13 November
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | November 2014 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
13 November is die 317de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (318de in skrikkeljare). Daar volg nog 48 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1550 – Pous Julius III publiseer 'n bul wat die hervatting van die konsilie van Trente aankondig.
- 1564 – Pous Pius IV publiseer die geloofsbelydenis van Trente in sy bul Iniunctum nobis.
- 1690 – Pous Alexander VIII stel Francesco Barberini en Lorenzo Altieri aan as kardinaal.
- 1742 – Pous Benedictus XIV publiseer Certiores effecti waarin gestel word dat die gemeente moet deelneem aan die eugaristie.
- 1775 – Pous Pius VI stel Juan Tomás de Boxadors y Sureda de San Martín, O.P., generaal van sy orde, aan as kardinaal.
- 1887 – Bloody Sunday konflik in Trafalgarplein.
- 1798 – Pous Pius VI publiseer Cum nos superiori oor die verkiesing van 'n pous.
- 1964 – De Villiers Lamprecht word die eerste Suid-Afrikaner wat 'n droommyl hardloop.
- 1970 – 'n Tropiese sikloon van oor die 160 km/h tref die digbevolkte Ganges Delta-gebied van Bangladesh, met na raming 500 000 sterftes tot gevolg. Dit word beskou as die ergste sikloonramp in die 20ste eeu.
- 1985 – Die vulkaan Nevado del Ruiz bars uit en veroorsaak 'n lahar (vulkansiese moddervloed) wat Armero, Colombia begrawe en ongeveer 23 000 mense dood.
- 1990 – Sover bekend word die eerste webbladsy geskryf.[1]
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1312 – Edward III, koning van Engeland († 1377)
- 1866 – Frederick Hugh Page Cresswell, leier van die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty († 1948)
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 867 – Pous Nicolaas I, die 105de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±820).
- 2014 – Charles Fryer, 'n Suid-Afrikaanse digter en uitgewer (* 1946).