Siprus
|
|||||
Volkslied: Volkslied van Vryheid |
|||||
Hoofstad | Nicosia | ||||
Grootste stad | Nicosia | ||||
Amptelike tale | Grieks en Turks | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Nicos Anastasiades |
||||
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Zürich en Londen ooreenkoms • Onafhanklikheid verklaar • Onafhanklikheidsdag |
van die Verenigde Koninkryk 19 Februarie 1959 16 Augustus 1960 1 Oktober 1960 |
||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
9 251a km2 (168ste) 3 572 myl2 9 |
||||
Bevolking - 2011-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
1 117 000a[1] (-) 838 897[2] 90,7 / km2 (114de) 234,85 / myl2 |
||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2013-skatting |
||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2012-skatting |
||||
MOI (2013) | 0,848[4] (31ste) – baie hoog | ||||
Gini (2011) | 29,1[5](19de) – laag | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR ) |
||||
Tydsone - Somertyd |
OET (UTC+2) OEST (UTC+3) |
||||
Internet-TLD | .cy | ||||
Skakelkode | +357 | ||||
a. Insluitend Noord-Siprus, die VN-buffersone en Akrotiri en Dhekelië. b. uitsluitend Noord-Siprus. |
Die Republiek van Siprus ook Ciprus (Grieks: Κυπριακή Δημοκρατία / Kypriakí Dimokratía en Turks: Kıbrıs Cumhuriyeti) is 'n eilandnasie op die eiland Siprus in die noordooste van die Middellandse See, sowat 70 km suid van Turkye, 100 km wes van Sirië, en 500 km oos van Griekeland. Die hoofstad en grootste stad is Nicosia (Grieks: Levkosía en Turks: Lefkoşa). Ander belangrike stede op die eiland is Limassol, Larnaca, Paphos, Famagusta en Kyrenia. Siprus is die derde grootste eiland in die Middellandse See ná Sisilië en Sardinië.
Die Turkse Republiek van Noord-Siprus bestaan sedert 1974 in die noordelike deel van die eiland, maar dit word slegs deur Turkye erken.[6]
In die suide en ooste lê die afhanklike gebiede Akrotiri en Dhekelië van die Verenigde Koninkryk, wat in 1960 gestig word.
Sedert 1 Mei 2004 is die Republiek van Siprus 'n lidland van die Europese Unie en die Euro is sedert 1 Januarie 2008 die Geldeenheid.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (en) United Nations, Department of Economic and Social Affairs, Population Division. "World Population Prospects: The 2010 Revision, Highlights and Advance Tables (ESA/P/WP.220)".
- ↑ (gr) “Statistical Service – Population and Social Conditions – Population Census – Announcements – Preliminary Results of the Census of Population, 2011”. Statistical Service of the Ministry of Finance of the Republic of Cyprus: 29 Desember 2011. URL besoek op 27 Julie 2014.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) “Report for Cyprus”. World Economic Outlook Database. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 27 Julie 2014.
- ↑ (en) “2013 Human Development Report”. Verenigde Nasies: 14 Maart 2013. URL besoek op 27 Julie 2014.
- ↑ (en) “Gini coefficient of equivalised disposable income (source: SILC)”. Eurostat Data Explorer. URL besoek op 27 Julie 2014.
- ↑ (de) tagesschau.de: Der Zypern-Konflikt - das ungelöste Problem der EU
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Siprus.
- 'n Werf toegewy aan Siprus (In Turks, Grieks en Engels)
- Republiek van Siprus
- Statistiese diens van die Republiek van Siprus
- Pers en Inligtingskantoor
- CIPS Siprus Internasionale Persdiens – Engels / Duits
- Siprus Fotos
- Siprus Kaart
- Siprus Gids
|
|