Italië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Italiaanse Republiek
Repubblica italiana
Vlag van Italië Wapen van Italië
Vlag Wapen
Volkslied: Il Canto degli Italiani
(Italiaans vir: "Die Lied van die Italianers")
Ligging van Italië
Hoofstad Rome

41°54′N 12°29′O

Grootste stad Rome
Amptelike tale Italiaans
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Sergio Mattarella
Matteo Renzi
Onafhanklikheid
Vorming
• Unifikasie
• Republiek


17 Maart 1861
2 Junie 1946
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
301 338 km2  (72ste)
116 347 myl2
2,4
Bevolking
 - 2013-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
59 943 933[1] (23ste)
59 433 744[2]
198,9 / km2 (63ste)
515,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$1 848 miljard[3] (11de)
$30 218[3] (34ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$2 148 miljard[3] (9de)
$35 123[3] (27ste)

MOI (2013) Green Arrow Up Darker.svg 0,881[4] (25ste)  –  baie hoog
Gini (2011) 31,9[5] –  medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .it
Skakelkode +39

Italië (Italiaans: Italia), amptelik Italiaanse Republiek (Repubblica italiana), is 'n land in die suide van Europa, wat bestaan uit 'n stewel-vormige skiereiland sowel as twee ander groot eilande in die Middellandse See: Sisilië en Sardinië.

Aan die noordekant word dit begrens deur die Alpe, en grens aan Frankryk in die noordweste, Switserland en Oostenryk in die noorde en Slowenië in die noordooste. Die onafhanklike lande van San Marino en die Vatikaanstad is klein ingeslote Italiaanse gebiede. In die suide is die eilandnasie Malta geleë.

Italië is 'n stigterslid van die Europese Unie en lid van NAVO. In 1999 word die Euro as geldeenheid aanvaar en sedert 2002 word Euro-banknote en -muntstukke gebruik.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Kolosseum in Rome

Italië het 'n groot invloed gehad op die kulturele en sosiale ontwikkeling van die hele gebied rondom die Middellandse See, en het ook die Europese kultuur sterk beïnvloed. Belangrike kulture en beskawings het daar voorgekpm sedert pre-historiese tye. Na Magna Graecia, die Etruskiese beskawing en veral die Romeinse Ryk wat hierdie deel van die wêreld vir eeue oorheers het, was Italië die middelpunt van Europese wetenskap en kuns gedurende die Middeleeue en die Renaissance.

Moderne Italië het eers onlangs 'n staat geword - op 17 Maart 1861, toe die meeste van die state van die skiereiland verenig is onder Koning Viktor Emanuel II van die Savoje-dinastie, wat regeer het oor Sardinië en Piëmont. Die argitekte van die Italiaanse unifikasie was Camillo Benso di Cavour, die hoof minister van Victor Emmanuel, en Giuseppe Garibaldi, 'n generaal en nasionale held. Rome self het vir 'n dekade daarna nog onder die regering van die Pous gebly, en het eers deel van die Koninkryk van Italië geword op 20 September 1870. Die Vatikaan is nou 'n onafhanklike staat binne-in en omring deur Rome.

Gebiede[wysig | wysig bron]

Kaart van Italië

Italië word verdeel in 20 gebiede (regioni, enkelvoud regione), waarvan vyf 'n spesiale outonome status geniet, aangedui deur 'n *:

'n Area word weer verder verdeel in provinsies.


Stede[wysig | wysig bron]

Satellietbeeld van Rome

Die hoofstad en grootste van Italië is Rome. Binne-in die stad bevind die onafhanklike Vatikaanstad homself waarvan die pous die hoof is. 'n Tweede onafhanklike enklawe binne de Italiaanse grense is San Marino, naby die vakansiedorp Rimini aan die ooskus. Ander belangrike stede is Milaan, Turyn, Genua, Venesië, Florence, Bologna, Verona, Napels, Ancona, Bari, Messina en Palermo (die hoofstad van Sisilië).

Vakansiedae[wysig | wysig bron]

Datum Afrikaanse Naam Plaaslike Naam Opmerking
1 Januarie Nuwejaarsdag Capodanno  
6 Januarie Epifanie Epifania  
Veranderend Paassondag Pasqua  
Veranderend Paasmaandag Lunedì di Pasqua  
25 April Herdenking van bevryding Liberazione 1945
1 Mei Werkersdag Festa del Lavoro  
2 Junie Republiekdag Festa della Repubblica 1946
15 Augustus Hemelvaart Assunzione  
1 November Alle heiligedag Tutti i Santi  
8 Desember Immaculate Conception Immacolata  
25 Desember Kersfees Natale  
26 Desember St. Stefandag Santo Stefano  
31 Desember Oujaarsdag San Silvestro  

Verwysings[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
  1. (it) Census 2011 - final results”. ISTAT. URL besoek op 12 Mei 2014.
  2. (it) Resident population and population change”. ISTAT. URL besoek op 12 Mei 2014.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Italië”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 12 Mei 2014.
  4. (en) Human Development Report 2011”. Verenigde Nasies: 2011. URL besoek op 12 Mei 2014.
  5. (en) Gini coefficient of equivalised disposable income (source: SILC)”. Eurostat Data Explorer. URL besoek op 12 Mei 2014.