Jode

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jode
Jews.jpg
Totale bevolking: 13 428 300[1]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Israel Israel 5 703 700[1]
Vlag van Verenigde State Verenigde State 5 275 000[1]
Vlag van Frankryk Frankryk 483 500[1]
Vlag van Kanada Kanada 375 000[1]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 292 000[1]
Vlag van Rusland Rusland 205 000[1]
Vlag van Argentinië Argentinië 182 300[1]
Vlag van Duitsland Duitsland 119 000[1]
Vlag van Australië Australië 107 500[1]
Vlag van Brasilië Brasilië 95 600[1]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 71 500[1]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 70 800[1]
Vlag van Hongarye Hongarye 48 600[1]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 71 500[1]
Vlag van Meksiko Meksiko 39 400[1]
Vlag van België België 30 300[1]
Vlag van Nederland Nederland 30 000[1]
Vlag van Italië Italië 28 400[1]
Vlag van Chili Chili 20 500[1]
Alle ander lande 250 200[1]
Taal: Hebreeus, Jiddisj, Ladino
Geloofsoortuiging: Judaïsme
Verwante etniese groepe: Arabiere en ander Semiete.

Die woord Jood (van Hebreeus: יהודים: jehudi meervoud jehudim) word op verskillende maniere gebruik, maar verwys mees algemeen na 'n navolger van die Joodse geloof, 'n kind van 'n Joodse moeder, of 'n lid van die Joodse kultuur of etnisiteit en gereeld 'n kombinasie van hierdie kenmerke. Hierdie artikel bespreek die etniese groep; vir 'n oorweging van die geloof, kyk gerus na Judaïsme.

Die meeste Jode beskou hulleself as 'n volk, lede van 'n nasie, en die voorvaders van Joodse nasionale identiteit word deurgetrek vanaf die Bybelse patriarg Abraham (Avraham), sy seun Isaak en veral Jakob (Ja'akov), Isak (Jitshak) se seun, asook deur die persone wat mettertyd by hulle aangesluit het as bekeerdes (sien ook Israeliete). Die term Jood ("Jahudi") se oorsprong begin by die verdeling van die Koninkryk van Israel (Jisra'el) in die noordelike Koninkryk van Israel en die suidelike Koninkryk van Juda (Jahuda). Daarom is die Israeliete (wat later deur die Assiriërs verwoes is) afkomstig vanuit die noordelike koninkryk, en die Jode (Jahudim) - wat oorleef het - van die suidelike koninkryk. Algaande het die woord Jood begin verwys na dié van die Joodse geloof eerder as dié wat van Juda afkomstig is. Etniese Jode sluit sogenaamde "gelowige Jahudim" (die wat Judaïsme beoefen) asook "sekulêre Jahudim" (dié wat nie Judaïsme as 'n geloof beoefen nie), maar nog steeds hulleself as Jode in 'n kulturele of etniese sin identifiseer) in.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 1,16 1,17 1,18 1,19 1,20 Sergio DellaPergola (2 November 2010). “World Jewish Population, 2010”. (PDF) Current Jewish Population Reports. North American Jewish Data Bank. URL besoek op 22 November 2012.