Europese Unie
|
|||||
Nasionale leuse: Unita in Diversitate[1][2][3] (Latyns vir: "In verskeidenheid verenig") |
|||||
Volkslied: Europese volkslied[2] (Afrikaans: "Lofsang aan die vreugde") |
|||||
Hoofstad | Brussel (de facto)[4] | ||||
Grootste stad | Londen en Parys | ||||
Amptelike tale | Bulgaars, Deens, Duits, Engels, Estnies, Fins, Frans, Grieks, Hongaars, Italiaans, Iers-Gaelies, Kroaties, Lets, Litaus, Maltees, Nederlands, Pools, Portugees, Roemeens, Slowaaks, Sloweens, Spaans, Sweeds, Tsjeggies | ||||
Regering
• Europese Kommissie-president
• Europese Raad-president |
Polities-ekonomiese unie Jean-Claude Juncker Donald Tusk |
||||
Onafhanklikheid | 1 Januarie 1958 1 November 1993 |
||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
4 324 782 km2 (-) 1 669 808 myl2 7dea |
||||
Bevolking - 2014-skatting - Digtheid |
506 913 394[5] (3dea) 115,8 / km2 (-) 300,9 / myl2 |
||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2015-skatting |
||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2015-skatting |
||||
MOI (2011) | 0,876 (13de/25stea) – baie hoog | ||||
Gini (2010) | 30,4 – medium | ||||
Geldeenheid | Euro (€) en 10 ander (EUR; Eurosone ) |
||||
Tydsone - Somertyd |
WET, MET, OETb (UTC+1, +1, +2) WEST, MEST, OEST (UTC+1, +2, +3) |
||||
Internet-TLD | .euc | ||||
Skakelkode | + | ||||
a Indien beskou as 'n enkele entiteit. b Uitsluitend oorsese gebiede. c .eu verteenwoordig die hele EU; lidlande het ook hul eie TLDs. |
Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 28 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie (ook bekend as die Verdrag van Maastricht) en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is.
Die EU is die grootste ekonomiese eenheid en een van die grootste politieke eenhede in die wêreld met 502 miljoen inwoners en 'n nominale BBP (Bruto binnelandse produk) van €11.5 ($15.0) triljoen in 2006.[8] Die Unie is ook 'n enkelmark[9] met 'n gemeenskaplike handelsooreenkoms, 'n gemeenskaplike landboukundige en vissery-ooreenkoms en 'n streeksooreenkoms om armoedige streke by te staan.[10] Die EU het ook die Euro as gemeenskaplike geldeenheid voorgestel, wat deur 19 lede aanvaar is.
Burgers van EU-lidmaatstate is ook burgers van die Europese Unie. Dit beteken dat hulle in ander lidstate kan werk, woon, reis en belê, alhoewel daar sommige beperkings is rakende nuwe lede. Paspoortbeheer by die grense van die meeste lidstate is deur die Schengen-ooreenkoms tot niet gemaak.[11]
Die hoofstede van die Europese Unie is Brussel in België, Luxemburg (stad) in Luxemburg en Straatsburg in Frankryk. Die Europese Unie het tans 24 amptelike tale.
Inhoud
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Na die Tweede Wêreldoorlog het die idee pos gevat dat Europese integrasie die enigste manier was om af te reken met die vergaande nasionalisme wat die kontinent tot dan toe geteister het. Jean Monnet, Robert Schuman en Konrad Adenauer het in 'n toespraak in 1950 die sogenaamde Schumanplan aangebied. 'n Jaar later is die Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) opgerig deur tekening van die Verdrag van Parys deur België, Frankryk, Italië, Luxemburg, Nederland en Wes-Duitsland.
Die EGKS het so suksesvol geblyk dat in 1957 tot verdere integrasie besluit is. Die Verdrag van Rome, geteken deur dieselfde ses lande, het die Euratom en die Europese Ekonomiese Gemeenskap opgerig. In 1967 is die drie organisasies deur tekening van die Fusieverdrag saamgevoeg, waarna hulle verder gewerk het onder die naam Europese Gemeenskappe (EG). Dit het gelei tot die oprigting van die Kommissie, die Raad en die Parlement.
In 1973 het Denemarke, Ierland en die Verenigde Koninkryk lid geword van die EG. Griekeland het lid geword in 1981, Spanje en Portugal in 1986. Die Verdrag van Maastricht, geteken in 1992, het die oprigting van die Europese Unie beteken. Dit het die basis gelê vir verdere vorme van samewerking op die vlak van buitelandse- en veiligheidsbeleid, op die interne en geregsvlak, en in die vorming van die Ekonomiese en Monetêre Unie. In 1995 het Oostenryk, Finland en Swede lede geword van die EU.
