Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 15 September 2015
Hier is tans 37 021 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Oorsig oor die antieke Nabye-Ooste in die 15de eeu v.C. (Middel-Assiriese tydperk). Dit wys onder meer die twee belangrike Assiriese stede Nineve en Assur.

Assirië was ’n belangrike Mesopotamiese koninkryk en ryk van die Antieke Nabye-Ooste. Dit het sowat ses eeue lank as ’n onafhanklike staat bestaan – van omstreeks 1250 tot 612 v.C. (van die Vroeë Bronstydperk tot in die Laat Ystertydperk). Dit het daarna nog 13 eeue lank, van die 7de eeu v.C. tot die middel 7de eeu n.C., voortbestaan as ’n geo-politieke entiteit waaroor buitelandse magte die grootste deel van die tyd geheers het, hoewel ’n aantal klein Nieu-Assiriese state soos Assur, Adiabene, Osroene en Hatra tussen die 1ste eeu v.C. en die laat 3de eeu n.C. op verskillende tye ontstaan het.

Die ryk was gesentreer om die Bo-Tigrisrivier in Noord-Mesopotamië (die hedendaagse Irak, Noordoos-Sirië en Suidoos-Turkye) en het verskeie kere oor magtige ryke geheers.

As ’n aansienlike deel van die groter Mesopotamiese "wieg van die beskawing" wat Sumer, Akkad en heelwat later Babilonië ingesluit het, was Assirië die middelpunt van die tegnologiese, wetenskaplike en kulturele vooruitgang van sy tyd. Op sy hoogtepunt het die ryk gestrek van Siprus in die Middellandse See tot by Persië (Iran), en van wat nou Armenië is tot by die Arabiese Skiereiland en Egipte.

Assirië is genoem na sy oorspronklike hoofstad, Assur, wat van omstreeks 2600 v.C. bestaan het in wat nou Noord-Irak is; dit was aanvanklik een van ’n aantal Akkadiese stadstate in Mesopotamië. In die 25ste en 24ste eeu v.C. was die Assiriese konings landelike leiers, en in die laat 24ste eeu v.C. het hulle onder die mag van Sargon van Akkad gekom wat al die Akkadies-, Semities- en Sumeriessprekende volke van Mesopotamië onder die Akkadiese Ryk (omstreeks 2334 tot 2154 v.C.) verenig het. Ná die val van die Akkadiese Ryk omstreeks 2154 v.C. en die kortstondige Nieu-Sumeriese Ryk (Ur III) wat net oor Suid-Assirië geheers het, het Assirië weer onafhanklik geword.

Die ryk se geskiedenis word ingedeel in drie tydperke, bekend as Oud-, Middel- en Nieu-Assiries. Hierdie terme word algemeen in Assiriologie gebruik en stem rofweg ooreen met onderskeidelik die Vroeë tot Middel-Bronstydperk, Laat Bronstydperk en Vroeë Ystertydperk. Tydens die Oud-Assiriese tydperk het die ryk kolonies in Klein-Asië en die Levant gestig en onder koning Ilushuma het dit ook beheer oor Suid-Mesopotamië oorgeneem. Van die middel 18de eeu v.C. het die ryk in konflik gekom met die pasgestigte staat Babilonië, wat die veel ouer Sumeries-Akkadiese state in die suide soos Ur, Isin, Larsa en Kisj oorskadu het.

Assirië het ’n magtige ryk geword tydens die tydperk van die Oud-Assiriese Ryk van die laat 21ste tot middel 18de eeu v.C. Daarna het dit in die 18de en 15de eeu v.C. vir kort rukke onder onderskeidelik Babiloniese en Mitannies-Horitiese heerskappy gekom. Nog ’n tydperk van groot mag het gevolg met die begin van die Middel-Assiriese Ryk (1365 tot 1056 v.C.) waartydens groot konings geheers het, soos Assur-uballit I, Arik-den-ili, Tukulti-Ninurta I en Tiglath-Pileser I. In dié tyd het Assirië ook die Mitanniese Ryk omvergewerp en die Hetitiese Ryk, Antieke Egipte, Babilonië, Elam en Frigië in die Nabye-Ooste oorskadu.

Van die veldtogte van Adad-nirari II in 911 v.C. af het dit vir die volgende drie eeue ’n groot mag geword wat die 25ste Dinastie van Egipte omvergewerp en Egipte verower het. Dit het ook Babilonië, Elam, Urartu, Armenië, Medië, Persië, Mannea, Gutium, Fenisië/Kanaän, Aram (Sirië), Arabië, Israel, Edom, Moab, Ammon, Samarra, Sisilië, Siprus, Galdea, Nabatea, Kommagene, Dilmun, Libië, die Horiete, Sutu en die Nieu-Hetiete oorrompel en die Ethiopiërs, Koesjiete en Nubiërs uit Egipte verdryf. Hulle het die Kimmeriërs en Skitiërs onderwerp en belasting geëis van onder meer Frigië, Magan en die Land van Poent.

Ná sy val tussen 612 en 605 v.C. het Assirië ’n provinsie en geo-politieke entiteit onder die Babiloniese, Mediese, Achaemenidiese, Seleukidiese, Parthiese, Romeinse en Sassanidiese Ryk gebly tot met die Arabies-Islamitiese verowering van Mesopotamië in die middel 7de eeu n.C.

Dit het daarna finaal tot ’n val gekom en die oorblywende Assiriërs (teen dié tyd hoofsaaklik Oos-Assiriese Christene) het geleidelik ’n etniese, taalkundige, kulturele en godsdienstige minderheid in die tradisioneel Assiriese grondgebiede geword waar hulle tot vandag toe woon.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Elizabeth II in Maart 2015

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat seelikkewane die enigste likkewaan is wat gereeld onder seewater swem? Hulle duik tot 30 minute lank om seewier te vreet.

...dat Edmund Hillary oorspronklik 'n byeboer was? Dit was 'n somerwerk wat hom tyd gegee het om in die winter berge te klim.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

15 September: Onafhanklikheidsdag in Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Nicaragua (1821)

Koos de la Rey

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die jaguar (Panthera onca) se kop van naby gesien, soos afgeneem in die Milwaukee County dieretuin, Milwaukee, Wisconsin.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie
Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië  Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  Nuwe Era  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies

Tegnologie
Elektronika  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
DeutschEnglishEspañolFrançaisItalianoNederlandsPolskiРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Cebuano日本語Português中文
Weergawes met meer as 500 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 250 000 artikels
العربيةCatalàČeštinaفارسیSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБългарскиDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiՀայերենҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauNorsk (nynorsk)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaSlovenščinaTürkçeOʻzbekchaVolapük
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БеларускаяБеларуская (тарашкевіца)‎BrezhonegBosanskiCymraegKreyòl ayisyenქართულიLatviešuМакедонскиनेपाल भाषाOccitanPiemontèisShqipதமிழ்తెలుగుไทยTagalogТатарча / tatarçaاردو

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering