Skenk nou

Spring na: navigasie, soek

Van Wikipedia stigter Jimmy Wales.

Wikipedia is die #5-tuiste op die web en bedien elke maand 470 miljoen verskillende mense - met biljoene bladsybesoeke.

Handel is goed. Reklame is nie sleg nie. Maar dit hoort nie hier nie. Nie op Wikipedia nie.

Wikipedia is iets besonders. Dit is soos 'n biblioteek of 'n openbare park. Dit is soos 'n tempel vir die gees. Dit is 'n plek waarheen ons almal kan gaan om te dink, te leer en ons kennis met ander te deel.

Toe ek Wikipedia gestig het, kon ek dit 'n wensgewende maatskappy met advertensiebaniere gemaak het, maar ek het besluit om iets anders te doen. Ons het oor die jare hard gewerk om dit lig en beknop te hou. Ons vervul ons missie, en laat vermorsing aan ander oor.

As almal wat hierdie brief lees net $3 skenk, sal ons net een dag per jaar hoef geld in te samel. Maar nie almal kan of wil skenk nie. En dit is ook goed. Elke jaar gee net genoeg mense geld.

Dalk kan jy dit vanjaar oorweeg om $5, $20, $50 of wat jy ook al kan bekostig, te skenk om Wikipedia te beskerm en te onderhou.

Dankie,

Jimmy Wales
Wikipedia-stigter

By donating, you agree to share your personal information with the Wikimedia Foundation, the nonprofit organization that hosts Wikipedia and other Wikimedia projects, and its service providers pursuant to our donor policy. Wikimedia Foundation and its service providers are located in the United States and in other countries whose privacy laws may not be equivalent to your own. We do not sell or trade your information to anyone. For more information please read our donor policy.