Sloweens

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sloweens
slovenščina
Gepraat in: Vlag van Slowenië Slowenië
Vlag van Oostenryk Oostenryk
Vlag van Italië Italië
Vlag van Hongarye Hongarye
Vlag van Kroasië Kroasië 
Gebied: Oos-Europa
Totale sprekers: 2,2 miljoen[1] 
Rang: 178
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Suidwes-Slawies
   Sloweens 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Slowenië Slowenië
Friuli-Venezia Giulia
Flag of Carinthia.svg Karinthië
Flag of Styria.svg Stiermarke
Gereguleer deur: Instituut van Slowenië
Taalkodes
ISO 639-1: sl
ISO 639-2: slv
ISO 639-3: slv 
Verspreiding van Sloweens

Sloweens (slovenščina) is 'n taal wat tot die Slawiese tale behoort. Binne die Slawiese tale vorm dit met Kroaties, Bosnies, Serwies, Macedonies en Bulgaars die Suid-Slawiese groep. Dit is die algemene voertaal in Slowenië. Die aantal sprekers bedra ongeveer 2 200 000 mense, naamlik ongeveer twee miljoen outochtone (inheemse) Slowene in Slowenië, Oostenryk, Italië en Hongarye en ongeveer tweehonderduisend immigrante in onder meer Argentinië, Kanada, Australië en Wes-Europa.

Taalgebied[wysig | wysig bron]

Naas Slowenië word Sloweens van oudsher ook in gebiede wat aan Slowene bewoonde gebiede grens gepraat as en as tweede ampstaal gehandhaaf in onder andere:

Sloweens word voorts deur die Slowene in die Oostenrykse deel van Stiermarke (Štajerska) ten suide van Graz (Gradec) en die Hongaarse gebied Szentgotthard (Monošter) gepraat. Ongeveer tweehonderdduisend Sloweense immigrante praat Sloweens. Die handhawing van die Sloweense taal hang van heelwat faktore af. So blyk Slowene in veral die Verenigde State (Pennsylvania, Ohio) hulle taal nouliks aan die volgende geslagte oordra, terwyl onder Slowene in Suid-Amerika die taal relatief dikwels ook deur derde en vierde generasies aktief gepraat word.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die vroegste taaldokument is die sogenaamde Bržinski spomeniki (Freisinger Monumente), wat in Beierse Freising gevind is. Die tekste behandel liturgiese vrae en deels homiletiek. Die dokument is in ongeveer die jaar 1000 geskep.

Skrif[wysig | wysig bron]

Sloweens word met die Latynse alfabet, aangevul met die volgende diakritiese tekens, geskryf. č, š en ž. Waar Nederlands 'n x skryf, gebruik Sloweens altyd die skryfwyse ks – meer soos Afrikaans.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Sloweens is 'n flekterende taal. Enkele verskilpunte met Afrikaans is: afwesigheid van die lidwoord, groot vryheid in sinsbou, verbuiginge van selfstandige en byvoeglike naamwoorde (ses naamvalle), aspekte van werkwoorde ('n werkwoord het meer as een vorm, wat 'n tydsaspek van handelinge uitdruk) en die gebruik van tweevoud (dualis) naas enkelvoud en meervoud. Sloweens ken verder die supinum, waardeur 'n werkwoord in kombinasie met 'n werkwoord van beweging 'n ander vorm aanneem (nl. 'n wysiging van die infinitiefuitgang). Verbuigings van selfstandige en byvoeglike naamwoorde vind plaas volgens:

  • naamval:
  • getal:
      • Enkelvoud (Ednina),
      • Tweevoud (Dvojina),
      • Meervoud (Množina);
  • geslag:
      • manlik (moški spol),
      • onsydig (srednji spol),
      • vroulik (ženski spol).

De verbuiging word vertoon in die woordeinde (suffiks). Daar bestaan rofweg vier deklinasies (verbuigings - van Latyns: declinatio clinario – buig):

  • manlik
  • vroulik op -a
  • vroulik op -ost/-ev
  • onsydig

Die tydsaspek word enersyds uitgedruk deur die gebruiklike indeling teenwoordige tyd, verlede tyd en toekomende tyd, tegelykertyd word deur die Aspek die aard van 'n handeling (voltooid of onvoltooid, besigwees of herhalend) aangegee.

Uitspraak[wysig | wysig bron]

Sloweens het 'n vry aksent, wat nie uit die geskrewe vorm van 'n woord blyk nie. Aksente kan betekenisonderskeidend wees.

Dialekte[wysig | wysig bron]

Sloweens het meer as veertig dialekte, wat in nege hoofgroepe verdeel kan word.

  • Prekmurees – onafhanklike dialek, wat' n literêre taal

Verwysings[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Sloweens
Indo-Europese tale: Satem-tale: Slawiese tale
Wes-Slawiese tale:
Kasjoebies | Polabies (†) | Pools | Slowaaks | Silesies | Sorbies (Neder-Sorbies, Opper-Sorbies) | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies
Oos-Slawiese tale:
Oekraïns | Russies | Rusyn (Roeteens) | Wit-Russies
Suid-Slawiese tale:
Bosnies | Bulgaars | Kroaties | Macedonies | Kerkslawies | Sloweens | Serwies
Wiktionary-logo-en.svg Vir woordeboekinligting, sien die bladsy Sloweens op WikiWoordeboek