Trois-Rivières

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Trois-Rivières
Die Boulevard des Forges is Trois-Rivières se hoofstraat
Die Boulevard des Forges is Trois-Rivières se hoofstraat
Wapen van Trois-Rivières
Wapen
Ligging van Trois-Rivières op 'n kaart (Quebec)
Trois-Rivières
Trois-Rivières
Koördinate: 46°21′00″N 72°33′00″W / 46.35000°N 72.55000°W / 46.35000; -72.55000
Land Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Quebec
Region Mauricie
Stigting 1634
Geïnkorporeer op 1 Januarie 2002
Regering
 - Burgemeester Yves Lévesque
Oppervlak
 - Land 288,92 km² (111,55 vk m)
 - Stedelik 176,92 km² (68,31 vk m)
 - Metro 1 041,15 km² (401,99 vk m)
Hoogte 61 m (200 vt)
Bevolking (2011)
 - Stad 131 338
 - Digtheid 437,2/km² (1 132/vk m)
 - Stedelik 121 666
 - Stedelike bevolkingsdigtheid 684,8/km² (1 774/vk m)
 - Metropolitaans 151 773
 - Metrodigtheid 145,8/km² (378/vk m)
Tydsone EST (UTC-05:00)
 - Somer (DST) EDT (UTC-04:00)
Poskode G8(T,V-W,Y-Z), G9(A-C)
Skakelkode(s) 819
Webwerf: v3r.net
Die Laviolette-brug oor die Sint-Laurensrivier

Trois-Rivières is 'n nywerheidsentrum in die sogenaamde Cœur-du-Québec ("die Hart van Quebec") van die provinsie Quebec, Kanada, aan die noordoewer van die Sint-Laurensrivier en by die monding van die Saint-Mauricerivier. Die naam "Drie Riviere" gaan terug op die optiese illusie wat die mondingsgebied van die Saint-Mauricerivier gee en word sedert die einde van die sewentiende eeu gebruik. Die inwoners word dikwels die "Trifluviens" genoem.

Trois-Rivières is ook die hoofstad van die Mauricie-gebied. Die huidige stad Trois-Rivières het in 2002 met die samesmelting van die stede Cap-de-la-Madeleine, Sainte-Marthe-du-Cap, Saint-Louis-de-France, Trois-Rivières-Ouest en Pointe-du-Lac met die oorspronklike Trois-Rivières ontstaan. Die metropolitaanse gebied het sowat 151 000 inwoners (2011), die stad self 131 000.

Dit is op een na die oudste stad in die provinsie wat reeds in 1634 gestig is en tot die belangrikste stad tussen Montreal en Quebecstad ontwikkel het. Trois-Rivières beskik oor 'n bekoorlike ou stadskern met talle geboue uit die 18de eeu. Die Manoir Boucher-de-Niverville is in 1729 vir die eerste Seigneur van die stad opgerig en bied naas 'n inligtingskantoor vir toeriste 'n klein versameling Frans-Kanadese meubels uit die 18de eeu.

Die plaaslike Ursulieneklooster (Frans: Couvent des Ursulines) in die ou stadskern dateer uit die jaar 1697. Die Musée des Ursulines maak deel uit van die klooster en vertoon 'n versameling van historiese boeke, klere, skulpture en godsdienstige voorwerpe wat 'n goeie indruk van die landelike bevolking se religieusiteit gee. Die kloostertuin is 'n gewilde uitkykplek wat 'n pragtige uitsig oor die Sint-Laurensrivier bied.

Die koerantpapiervervaardiging en die ontginning van waterkrag by die Saint-Mauricerivier vorm die ekonomiese basis van die stad.

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: