1953
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1953 |
◄ | 19de eeu | ◄ 20de eeu ► | 21de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1948 | 1949 | 1950 | 1951 | 1952 | ◄ 1953 ► | 1954 | 1955 | 1956 | 1957 | 1958 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1953 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 53ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 12 Februarie – Denemarke, Ysland, Noorweë en Swede stig die Nordiese Raad.
- 26 Maart – Jonas Salk, kondig sy ontdekking van die polio-entstof aan.
- 4 April – Francis Crick en James Watson verduidelike die dubbel helix struktuur van DNS.
- 21 April – Twee van senator Joseph McCarthy se hoof adjudante, Roy Cohn en David Schine, beveel aan dat 30 000 boeke in VSA inligtingsdiens poste in Europa verwyder word, insluitende werke deur Dashiell Hammett, W.E.B. du Bois, Herman Melville, John Steinbeck en Henry David Thoreau, omdat dit pro-kommunisties is.
- 25 April – Francis Crick en James Watson publiseer "Molecular structure of nucleic acids: a structure for deoxyribose nucleic acid" wat die dubbele heliks struktuur van DNS inhou.
- 29 Mei – Sir Edmund Hillary en sjerpa Tenzing Norgay word die eerste mense wat die piek van Berg Everest bereik.
- 2 Junie – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk word gekroon.
- 17 Junie – Die Volksopstand in die DDR word deur Sowjetse troepe bloedig onderdruk.
- 19 Junie – Ethel en Julius Rosenberg tereggestel vir spioenasie in die VSA.
- 27 Junie – Joseph Laniel word eerste minister van Frankryk.
- 22 Oktober – Laos word van Frankryk onafhanklik.
- 9 November – Kambodja word van Frankryk onafhanklik.
- 7 Desember – David Ben-Gurion bedank as premier van Israel.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 3 Januarie – Cora Marie, Suid-Afrikaanse country-sangeres († 1994).
- 18 Februarie – Leon van Nierop, Afrikaanse vervaardiger, skrywer en rolprentresensent.
- 1 Maart – Marietjie de Jongh, Suid-Afrikaanse en Afrikaanse skryfster.
- 24 April – Kallie Knoetze, Suid-Afrikaanse swaargewig bokser.
- 6 Mei – Tony Blair, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 26 Mei – Michael Portillo, Britse konserwatiewe politikus, joernalis en mediapersoonlikheid.
- 21 Junie – Benazir Bhutto, Pakistanse politikus.
- 22 Junie – Cyndi Lauper, sanger.
- 14 Augustus – James Horner, Amerikaanse komponis en dirigent van orkestrale en rolprentmusiek († 2015).
- 2 September – Achmed Sjah Massoed, Afghaanse militêre leier († 9 September 2001).
- 22 September – Marie-Ségolène Royal, Franse politikus.
- 18 Oktober – Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch in die Wes-Kaap († 2014).
- 23 November – Francis Cabrel, Franse sanger en liedjieskrywer.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 5 Maart – Josef Stalin, sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee (* 1878).
- 23 Maart – Raoul Dufy, Franse waterverfskilder (* 1877).
- 27 April – Maud Gonne, Ierse rewolusionêr, kampvegter vir vroueregte en aktrise (* 1866).
- 18 Julie – Karl Bremer, eertydse Suid-Afrikaanse minister van gesondheid (* 1885).
- 28 September – Edwin Hubble, ’n Amerikaanse sterrekundige (* 1889).
- 18 Oktober – W.A. Hofmeyr, 'n Afrikaanse kultuurleier en sakeman. Die W.A. Hofmeyr-prys is na hom vernoem (* 1869).
- 8 November – Johannes van Melle, Nederlands gebore Afrikaanse skrywer van onder meer Bart Nel (* 1887).