8 Julie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Julie 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
8 Julie is die 189ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (190ste in skrikkeljare). Daar volg nog 176 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1153 – Pous Anastasius IV volg Pous Eugenius III op.
- 1184 – Pous Lucius III konsekreer die katedraal van Bologna.
- 1234 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Dominicus de Guzman heilig.
- 1713 – Pous Clemens XI verklaar Pous Gregorius X salig.
- 1839 – Pous Gregorius XVI stel Ferdinando Maria Pignatelli, Theat., aartsbiskop van Palermo aan as kardinaal.
- 1897 – NG gemeente Johannesburg-Oos en NG gemeente Jeppestown stig terselfdertyd af van die NG gemeente Johannesburg.
- 1933 – Die eerste rugbytoets tussen die Wallabies van Australië en die Springbokke van Suid-Afrika word op Nuweland in Kaapstad gespeel.
- 1990 – Dr. Allan Boesak bedank uit die NG Sendingkerk ná aantygings van 'n buite-egtelike verhouding.
- 1991 – Brig. Oupa Gqozo, voorsitter van die Ciskeise staatsraad, stig die African Democratic Movement (ADM).
- 1991 – Die minister van buitelandse sake, Pik Botha, onderteken 'n verdrag namens Suid-Afrika wat die land se kerngeriewe open vir inspeksie deur buitelandse moonthede.
- 1991 – Dr. Gerrit Olivier, Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in Rusland, open 'n Suid-Afrikaanse belangekantoor in Moskou.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1817 – Jan Bantjes, 'n Voortrekker († 1887).
- 1990 – Kermit Erasmus, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1153 – Pous Eugenius III, die 167ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1695 – Christiaan Huygens, Nederlandse sterrekundige, wiskundige, fisikus en Musiekteoretikus (* 1629)
- 1936 – Samuel Cronwright, Suid-Afrikaanse boer, politikus en skrywer (* 1863).
- 1957 – C.M. van den Heever, Afrikaanse skrywer en digter (* 1902).
- 1994 – Cora Marie, Afrikaanse country-sangeres (* 1953).
- 1994 – Kim Il Sung, politikus van Noord-Korea (* 1912).
- 1997 – F.A. Venter, Afrikaanse skrywer (* 1916).
- 2014 – Braam Raubenheimer, voormalige Suid-Afrikaanse politikus en minister van waterwese (* 1920).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
- Feesdag van Pous Adrianus III in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Feesdag van Pous Eugenius III in die Rooms-Katolieke Kerk.