Die Euro is ingevoer in 2002. Tien nuwe lande het op 1 Mei 2004 lede geword van die EU: Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Malta, Pole, Siprus, Slowenië, Slowakye en Tsjeggië. Op 1 Januarie 2007 het Bulgarye en Roemenië nog bygekom. Om te verseker dat die Unie na hierdie uitbreiding steeds goed bestuurbaar bly, is die Verdrag van Lissabon in 2007 geteken. In 2012 het die Europese Unie die Nobelprys vir Vrede vir "60 jare Vrede in Europa" ontvang.[12] Op 1 Julie 2013 het Kroasië by die EU aangesluit, sodat die EU nou in totaal uit 28 lidstate bestaan. Op 1 Januarie 2014 het die Franse oorsese gebied Mayotte deel van die EU-gebied geword.
Tydlyn[wysig | wysig bron]
Tydlyn met die evolusie van die struktuur van die Europese Unie.
Onderteken In werking Dokument |
1948 1948 Brussel |
1951 1952 Paris |
1954 1955 Modified Brussel |
1957 1958 Rome |
1965 1967 Samesmelting Verdrag |
1975 N/A Europese Raad |
1986 1987 Europese Akte |
1992 1993 Maastricht |
1997 1999 Amsterdam |
2001 2003 Nice |
2007 2009 Lissabon |
||||||||||
Pylerstruktuur van die Europese Unie: | |||||||||||||||||||||
Europese Gemeenskap (EG): | |||||||||||||||||||||
Europese Atoomenergie Gemeenskap (EAG) | |||||||||||||||||||||
Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) | Verdrag 2002 beëindig | Europese Unie (EU) | |||||||||||||||||||
Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) | Europese Gemeenskap (EG) | ||||||||||||||||||||
TREVI | Justisie en Binnelandse Sake (JBS) | ||||||||||||||||||||
Polisiële en justisiële samewerking in strafsake (PJSS) | |||||||||||||||||||||
Europese politieke samewerking (EPS) | Gemeenskaplik buitelands en veiligheidsbeleid (GBVB) | ||||||||||||||||||||
Ongekonsolideerde liggame | Wes-Europese Unie (WEU) | ||||||||||||||||||||
Verdrag 2010 beëindig | |||||||||||||||||||||
Lidlande[wysig | wysig bron]
Datum | Geskiedenis van die lidmaatskap van die EU | No. |
---|---|---|
1 Januarie 1957 | België, Wes-Duitslanda, Frankryk, Italië, Luxemburg, Nederland | 6 |
1 Januarie 1973 | Denemarkeb, Ierland, Verenigde Koninkryk | 9 |
1 Januarie 1981 | Griekeland | 10 |
1 Januarie 1986 | Portugal en Spanje | 12 |
1 Januarie 1995 | Finland, Oostenryk, Swede | 15 |
1 Mei 2004 | Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Malta, Pole, Siprusc, Slowakye, Slowenië, Tsjeggië | 25 |
1 Januarie 2007 | Bulgarye en Roemenië | 27 |
1 Julie 2013 | Kroasië | 28 |
a Op 3 Oktober 1990, het die deelstate of Länder van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek tot die voormalige Bondsrepubliek Duitsland toegetree en outomaties deel van die EU geword.
b Groenland het in 1979 outonoom van Denemarke geword en die Europese Gemeenskap in 1985 verlaat, na aanleiding van 'n klein referendum.
c de facto is slegs die suidelike deel van Siprus 'n lidland van die EU. Die Turkse Republiek van Noord-Siprus is 'n omstrede gebied en word net deur Turkye erken.
Kandidaatlande[wysig | wysig bron]
Huidige Kandidaatlande van die Europese Unie is Albanië, Masedonië, Montenegro, Serwië, Turkye en Ysland. Potensiële Kandidaatlande is Bosnië-Herzegowina en Kosowo. Voormalig Kandidaatland is Noorweë.
Bestuur[wysig | wysig bron]
Verdrae[wysig | wysig bron]
Die EU is gegrondves op twee verdrae: die Verdrag betreffende die Europese Unie en die Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie.[13] Daar is ook nog 'n apart verdrag vir Euratom.
Instellinge en ander liggame[wysig | wysig bron]
Instellinge[wysig | wysig bron]
Die instellinge van die Europese Unie is[14]:
- Die Europese Kommissie
- Die Europese Parlement
- Die Europese Raad (ook wel Europese top genoem)
- Die Europese Rekenkamer
- Die Europese Sentrale Bank
- Die Hof van Justisie van die Europese Unie
- Die Raad van die Europese Unie (ook wel Raad van Ministers genoem)
Europese Parlement[wysig | wysig bron]
Verspreiding van setels per land in die Europese Parlement[15]:
Land | 1952 | 1958 | 1973 | 1979 | 1981 | 1986 | 1990 | 1994 | 1995 | 2004 | 2007 | 2009 | 2011 | 2013 | - bgcolor="#DDDDDD" align="right" class="unsortable" |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Europese Unie | 78 | 142 | 198 | 410 | 434 | 518 | 536 | 567 | 626 | 732 | 785 | 736 | 754 | 766 | 751 |
België | 10 | 14 | 14 | 24 | 24 | 24 | 24 | 24 | 25 | 25 | 24 | 22 | 22 | 22 | 21 |
Duitsland | 18 | 36 | 36 | 81 | 81 | 81 | 99 | 99 | 99 | 99 | 99 | 99 | 99 | 99 | 96 |
Frankryk | 18 | 36 | 36 | 81 | 81 | 81 | 81 | 87 | 87 | 78 | 78 | 72 | 74 | 74 | 74 |
Italië | 18 | 36 | 36 | 81 | 81 | 81 | 81 | 87 | 87 | 78 | 78 | 72 | 73 | 73 | 73 |
Luxemburg | 4 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 |
Nederland | 10 | 14 | 14 | 25 | 25 | 25 | 25 | 31 | 31 | 27 | 27 | 25 | 26 | 26 | 26 |
Denemarke | 10 | 16 | 16 | 16 | 16 | 16 | 16 | 14 | 14 | 13 | 13 | 13 | 13 | ||
Ierland | 10 | 15 | 15 | 15 | 15 | 15 | 15 | 13 | 13 | 12 | 12 | 12 | 11 | ||
Verenigde Koninkryk | 36 | 81 | 81 | 81 | 81 | 87 | 87 | 78 | 78 | 72 | 73 | 73 | 73 | ||
Griekeland | 24 | 24 | 24 | 25 | 25 | 24 | 24 | 22 | 22 | 22 | 21 | ||||
Spanje | 60 | 60 | 64 | 64 | 54 | 54 | 50 | 54 | 54 | 54 | |||||
Portugal | 24 | 24 | 25 | 25 | 24 | 24 | 22 | 22 | 22 | 21 | |||||
Finland | 16 | 14 | 14 | 13 | 13 | 13 | 13 | ||||||||
Oostenryk | 21 | 18 | 18 | 17 | 19 | 19 | 18 | ||||||||
Swede | 22 | 19 | 19 | 18 | 20 | 20 | 20 | ||||||||
Estland | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | |||||||||
Letland | 9 | 9 | 8 | 9 | 9 | 8 | |||||||||
Litaue | 13 | 13 | 12 | 12 | 12 | 11 | |||||||||
Malta | 5 | 5 | 5 | 6 | 6 | 6 | |||||||||
Pole | 54 | 54 | 50 | 51 | 51 | 51 | |||||||||
Slowakye | 14 | 14 | 13 | 13 | 13 | 13 | |||||||||
Slowenië | 7 | 7 | 7 | 8 | 8 | 8 | |||||||||
Tsjeggië | 24 | 24 | 22 | 22 | 22 | 21 | |||||||||
Hongarye | 24 | 24 | 22 | 22 | 22 | 21 | |||||||||
Siprus | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | 6 | |||||||||
Bulgarye | 18 | 17 | 18 | 18 | 17 | ||||||||||
Roemenië | 35 | 33 | 33 | 33 | 32 | ||||||||||
Kroasië | 12 | 11 |
Europese Raad[wysig | wysig bron]
Vorsitter van die Europese Raad (voor 2009) en van die Raad van die Europese Unie[16] | |||||
Jaar, Land (Eerste ses maande, Tweede ses maande) | |||||
2007 | Duitsland, Portugal | 2008 | Slowenië, Frankryk | 2009 | Tsjeggië, Swede |
2010 | Spanje, België | 2011 | Hongarye, Pole | 2012 | Denemarke, Siprus |
2013 | Ierland, Litaue | 2014 | Griekeland, Italië | 2015 | Letland, Luxemburg |
2016 | Nederland, Slowakye | 2017 | Malta, Verenigde Koninkryk | 2018 | Estland, Bulgarye |
2019 | Oostenryk, Roemenië | 2020 | Finland | 2021 |
Ander instansies[wysig | wysig bron]
Ander instansies is:[17]
- Die Europese Investeringsbank (met daarin inbegrepe die Europese Investeringsfonds).
