, Iwan Doronin en Michail Wodopianof, wat deelgeneem het aan die suksesvolle lugsoektog na en redding van die bemanning van die stoomskip Tsjeljoeskin wat op 13 Februarie 1934 in die Arktiese waters gesink het nadat dit deur ys beskadig is. Walentina Grizodoebowa, ook ’n vlieënier, was die eerste vrou wat ’n Held van die Sowjetunie geword het (op 2 November 1938)[3] vir ’n internasionale vliegrekord vir vroue.

Altesaam 101 mense het die medalje twee keer ontvang. Dit het hulle gemagtig om ’n bronsborsbeeld van hulself in hul tuisstad te laat aanbring.

Twee beroemde vegvlieëniers, Aleksander Pokrisjkin en Iwan Kozjedoeb, het die medalje drie keer ontvang. Dit het hulle gemagtig om hul bronsborsbeeld op ’n voetstuk aan te bring in Moskou, naby die Paleis van die Sowjets, maar die Paleis is nooit gebou nie.

Leonid Brezjnef

Die enigste mense wat die medalje vier keer ontvang het, was maarskalk Georgi Zjoekof en Leonid Brezjnef. Die oorspronklike statuut van die Held van die Sowjetunie het egter net voorsiening gemaak vir drie toekennings en nie ’n vierde nie. Zjoekof en Brezjnef het albei hul vierde titels onder omstrede omstandighede ontvang strydig met die statuut, wat in ’n groot mate onveranderd gebly het totdat die toekenning in 1991 afgeskaf is. Zjoekof het die medalje ’n vierde keer op sy 60ste verjaardag op 1 Desember 1956 gekry vir "sy groot prestasies". Daar is vermoedens dat hy dit gekry het vir sy aandeel in die inhegtenisneming van Beria in 1953, maar dit is nooit op rekord gestel nie. Brezjnef se toekenning het die prestige van die titel verder skade berokken, aangesien hulle verjaardaggeskenke was – op sy 60ste, 70ste, 72ste en 75ste verjaardae.

Teen die 1970's het die waarde van die titel effens afgeneem, want belangrike politieke en militêre persone het dit gekry op hul feesdae eerder as vir onmiddellike heldedade. Alle Sowjet-ruimtevaarders vanaf Joeri Gagarin, sowel as buitelandse burgers wat as ruimtevaarders aan Sowjet-ruimteprogramme deelgeneem het, het die toekenning ontvang vir elke vlug – maar nie meer as twee keer nie.

Die titel is ook aan 12 stede (Heldestede) toegeken, sowel as aan die fort van Brest in Belarus (Heldefort) vir gesamentlike heldedade tydens WOII.

Die laaste ontvanger van die titel was ’n Sowjet-onderwaterduiker, kaptein Leonid Solodkof op 24 Desember 1991 vir die voltooiing van ’n spesiale duiktaak. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie is die titel vervang deur die titels Held van die Russiese Federasie, Held van die Oekraïne en Held van Belarus.

Heraldiek[wysig | wysig bron]

Die wapen van Sewastopol. Die medalje verskyn as ’n wapenfiguur op die wapen van die Heldestad Sewastopol (foto links).

Bekende ontvangers[wysig | wysig bron]

Een keer[wysig | wysig bron]

