2014 eindjaarrugbytoetsreeks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die 2014 jaareindrugbytoetsreeks (ook bekend as die Herfstoere in die Noordelike Halfrond) verwys na die internationale rugbywedstryde wat gedurende November hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond gespeel word.

Wedstryde[wysig | wysig bron]

Bledisloebeker – Deel 3[wysig | wysig bron]

  • Adam Ashley-Cooper het die sesde Australiese rugbyspeler met 100 toetse agter sy naam geword en die eerste om ’n drie in sy 100ste toets te druk.
  • Adam Ashley-Cooper het David Campese se rekord van 8 drieë teen Nieu-Seeland geëwenaar.
  • Benn Robinson en Ben Alexander het albei gelykgetrek met Al Baxter se toetsrekord (69 toetse) vir ’n Australiese stut.
  • Ewen McKenzie het in ’n onderhoud na afloop van die wedstryd sy bedanking as afrigter van Australië aangekondig.[1]

Week 1[wysig | wysig bron]

  • JC Greyling, Torsten van Jaarsveld en Tijuee Uanivi het hulle internasionale debuut vir Namibië gemaak.
  • Chris Kleebauer en Benedikt Scherrer het hulle internasionale debuut vir Duitsland gemaak.
  • Australië het die Killikbeker gewen nadat die Barbarians dit in 2013 teen Fidji gewen het en Engeland dit vroeër in 2014 nie kon wen nie.
  • Die bywoning vir hierdie wedstryd het die vorige rekord vir ’n wedstryd tussen die twee spanne (in 2013) meer as verdriedubbel.
  • Die telling was ’n rekord vir die All Blacks teen die VSA, hul vorige rekord van 51–3 is in 1913 opgestel.[2]
  • Augustine Pulu het sy internasionale debuut vir Nieu-Seeland gemaak.
  • Tim Stanfill het sy internasionale debuut vir die Verenigde State gemaak.

Week 2[wysig | wysig bron]

  • Jordan Wilson-Ross het sy internasionale debuut vir Kanada gemaak.
  • Franklin Bertolini het sy internasionale debuut vir Namibië gemaak.
  • John Aikmen, Reece Hamon, Jack Parfitt, Duncan Pollock en James Richards het hulle internasionale debuut vir Hong Kong gemaak.
  • Sergey Chernysev, Vasily Dorofeyev, Ilya Dyomushkin, Nikolay Serkov en Vitaly Zhivatov het hulle internasionale debuut vir Rusland gemaak.
  • Vasily Artemyev het in sy 50ste toets vir Rusland gespeel.
  • Paea Fa’anunu en Siua Halanukonuka het hulle internasionale debuut vir Tonga gemaak.
  • Dit was Italië se eerste toetsoorwinning sedert hulle in November 2013 teen Fidji gewen het.
  • Kelly Haimona het sy indernasionale debuut vir Italië gemaak.
  • Michael en Winston Stanley, Pete Cowley en Patrick-Albert Toetu het hulle internasionale debuut vir Samoa gemaak.
  • Quintin Geldenhuys het in sy 50ste toets vir Italië gespeel.
  • Nieu-Seeland het die Hillaryskild behou.
  • George Kruis en Semesa Rokoduguni het hulle internasionale debuut vir Engeland gemaak.
  • Australië het die James Bevan-trofee behou.
  • Sean McMahon en Tetera Faulkner het hulle internasionale debuut vir Australië gemaak.
  • Dit was Australië se 10de agtereenvolgende oorwinning oor Wallis.
  • Robert Neagu het sy internasionale debuut vir Roemenië gemaak.
  • John Cullen, Greg Peterson, Benjamin Tarr en Matt Trouville het hulle internasionale debuut vir die Verenigde State gemaak.
  • Uini Atonio, Xavier Chiocci, Alexandre Dumoulin, Rory Kockott, Charles Ollivon, Scott Spedding en Teddy Thomas het hulle internasionale debuut vir Frankryk gemaak.
  • Alipate Ratini en Nemia Soqeta het hulle internasionale debuut vir Fidji gemaak
  • Jared Payne het sy internasionale debuut vir Ierland gemaak.
  • Dit was Ierland se eerste oorwinning oor Suid-Afrika sedert 2009.
  • Ierland is die eerste Sesnasiespan om Suid-Afrika te klop sedert Skotland Suid-Afrika in November 2010 met 21–17 geklop het.
  • Mark Bennett het sy internasionale debuut vir Skotland gemaak.
  • Die broers Jonny en Richie Gray het die 21ste sibbepaar geword wat vir Skotland uitgedraf het.
  • Juan Cruz Guillemaín en Facundo Isa het hulle debuut vir Argentinië gemaak.
  • Juan Martín Hernández het in sy 50ste toets vir Argentinië gespeel.
  • Dit was Skotland se eerste oorwinning oor Argentinië op Murrayfield sedert hulle in 1990 vir die eerste keer teen mekaar gespeel het.

