Olimpiese Somerspele 1992

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spele van die XXVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1992

Gehou in Barcelona, Spanje
Deelnemende lande 169
Deelnemende atlete 9 956 (7 010 mans, 2 851 vroue)
Items 286 in 32 sporte
Openingseremonie 25 Julie 1992
Sluitingseremonie 9 Augustus 1992
Amptelik geopen deur Koning Juan Carlos I
Atlete-eed Luis Doreste Blanco (seilvaart)
Beampte-eed Eugeni Asencio (waterpolo)
Olimpiese vlam Antonio Rebollo (paralimpiese boogskut)
Vorige Spele 1988: Seoel (Suid-Korea)
Volgende Spele 1996: Atlanta (VSA)

Die Olimpiese Somerspele van die XXVe Olimpiade is 'n internasionale multi-sport byeenkoms wat in 1992 in Barcelona, Spanje aangebied is. Die Internasionale Olimpiese Komitee het besluit om die somer en winter Spele, wat in dieselfde jaar gehou is sedert 1924, te skei en in afwisselende ewe jare te plaas vanaf 1994. Die Somerspele van 1992 was dus die laaste keer in dieselfde jaar as die Winterspele gehou.[1]

As gevolg van die einde van die Koue Oorlog, was hierdie spele die eerste keer sonder boikotte sedert 1972.[2] In werklikheid was die Olimpiese Spele die finale sukses van die voormalige Sowjet-Unie, en die grootste van die "Olimpiese vlag" (Nasies van die voormalige USSR het as 'n verenigde span meegeding, en het as wenners geseëvier op die algehele ranglys).[3]

Veiligheid was vir die organiseerders 'n top prioriteit. Daar is gevrees vir 'n aanslag van die ETA en vir betogings van Katalaanse onafhanklikheidsstryders, maar geen probleme is tydens die Spele ondervind nie.

Suid-Afrikaanse deelname[wysig | wysig bron]

Suid-Afrika word toegelaat om aan die Spele deel te neem na 'n 28 jaar skorsing as gevolg van apartheid.

Die Suid-Afrikaanse hardloper Elana Meyer en 'n swart Ethiopiese hardloper Derartu Tulu spook dit uit in die 10 000 m (gewen deur Tulu) en hardloop daarna 'n ere rondte hand-aan-hand saam.

Naas Meyer se silwermedalje kon Wayne Ferreira en Piet Norval ook 'n silwermedalje in tennis vir die mans dubbels ingepalm.

Aantal medaljes[wysig | wysig bron]

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Olympic flag.svg Verenigde span - 45 38 29 112
2 Vlag van Verenigde State Verenigde State - 37 34 37 108
3 Vlag van Duitsland Duitsland - 33 21 28 82
4 Vlag van die Volksrepubliek van Sjina Volksrepubliek van Sjina - 16 22 16 54
5 Vlag van Kuba Kuba - 14 6 11 31
6 Vlag van Spanje Spanje - 13 7 2 22
7 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea - 12 5 12 29
8 Vlag van Hongarye Hongarye - 11 12 7 30
9 Vlag van Frankryk Frankryk - 8 5 16 29
10 Vlag van Australië Australië - 7 9 11 27
41 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika - 0 2 0 2

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Albertville 1992”. www.olympic.org. URL besoek op 12 Maart 2010.
  2. Barcelona 1992 Summer Olympics | Olympic Videos, Photos, News”. Olympic.org. URL besoek op 2011-12-04.
  3. http://www.databaseolympics.com/games/gamesyear.htm?g=23
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.