13 Oktober
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Oktober 2014 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
13 Oktober is die 286ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (287ste in skrikkeljare). Daar volg nog 79 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1307 – Die oorspronklike Vrydag die 13de: Duisende lede van die Tempelridders word gelyktydig deur agente van Filips IV van Frankryk in hegtenis geneem en daarna gemartel om skuld aan kettery te beken.
- 1383 – Karel III van Napels neem Pous Urbanus VI gevange en hou die pous aan in die burg Nocera.
- 1534 – Pous Paulus III volg Pous Clemens VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: die beleg van Mafikeng begin by die dorp Mafeking (nou Mafikeng) in Suid-Afrika
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Onder leiding van ’n nuwe regering met Generaal Pietro Badoglio aan die hoof, begin dele van Italië om aan die Geallieerdes se kant te veg na ’n oorlogsverklaring teen Nazi-Duitsland en Japan en Noord-Italië.
- 1977 – ’n Duitse Lufthansa-vliegtuig, die "Landshut" Boeing 737-200, vlug LH181, word deur die Rote Armee Fraktion geskaak op die vlug vanaf Palma de Mallorca (Spanje) na Frankfurt am Main (Duitsland). Dit is is as deel van ’n reeks gebeure en vrypersing van gevangenes, wat as die Duitse Herfs bekend staan. Die vlugkaptein, Jürgen Schumann, word deur die terroriste doodgeskiet en soos afval uit die vliegtuig gegooi. Die ander 86 gyselaars word op 18 Oktober bevry.
- 1994 – Mosaic Netscape 0.9, kort daarna bekend as Netscape Navigator word vrygestel. Dit is ’n prominente produk in die ontwikkeling van webblaaiers.
- 2005 – Die Breezy Badger-uitgawe van Ubuntu Linux word vrygestel.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1925 – Margaret Thatcher, Britse politikus en staatsvrou, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 2013).
- 1938 – Dalene Matthee, Afrikaanse skryfster († 2005).
- 1955 – Ertjies Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse fietsryer († 2012).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 54 – Claudius word deur sy vrou, Agrippina die jongere, vergiftig. Haar seun, die 17 jarige Nero, word gevolglik die volgende Romeinse keiser.