Ryn
Rynrivier | |
---|---|
|
|
|
|
Oorsprong | Voorryn en Agterryn (Sankt-Gotthard-Massiv (Switserland |
Monding | Ryn-delta, Nederland Noordsee |
Stroomgebied | Switserland, Oostenryk, Liechtenstein, Duitsland, Frankryk, Nederland |
Lengte | 1 238,8 km[1] (766 myl) |
Oorsprong-hoogte | 2 345 m (7 694 voet) |
Monding-hoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 2 000 m³/s (70 629 ft³/s) |
Stroomgebiedoppervlakte | 185 300 km²[2] (65 637 myl²) |
|
Die Ryn (Duits: Rhein, Frans: Rhin, Italiaans: Reno, Retoromaans: Rain, Nederlands: Rijn, Latyn: Rhenus) is 'n rivier in Europa met 'n lengte van 1 238,8 kilometer. Sy twee bronriviere, die Vorderrhein (Duits: "Voorryn") en Hinterrhein ("Agterryn"), ontspring in die Sankt-Gotthard-bergmassief (Kanton Graubünden) in die Switserse Alpe.
Hierna vloei die rivier deur die Bodenmeer. Die Ryn se monding is in Nederland waar die rivier in twee arms, die Lek in die noorde en die groter suidelike Waal, vertak. Albei rivierarms vorm saam met die Maasrivier 'n uitgestrekte delta, die Ryn-Maas-delta, voordat hulle in die nabyheid van Rotterdam in die Noordsee uitmond.
Die naam Ryn is van Keltiese oorsprong en beteken vloeiend. Tesame met die Donau het die Ryn die grootste gedeelte van die noordelike grens van die Romeinse Ryk gevorm. Die Romeine het die rivier Rhenus genoem. Sedert hierdie tydperk is die Ryn 'n besige waterweg.
Met jaarliks sowat 300 miljoen ton se vrag, wat hier vervoer word, is die Ryn die belangrikste waterweg in Europa. Tagtig persent van alle goedere, wat op Europese waterweë vervoer word, word op Rynskepe gelaai. As waterweg verbind die rivier groot nywerheidsgebiede langs sy oewer met mekaar en bly danksy 'n gesofistikeerde radarstelsel 365 dae per jaar bevaarbaar - selfs in digte mis.[3]
Inhoud
Regterkantse sy-riviere van die Ryn[wysig | wysig bron]
- uit die Swartwoud (Schwarzwald) (van die bron na die noorde):
- Neckar
- Main
- Murg
- Lahn
- Wied
- Sieg
- Wupper
- Düssel
- Ruhr
- Emscher
- Lippe
Linkerkantse sy-riviere van die Ryn[wysig | wysig bron]
Stede langs die Ryn[wysig | wysig bron]
(L vir stede wat links geleë is, R vir stede wat regs geleë is. Links staan ewe aan "wes" en regs staan ewe aan "oos".)
- Ilanz
- Chur
- Kreuzlingen (L)
- Konstanz (R)
- Stein am Rhein
- Schaffhausen (R)
- Rheinau
- Eglisau
- Kaiserstuhl (Aargau) (L)
- Waldshut (R)
- Laufenburg (Baden) (R)
- Laufenburg (Schweiz) (L)
- Bad Säckingen (R)
- Rheinfelden (Baden) (R)
- Rheinfelden (Schweiz) (L)
- Basel (L)
- Kleinbasel (R)
- Mülhausen (L)
- Breisach am Rhein (R)
- Straatsburg (L)
- Kehl (R)
- Karlsruhe (R)
- Wörth am Rhein (L)
- Germersheim (L)
- Speyer (L)
- Ludwigshafen (L)
- Mannheim (R)
- Gernsheim (R)
- Mainz (L)
- Wiesbaden (R)
- Rüdesheim am Rhein (R)
- Bingen (L)
- Sankt Goarshausen (R)
- Sankt Goar (L)
- Boppard (L)
- Lahnstein (R)
- Koblenz (L,R)
- Bendorf (R)
- Neuwied (R)
- Weißenthurm (L)
- Andernach (L)
- Bad Hönningen (R)
- Bad Breisig (L)
- Sinzig (L)
- Linz am Rhein (R)
- Remagen (L)
- Unkel (R)
- Bad Honnef (R)
- Bonn (L,R)
- Königswinter (R)
- Niederkassel (R)
- Wesseling (L)
- Keulen (L,R)
- Dormagen (L)
- Monheim am Rhein (R)
- Düsseldorf (R,L)
- Neuss, (L)
- Krefeld-Uerdingen (L)
- Duisburg (R,L)
- Rheinberg (L)
- Wesel (R,L)
- Xanten (L)
- Rees (R)
- Emmerik aan die Ryn (R)
- Lobith (R)
- Arnhem (R)
- Wijk bij Duurstede (R)
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (de) Beiträge zur Rheinkunde, Rhein-Museum Koblenz, Heft 62/2012, bl. 49 Amtliche Rheinlänge nach Angabe der Kommission für die Hydrologie des Rheins
- ↑ (de) Bundesministerium für Umwelt, Naturschutz und Reaktorsicherheit: Hydrologischer Atlas von Deutschland, Auszug Kap. 3.2 (PDF; 3,4 MB), Besoek op 9 September 2013
- ↑ www.bpb.de: Der Rhein - der Handelsstrom