Week 3[wysig | wysig bron]

  • Lucas Ponce en Guido Petti Pagadizaval het hulle internasionale debuut vir Argentinië gemaak.
  • Alofa Alofa, TJ Ioane, Rey Lee-Lo en Ahsee Tuala het hulle internasionale debuut vir Samoa gemaak.
  • Richard Thorpe het sy internasionale debuut vir Kanada gemaak.
  • Rusland het die Ustinovbekerreeks met 2–0 gewen.
  • Daniel Carpo het in sy 50ste toets vir Roemenië gespeel.
  • Karne Hesketh, Keita Inagaki en Amanaki Lelei Mafi het hulle internasionale debuut vir Japan gemaak.
  • Danny Care het in sy 50ste toets vir Engeland gespeel.
  • Nicky Smith het sy internasionale debuut vir Wallis gemaak.
  • Sione Lea het sy internasionale debuut vir Tonga gemaak.
  • James Parsons het sy internasionale debuut vir Nieu-Seeland gemaak.
  • Sekope Kepu het in sy 50ste toets vir Australië gespeel.
  • Frankryk het die Trophée des Bicentenaires herower nadat hulle dit in Junie 2014 verloor het.
  • Robin Copeland, Dominic Ryan en Dave Foley het hulle internasionale debuut vir Ierland gemaak.
  • Lasha Malaghuradze het in sy 50ste toets vir Georgië gespeel.

Week 4[wysig | wysig bron]

  • Taniela Koroi het sy internasionale debuut vir Fidji gemaak.
  • Ronald McLean het sy internasionale debuut vir die Verenigde State gemaak.
  • Samuela Vunisa het sy internasionale debuut vir Italië gemaak.
  • Nizaam Carr en Julian Redelinghuys het hulle internasionale debuut vir Suid-Afrika gemaak.
  • Ierland het die Lansdownebeker vir die eerste keer sedert 2006 gewen.
  • Henry Speight het sy internasionale debuut vir Australië gemaak.
  • Ierland het met hierdie oorwinning vir die eerste keer sedert 2006 al hul eindjaartoetse gewen.
  • Luke Charteris het in sy 50ste toets vir Wallis gespeel.
  • Richie McCaw was vir die 100ste keer die kaptein van Nieu-Seeland. Sy eerste wedstryd as kaptein was ook teen Wallis.
  • Tomás Lezana het sy internasionale debuut vir Argentinië gemaak.
  • Dit was Argentinië se eerste oorwinning oor Frankryk in Frankryk sedert 2007.
  • Giorgi Aptsiauri het sy internasionale debuut vir Georgië gemaak.
  • Dit was Georgië se eerste oorwinning oor Japan.

Week 5[wysig | wysig bron]

  • Rob Simmons het in sy 50ste toets vir Australië gespeel.
  • Engeland behou die Cookbeker.
  • Wallis het vir die eerste keer in die geskiedenis die Prins William-beker verower.
  • Dit was Wallis se eerste oorwinning oor Suid-Afrika sedert 1999 en slegs hul tweede in geheel.
  • Dit was Wallis se eerste oorwinning oor een van die drie groot Suidelike Halfrond-spanne sedert 2008 nadat hulle 22 wedstryde in ’n ry verloor het.

Verwysings[wysig | wysig bron]