20 Desember
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Desember 2014 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
20 Desember is die 354ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (355ste in skrikkeljare). Daar volg nog 11 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1046 – Die sinode van Sutri set Pous Silvester III en Pous Gregorius VI af.
- 1254 – Pous Alexander IV word gekroon.
- 1334 – Pous Benedictus XII volg Pous Johannes XXII op.
- 1448 – Pous Nicolaas V stel ses nuwe kardinale aan waaronder sy halfbroer Filippo Calandrini.
- 1518 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word aartsbiskop van Brindisi.
- 1527 – Pous Clemens VII stel Francesco Comaro senior, 'n patrisiër uit Venesië, aan as kardinaal.
- 1538 – Pous Paulus III stel nog 6 nuwe kardinale aan.
- 1555 – Pous Paulus IV stel nog 7 nuwe kardinale aan.
- 1589 – Pous Sixtus V stel vier nuwe kardinale aan waaronder Charles III de Lorraine-Vaudémont, verkose biskop van Metz.
- 1724 – Pous Benedictus XIII stel Prospero Marefoschi, titulêr aartsbiskop van Cesarea en Agostino Pipia, O.P.,verkose biskop van Osimo aan as kardinale.
- 1737 – Pous Clemens XII stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII).
- 1759 – Pous Clemens XIII publiseer "Appentente Sacro" – Oor die geestelike voordele van vas.
- 1803 – Die aankoop van Louisiana voltooi.
- 1824 – Pous Leo XII stel Pedro de Inguanzo y Rivero, aartsbiskop van Toledo en Ludovico Micara, O.F.M.Cap. aan as kardinale.
- 1879 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word priester.
- 1880 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Bronkhorstspruit vind plaas.
- 1914 – Jopie Fourie, kommandoleier van die rebellie tydens die Maritz-rebellie, word per vuurpeleton tereggestel nadat hy aan hoogverraad skuldig bevind is.
- 1952 – Die tweede Selakant word by Anjouan in die Comore-eilande gevang.
- 1976 – Die Marais-komitee maak 14 beginsels bekend wat die grondslag van 'n nuwe opposisie-party in Suid-Afrika moet wees.
- 1999 – Die voormalige Portugese kolonie Macau word weer deel van die Volksrepubliek van Sjina.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1866 – Ds. Pieter Gerhardus Jacobus Meiring, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en redakteur van die Kerk se weekblad, die Kerkbode († 1938).
- 1927 – Kim Young-sam, Suid-Koreaanse politikus.
- 1954 – Jay Naidoo, Suid-Afrikaanse minister.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 217 – Pous Zefirinus, die vyftiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1552 – Katharina von Bora, eggenote van Martin Luther (* 1499).
- 1679 – Johan Maurits, goewerneur van Nederlands-Brasilië (* 1604).
- 1985 – Olaf Andresen, Duitsgebore Afrikaanse liedjieskrywer (* 1902).
- 2009 – Brittany Murphy, Amerikaanse aktrise (* 1977).
- 2013 – Merwede van der Merwe, 'n bekende TV-persoonlikheid en kampvegter vir Afrikaanse musiek (* 1947).