- Die Komitee van die Regio's verteenwoordig die regionale belang.
- Die Europese Ekonomiese en Sosiaal Komitee adviseer oor die ekonomiese en sosiale beleid (hoofsaaklik die verhouding tussen werkgewers en werknemers).
- Die Europese Ombudsman, wat klagtes oor wanbeleid van EU-instellings ondersoek.
Agentskappe[wysig | wysig bron]
Daar is ook nog baie EU-liggame, dikwels ingestel deur tweedegraadse wetgewing, wat opgerig is vir 'n spesiaal doel. Hierdie liggame word die agentskappe van die Europese Unie genoem.[17]
Wetgewingsprosedures[wysig | wysig bron]
Daar is verskillende maniere waarop die Kommissie, die Parlement en die Raad tot Europese wetgewing kom, waarvan die belangrikste die gewone wetgewingsprosedure is.
Regsinstrumente[wysig | wysig bron]
Die Europese Unie ken 'n aantal regsinstrumente, waarvan die belangrikste die Europese verordening en die Europese riglyn is. 'n Verordening het direkte regskrag, 'n riglyn moet eers in die nasionale wetgewing word deurgevoer.
Amptelike tale[wysig | wysig bron]
Die 24 amptelike tale van die Europese Unie is[18]:
Verhouding tussen die EU en die lidstate[wysig | wysig bron]
Verdeling van die bevoegdhede[wysig | wysig bron]
Die bevoegdhede van die Europese Unie ten opsigte van die lidstate is sedert die Verdrag van Lissabon[19] uitdruklik vasgelê. Hulle word ingedeel in drie kategorieë:
- Eksklusiewe bevoegdhede: net die EU kan op hierdie vlak optree. Die lidstate kan slegs die beslissings van die EU uitvoer.
- Gedeelde bevoegdhede: sowel die EU as die lidstate kan wetgewend optree. As die EU wetgewing in hierdie sektore uitvaardig het die EU-reëls wel voorrang op die nasionale wette. Die meeste EU-bevoegdhede is van hierdie soort.
- Ondersteunende, koördinerende en aanvullende bevoegdhede: soos die naam reeds sê mag die EU die beleid van die lidstate in hierdie sektore ondersteun, aanvul of koördineer. Die lidstate behou egter altyd die volledige wetgewende vryheid. Die EU mag op hierdie vlakke geen harmonisasie tussen die verskillende nasionale stelsels nastreef nie. Meestal kom hierdie soort bevoegdhede in die vorm van 'n finansiële bydrae van die EU.
Regsposisie[wysig | wysig bron]
Die lidstate van die Europese Unie het mettertyd 'n aansienlike hoeveelheid soewereiniteit oorgedra aan die Europese Unie. Die Europese Unie het as sodanig meer mag as alle andere nie-soewereine streeksorganisasies. Op verskillende terreine begin die EU te lyk soos 'n bondstaat of 'n statebond. Die Unie bly egter gebaseer op verdrae tussen lidstate, waaruit volg dat die Unie slegs bestaan vanuit die wil van die lidstate. 'n Lidstaat kan op elk moment besluit om terug te trek uit die Unie en wysigings aan die verdrae moet deur alle lidstate individueel geratifiseer word.
In hierdie opsig lyk die Europese Unie die mees op 'n statebond, wat in teenstelling tot 'n bondstaat nie soewerein is nie en dus ook slegs bestaan uit die grasie van die lidstate. 'n Statebond in die tradisionele betekenis van die woord het egter veel meer mag, veral op die vlak van buitelandse sake en defensie. Die meeste mense klassifiseer die Europese Unie daarom as 'n struktuur sui generis, 'n unieke vorm van samewerking tussen lande.
Sedert die Verdrag van Lissabon besit die Unie regspersoonlikheid.[20] Dit magtig die Unie om origens geensins wetgewend of andersins op te tree nie, buiten die bevoegdhede wat die lidstate van die EU in die verdrae aan hom toegedeel het.