  • Nikolai Melnik – vlieënier wat bestralingsensors geplaas het op Tsjernobil se kernkragsentrale tydens die ontploffing in 1986
  • Iwan Isakof – vlootadmiraal
  • Hamazasp Babadzjanian – in WOII
Lawrenti Beria
Joeri Gagarin
  • Lawrenti Beria – voormalige hoof van die NKVD en MVD
  • Michail Dewjatajef – het ontsnap van ’n dwangarbeidkamp by Peenemünde met belangrike inligting oor Duitse vuurpylprogramme
  • Pawel Gratsjef – militêre leier in Afganistan, minister van verdediging van die Russiese Federasie
  • Joeri Gagarin – ruimtevaarder en die eerste mens in die ruimte
  • Iwan Goloebets – het in 1942 lewens gered op ’n Sowjetskip
  • Wladimir Konowalof – duikbootbevelvoerder
  • Zoja Kosmodemjanskaja – die eerste vroulike ontvanger tydens WOII
  • Nikolai Gerasimowitsj Koeznetsof – vlootoffisier tydens WOII
  • Nikolai Iwanowitsj Koeznetsof – intelligensie-offisier
  • Lidia Litwjak – WOII-vegvlieënier, nadoods
  • Aleksander Matrosof, nadoods
  • Iwan Panfilof – Sowjet-generaal
  • Otto Schmidt – wetenskaplike en verkenner van die Arktiese gebied
  • Iwan Sidorenko – een van die top-skerpskutters in WOII
  • Ljoedmila Pawlitsjenko – vroulike skerpskutter, sy was die eerste Sowjet-burger wat deur ’n VSA-president ontvang is: deur Franklin D. Roosevelt in die Withuis
  • Richard Sorge – Sowjet-spioen, nadoods
  • Walentina Teresjkowa – ruimtevaarder en die eerste vrou in die ruimte
  • Leen Kullman – Sowjet-spioen
  • Wasili Zaitsef – skerpskutter in die Slag van Stalingrad
  • Owen Brazil – WOII-vlieënier
  • Boris Jegorof – eerste dokter in die ruimte
  • Endel Puusepp – WOII-bomwerper-vlieënier
  • Alexi Inauri – hoof van die Georgiese KGB

Twee keer[wysig | wysig bron]

  • Semjon Timosjenko – militêre aanvoerder van die Rooi Leër
  • Iwan Konef – maarskalk en aanvoerder van die Eerste Ukraïnse Front
  • Josef Stalin – sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie (1922–1953) en hoof van die regering (1941–1953)
  • Nelson Stepanjan – WOII-bomwerper-vlieënier
  • Wladimir Kokkinaki – beroemde toetsvlieënier
  • Amet-Han Soeltan – WOII-vlieënier
  • Aleksei Fjodorof – het ’n ondergrondse weerstand in die Nazi-besette Oekraïne georganiseer
  • Issa Plijef – militêre aanvoerder
  • Wasili Tsjoeikof – ’n generaal verantwoordelik vir die oorwinning in Stalingrad
  • Sergei Gritsewets – vegvlieënier
  • Aleksander Wasilefski – maarskalk, onderminister van verdediging tydens WOII
  • Aleksei Leonof – ruimtevaarder wat in 1965 die eerste mens was wat in die ruimte geloop het
  • Pawel Popowitsj – ruimtevaarder (Wostok 4 en Sojoes 14)

Drie keer[wysig | wysig bron]

  • Iwan Kozjedoeb – WOII-vegvlieënier
  • Aleksander Pokrisjkin – WOII-vegvlieënier
  • Semjon Boedjonni – militêre aanvoerder en maarskalk

Vier keer[wysig | wysig bron]

  • Georgi Zjoekof — militêre aanvoerder en politikus wat die krediet gekry het vir baie van die belangrikste Sowjet-oorwinnings in WOII
  • Leonid Brezjnef — Eerste Sekretaris (later Sekretaris-generaal) van die Kommunistiese Party (1964–1982) en voorsitter van die Presidium van die Opperste Sowjet van die USSR (1964–1982)

Buitelandse ontvangers (almal een keer)[wysig | wysig bron]

