Mosfilm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Мосфильм
Mosfilm
Mosfilm logo.png
Tipe Korporasie
Gestig 1920
Hoofkantoor Moskou, Russiese Federasie
Sleutelpersone Karen Sjachnazarof (voorsitter)
Industrie Rolprentbedryf
Produkte Rolprente, televisieprogramme
Werknemers 1 500
Webwerf Mosfilm

Mosfilm (Russies: Мосфильм, məsˈfʲɨlʲm) is die oudste en grootste rolprentmaatskappy in die Russiese Federasie en word ook as die grootste onderneming van sy soort in die Europese rolprentbedryf beskou. Sy hoofkwartier in Moskou met 'n totale oppervlakte van 14 000 m² huisves dertien rolprentateljees.

Mosfilm se produksies sluit sowel befaamde rolprente uit die Sowjet-tydperk in, waaronder die werke van bekende regisseurs soos Andrei Tarkofski en Sergei Eisenstein, asook "Rooi Wilde Weste"-rolprente, Akiro Koerosawa se koproduksie Дерсу Узала (Dersi Oezala) uit 1975 en die epiese werk Война и Мир ("Oorlog en vrede", 1968).