Hongarye

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Magyarország
Hongarye
Vlag van Hongarye Wapen van Hongarye
Vlag Wapen
Volkslied: Himnusz
Ligging van Hongarye
Hoofstad Boedapest

47°26′N 19°15′O / 47.433°N 19.250°O / 47.433; 19.250

Grootste stad Boedapest
Amptelike tale Hongaars
Regering Parlementêre republiek
János Áder
Viktor Orbán
Onafhanklikheid
Vorming
• Stigting
• Christelike koninkryk
• Sesessie van
Oostenryk-Hongarye
• Huidige republiek
• Huidige grondwet


895
1000

1918
23 Oktober 1989
1 Januarie 2012
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
93 030 km2  (109de)
35 919 myl2
0,74
Bevolking
 - 2014-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
9 879 000[1] (84ste)
9 937 628[2]
107,2 / km2 (94ste)
279,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$202,356 miljard[3]
$20 455[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$137,228 miljard[3]
$13 872[3]

MOI (2013) Green Arrow Up Darker.svg 0,831[4] (37ste)  –  baie hoog
Gini (2008) 26,9[5] –  laag
Geldeenheid Forint (HUF)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .hu
Skakelkode +36

Hongarye (Hongaars: Magyarország [ˈmɒɟɒrorsaːɡ]) is 'n landgebonde staat in Sentraal-Europa wat 'n groot deel van die Pannoniese Laagvlakte beslaan. Die land grens aan Oostenryk, Slowakye, Oekraïne, Roemenië, Serwië, Kroasië en Slowenië. Dit staan in eie land bekend as die Land van die Magyare of Magyarország.

Tot en met 1918 het Hongarye deel uitgemaak van Oostenryk-Hongarye, maar moes as gevolg van die vredesooreenkoms ná die Eerste Wêreldoorlog sowat sewentig persent van sy staatsgebied aan die destydse buurlande Joego-Slawië, Roemenië en Tsjeggoslowakye afstaan. 'n Minderheid van meer as 2,8 miljoen Hongare woon steeds in aangrensende lande.

Tussen 1945 en 1989 het Hongarye as Oosblokland onder Sowjet-Russiese invloed gestaan. Die Hongaarse opstand van 1956 was 'n poging om die Sowjet-juk af te werp, maar is deur Sowjet-troepe bloedig neergeslaan. Ná die val van die Sowjetunie is Hongarye as onafhanklike republiek herstel en het op 12 Maart 1999 by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aangesluit. Die land is sedert 1 Mei 2004 'n lidstaat van die Europese Unie.

Staats- en landsnaam[wysig | wysig bron]

Oorsprong[wysig | wysig bron]

Die inheemse landsnaam verskil sterk van die name wat in die buiteland vir Hongarye gebruik word. Die term magyar [madjar] kom reeds in 9de en 10de eeuse Islamitiese bronne voor en is waarskynlik 'n samestelling van magy (< Oegries *mańćε = "mens, man, geslag") en er(i) (eweneens "man, mens, geslag"). Hierdie naam het oorspronklik slegs na een van sewe halfnomadiese stamme verwys wat in die 9de en vroeë 10de eeu rooftogte in Europa onderneem het en tot by die Pireneë-bergreeks getrek het. Dié stamme het as Megyer (Magyar), Tarján, Jenő, Kér, Keszi, Kürt-Gyarmat en Nyék bekend gestaan. Daarnaas is die sambreelterm hétmagyar gebruik om na hulle te verwys. Teen die einde van die 10de eeu het die Magyare-stam - dit wil sê die nakomelinge van Árpád - daarin geslaag om alle Hongaarse stamme onder hul heerskappy te verenig. Vanaf hierdie tydperk is na die hele volk as Magyare verwys.

Die naam Hongarye, wat in Europese tale ingeburger geraak het, is vermoedelik uit Slawiese tale ontleen en het sy oorsprong in die Bolgaroturkse stamnaam onogur (afgelei van on = "tien" + ogur = "stam"). Die voorvaders van die Hongaarse volk het in die 5de en 6de eeu nou bande met die Onogure-ryk gehandhaaf. Die "H-" in die Latynse term hungarus is vervolgens ook in ander tale, waaronder Afrikaans, oorgeneem nadat dit valslik aan die Hunne (Hunni) gelykgestel is.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Kaart wat Hongarye vertoon

Volgens tradisie is Hongarye gevestig deur Árpád, wat die Magyare in die vlaktes van Pannonia gelei het in die 9de eeu. Die koninkryk van Hongarye is gestig in 1000 deur Stefan die Grote.

Geleidelik het Hongarye verander in 'n groot, onafhanklike koninkryk, wat 'n gematigde Sentraal-Europese kultuur geskep het, as deel van die Europese samelewing.

Die Goue Eeu het geëindig met die Ottomaanse oorname aan die begin van die 16de eeu, toe die res van Hongarye onder Oostenrykse beheer geval het en Oostenryk uiteindelik Hongarye teen die 17de eeu geheel en al beset het.

Gebiede[wysig | wysig bron]

Hongarye is verdeel in 40 administratiewe gebiede. Van hierdie is 19 graafskappe (megyék, enkelvoud - megye) en 20 is sogenaamde landelike graafskappe (enkelvoud - megyei jogú város), en daar is een hoofstad (főváros): Boedapest. Die ander 39 is:

Administratiewe gebiede (Hoofstede)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) [1]
  2. (en) Hungarian Central Statistical Office Census Data 2011. Besoek op 26 Julie 2014.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Hongarye”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 26 Julie 2014.
  4. (en) Human Development Report 2012”. Verenigde Nasies: 2013. URL besoek op 26 Julie 2014.
  5. (en) Gini coefficient of equivalised disposable income (source: SILC)”. Eurostat Data Explorer. URL besoek op 26 Julie 2014.