Intergouvernementalisme en supranasionalisme[wysig | wysig bron]
Binne die EU bestaan 'n spanningsveld tussen intergouvernementele en supranasionale tendense. Intergouvernementalisme is 'n metode van besluitneming in internasionale organisasies waarby die mag by die lidstate lê en beslissings met eenvormheid geneem moet word. Afgevaardigdes van die regerings of van gekose verteenwoordigings het uitsluitend adviserende of uitvoerende funksies. Die meeste internasionale organisasies het teenwoordig 'n intergouvernementele grondslag.
Supranasionalisme is 'n ander metode van besluitneming. Hier lê die mag by onafhanklike afgevaardigdes van die regeringe of van gekose verteenwoordiginge. Lidstate het nog steeds mag, maar moet hierdie mag deel met ander instansies. Bowendien word beslissings net by 'n meerderheid van stemme geneem. Dit kan dan ook gebeur dat 'n lidstaat, gedwonge deur ander lidstate, 'n beslissing teen sy wil moet uitvoer.
Beide vorme van besluitneming het aanhangers binne die EU. Voorstanders van supranasionalisme redeneer dat dit die proses van integrasie kan versnel. Wanneer beslissings wat eenvorme goedkeuring van alle betrokke regerings vereis, kan dit jare duur voordat 'n besluit geneem word. Voorstanders van intergouvernementalisme argumenteer dat supranasionalisme die soewereiniteit en die demokratiese gehalte van afsonderlike state in gevaar bring en meen dat die legitimiteit van gemeenskaplike besluite alleen afgelei kan word van die legitimiteit van die nasionale regerings. Frankryk is tradisioneel 'n voorstander van 'n intergouvernementele EU gewees. Dit geld ook vir euroskeptiese lande soos die Verenigde Koninkryk en Denemarke. Lande soos België, Duitsland en Italië neig meer na die supranasionale benadering. In die praktyk balanseer die EU tussen beide ekstreme. Hierdie balans is egter 'n moeisame kompromie, wat dikwels lei tot ingewikkelde besluitnemingsprosesse.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (en) Barnard, Catherine (Augustus 2007). The Substantive Law of the EU: The four freedoms, 2, Oxford University Press, 447. ISBN 978-0-19-929035-2.
- ↑ 2,0 2,1 (en) “United in diversity”. Europa. Europese Kommissie. URL besoek op 20 Januarie 2010.
- ↑ (en) “European Parliament: The Legislative Observatory”. Europa. Europese Kommissie. URL besoek op 20 Januarie 2010.
- ↑ (en) “Brussels' EU capital role seen as irreversible”. Euractiv.com. URL besoek op 28 Oktober 2012.
- ↑ (en) “Eurostat-Tables,Graphs and Maps Interface(TGM)table”. Europese Kommissie. URL besoek op 9 Julie 2015.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 (en) “IMF World Economic Outlook Database, April 2015”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 9 Julie 2015.
- ↑ (en) Nominal 2015 GDP for the European Union and 2015 population for the European Union, World Economic Outlook Database, April 2015, Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 9 Julie 2015
- ↑ (en) BPP, Eurostat (Besoek op 17 Maart 2007)
- ↑ (en) EUROPA: Activities of the European Union: Internal Market. europa.eu: Border-free Europe (single market)
- ↑ (en) papers.ssrn.com: EU and US Perspectives on China’s Compliance with Transparency, SSRN, deur Paolo Farah. Besoek op 25 Januarie 2007.
- ↑ Sien asb. (en) ec.europa.eu: Schengen: Europe without internal borders, Europa. (Laaste besoek 31 Mei, 2012)
- ↑ (en) nobelprize.org: The Nobel Peace Prize 2012 – European Union (EU)
- ↑ Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie, Artikel 1
- ↑ Verdrag betreffende die Europese Unie, Artikel 13
- ↑ (nl) europarl.europa.eu: Leden per lidstaat en fractie // 7de zittingsperiode
- ↑ (de) eur-lex.europa.eu: BESCHLUSS DES RATES vom 12. Dezember 2005 zur Festlegung der Reihenfolge für die Wahrnehmung des Vorsitzes im Rat
- ↑ 17,0 17,1 (nl) europa.eu: EU-instellingen en -organen
- ↑ (en) ec.europa.eu: Official EU languages
- ↑ Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie, Eerste deel, Titel I
- ↑ Verdrag betreffende die Europese Unie, Artikel 47
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- (en) Amptelike tuisblad
- (en) Europese Parlement
- (en) Raad van die Europese Unie
- (en) Europese Kommissie
- (en) Europese Raad
- (en) Europese Sentrale Bank
|