5 Desember
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Desember 2014 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
5 Desember is die 339ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (340ste in skrikkeljare). Daar volg nog 26 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1212 – Die meerderheid Duitse prinse vervang Otto IV met Frederik II as keiser.
- 1387 – Pous Urbanus VI stel Cosimo de' Migliorati (later Pous Innocentius VII) aan as aartsbiskop van Ravenna.
- 1484 – Pous Innocentius VIII publiseer die bul Summis desiderantes affectibus wat die heksejag instel.
- 1492 – Christopher Columbus word die eerste Europeër wat voet aan wal sit op die eiland Hispaniola (nou Haïti en die Dominikaanse Republiek).
- 1590 – Pous Gregorius XIV volg Pous Urbanus VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1931 – Katedraal van Christus die Verlosser in Moskou is vernietig deur 'n bevel van Josef Stalin.
- 1933 – Die Prohibisie (verbod op alkoholiese drank) in die VSA eindig toe die Een-en-twintigste wysinging aan die Amerikaanse Grondwet bekragtig word.
- 1934 – Die Verenigde Party gestig met genls. James Barry Munnik Hertzog as leier en Jan Christian Smuts as onderleier.
- 1945 – Vlug 19, 'n eskader van vyf TBF Avenger torpedobomwerpers van die VSA Vloot, verdwyn in die Bermudadriehoek.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1443 – Giuliano della Rovere, (later Pous Julius II) in Albisoli, Italië, die 216de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 21 Februarie 1513).
- 1782 – Martin Van Buren, agste President van die Verenigde State († 1862).
- 1888 – Tienie Holloway, 'n Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur († 1967).
- 1894 – Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika en die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika († 1982).
- 1901 – Walt Disney, animeerder, sketskunstenaar († 1966).
- 1903 – Johannes Heesters, Nederlands-Duitse akteur en sanger († 2011)
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1791 – Wolfgang Amadeus Mozart, Oostenrykse komponis van Salzburg (* 1756).
- 1926 – Claude Monet, 'n impressionistiese kunsskilder van Giverny, Frankryk (* 1840).
- 1891 – Dom Pedro II, tweede en laaste keiser van Brasilië (* 1825).
- 1918 – Schalk Willem Burger, Transvaalse politikus en waarnemende president (* 1852).
- 1990 – Peter Blum, Afrikaanse digter (* 1925).
- 2007 – Karlheinz Stockhausen, Duitse komponis (* 1928).
- 2012 – Oscar Niemeyer, Brasiliaanse argitek (* 1907).
- 2013 – Nelson Mandela, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika (1994–1999) (* 1918).