  • Vlag van Verenigde Arabiese Republiek Abdel Hakim Amer – Egiptiese militêre offisier en politieke leier
  • Vlag van Verenigde Arabiese Republiek Gamal Abdel Nasser – president van Egipte (1954–1970)
  • Vlag van Afganistan Abdul Ahad Mohmand – eerste Afgaanse ruimtevaarder
  • Vlag van Algerië Ahmed Ben Bella – eerste president van Algerië
  • Vlag van Bulgarye Zahari Zaharijef – vlieënier
  • Vlag van Bulgarye Georgi Iwanof – eerste Bulgaarse ruimtevaarder
  • Vlag van Bulgarye Todor Zjifkof – Kommunistiese president van Bulgarye
  • Vlag van Bulgarye Aleksandar Aleksandrof – tweede Bulgaarse ruimtevaarder
  • Vlag van Bulgarye Wladimir Zaimof – met die 30ste herdenking van sy dood in 1972
  • Vlag van Kuba Fidel Castro – leier van die Kubaanse kommunistiese regering
  • Vlag van Kuba Arnaldo Tamayo – eerste Kubaanse ruimtevaarder
  • Vlag van Tsjeggoslowakye Josef Buršík – vir heroïsme tydens die bevryding van Kiëf; hy het die toekenning teruggegee
  • Vlag van Tsjeggoslowakye Otakar Jaroš – vir heroïsme tydens die Derde Slag van Charkof, nadoods
  • Vlag van Tsjeggoslowakye Ján Nálepka – nadoods
  • Vlag van Tsjeggoslowakye Vladimír Remek – eerste Tsjeg in die ruimte en die eerste ruimtevaarder wat nie van die VSA of USSR was nie
  • Vlag van Tsjeggoslowakye Antonín Sochor – vir heroïsme tydens die bevryding van Kiëf
  • Vlag van Tsjeggoslowakye Ludvík Svoboda – kommunistiese president van Tsjeggo-Slowakye
  • Vlag van Tsjeggoslowakye Gustáv Husák – kommunistiese president van Tsjeggo-Slowakye
  • Vlag van Tsjeggoslowakye Stěpan Vajda – vir heroïsme tydens die bevryding van Pole, nadoods
  • Vlag van Tsjeggoslowakye Richard Tesařík – vir heroïsme tydens die bevryding van Kiëf
  • Vlag van Frankryk Jean-Loup Chrétien – eerste Franse ruimtevaarder
  • Vlag van Frankryk Marcel Albert – WOII-vegvlieënier
  • Vlag van Frankryk Jacques André – WOII-vegvlieënier
  • Vlag van Frankryk Roland de la Poype – WOII-vegvlieënier
  • Vlag van Frankryk Marcel Lefèvre – WOII-vegvlieënier
  • Vlag van Oos-Duitsland Sigmund Jähn – eerste Duitse ruimtevaarder
  • Vlag van Oos-Duitsland Walter Ulbricht – Oos-Duitse leier
  • Vlag van Oos-Duitsland Erich Honecker – Oos-Duitse leier
  • Vlag van Oos-Duitsland Erich Mielke – Oos-Duitse hoof van die Stasi
  • Vlag van Hongarye Bertalan Farkas – eerste Hongaarse ruimtevaarder
  • Vlag van Hongarye János Kádár – Hongaarse politikus
  • Vlag van Indië Rakesh Sharma – eerste Indiese ruimtevaarder
  • Vlag van Mongolië Jügderdemidiin Gürragchaa – eerste Mongoolse ruimtevaarder
  • Vlag van Pole Władysław Wysocki – Poolse offisier
  • Vlag van Pole Juliusz Hibner – Poolse offisier
  • Vlag van Pole Aniela Krzywoń – Poolse soldaat
  • Vlag van Pole Mirosław Hermaszewski – eerste Pool in die ruimte
  • Vlag van Spanje Ramón Mercader – sluipmoordenaar van Leon Trotski
  • Vlag van Spanje Rubén Ibárruri – seun van die Spaanse kommunistiese leier Dolores Ibárruri Gómez, dood in die Slag van Stalingrad terwyl hy vir die Rooi Leër geveg het
  • Vlag van Sirië Muhammed Faris – eerste Siriese ruimtevaarder
  • Vlag van Viëtnam Phạm Tuân – eerste Viëtnamese ruimtevaarder

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. McDaniel and Schmitt, The Comprehensive Guide to Soviet Orders and Medals.
  2. Medaljes
  3. Гризодубова Валентина Степановна (ru)

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia