25 Januarie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Januarie 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
25 Januarie is die 25ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 340 dae in die res van die jaar (341 in skrikkeljare).
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 817 – Pous Paschalis I volg Pous Stefanus IV op.
- 844 – Teenpous Johannes VIII word deur die burgers van Rome as pous verkies.
- 1077 – Keiser Hendrik IV gaan na Canossa om vergiffenis te vra van Pous Gregorius VII.
- 1138 - Gregorio Conti word verkies as Pous Victor IV as teenpous teenoor Pous Innocentius II.
- 1327 – Die tienerjarige Edward III word gekroon as Koning van Engeland, maar die land word deur sy ma Koningin Isabella en haar minnaar Roger Mortimer regeer.
- 1554 – Die Jesuïete stig São Paulo in Brasilië.
- 1675 – Pous Clemens X verklaar Johannes van die Kruis (Johannes van Ypes) salig.
- 1919 – Die Volkebond, 'n voorloper van die Verenigde Nasies, word gestig om "'n einde aan alle oorloë" te bewerkstellig.
- 1924 – Die eerste Winter Olimpiese Spele open teen die voet van Mont Blanc in Chamonix, Frankryk.
- 1971 – Generaal Idi Amin neem mag in Uganda oor van Eerste Minister Milton Obote en begin daarmee agt jaar van militêre regering.
- 1981 – Meer as 100 mense sterf toe die Buffels- en die Baviaansrivier afkom en die Karoodorp Laingsburg oorstroom.
- 2004 – Marsverkenningsvoertuig Opportunity land op Mars en rol in die Eagle krater in, ’n klein krater op die Meridiani Planum.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 750 – Leo IV, keiser van Bisantium († 780).
- 1759 – Robert Burns, Skotse digter († 1796)
- 1882 – Virginia Woolf, Britse skryfster († 1941).
- 1913 – Robey Leibbrandt, bokser en politieke stormvoël († 1966).
- 1969 – Desmond Dube, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1978 – Charlene, Prinses van Monaco, Suid-Afrikaanse swemster.
- 1981 – Alicia Keys, Verenigde State sangeres.
- 1982 – Noemi, Italiaanse sangeres, liedjieskryfster en musikant.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1138 – Pietro Pierleoni (Teenpous Anacletus II) (*circa 1090).
- 1947 – Al Capone, Amerikaanse bendeleier (* 1899).
- 1974 – Stephanus Petrus le Roux, Suid-Afrikaanse politikus (* 1891).
- 2015 – Demis Roussos, 'n Griekse sanger (* 1946).