3 Februarie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Februarie 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
Al die dae |
3 Februarie is die 34ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 331 dae in die res van die jaar (332 in skrikkeljare).
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1488 – Bartolomeus Dias van Portugal seil om die Kaap van Goeie Hoop by die suidelike punt van Afrika en land in Mosselbaai.
- 1509 – Nadat hy die eerste Portugees geword het om tot by Bombaai te seil, voer Francisco de Almeida 'n vloot van 23 skepe aan in 'n deurslaggewende oorwinning oor die gesamentlike vloot van Arabiere, Egiptenare en Indiërs in die Seeslag van Diu, wat die begin van Portugese heerskappy oor die Indiese Oseaan inlui.
- 1815 – Die eerste kaasfabriek word in Switserland geopen.
- 1848 – Harry Smith annekseer die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier.
- 1867 – Kroonprins Mutsuhito bestyg die Japannese troon wat die Meiji-era inlui.
- 1966 – Die onbemande Sowjet-ruimtetuig Luna 9 word die eerste verkenningstuig om op die maan te land en beelde van die maanlandskap terug te stuur Aarde toe.
- 1969 – Yasser Arafat word die leier van die Palestynse Bevrydingsorganisasie.
- 1996 – Laaste wedstryd van die CAF 1996 Afrika-Sokker-kampioenskappe word in Johannesburg gespeel en deur Suid-Afrika gewen.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1835 – Jan Hendrik Hofmeyr, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant († 1908).
- 1873 – Karl Jatho, Duitse vliegtuigpionier en uitvinder († 1933).
- 1898 – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper († 1976).
- 1905 – Herman Charles Bosman, Suid-Afrikaanse skrywer († 1951).
- 1945 – Marius Weyers, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1948 – Henning Mankell, Sweedse skrywer en dramaturg.
- 1950 – Jan de Wet, Suid-Afrikaanse sanger.
- 1959 – Chan Santokhi, Surinaamse politikus.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1014 – Sven I van Denemarke (* c. 960).
- 1687 – Cornelis van Quaelbergen, derde kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1623).
- 1922 – Christiaan de Wet, Suid-Afrikaanse kryger, rebellieleier en politikus (* 1854).
- 1924 – Woodrow Wilson, die 28ste President van die Verenigde State (* 1856).
- 2005 – Ernst Mayr, Duitse bioloog (* 1904).