Kings Park-stadion
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kings Park | |
---|---|
Ligging | Durban |
Koördinate | 29°49′29.60″S 31°1′46.88″O / 29.8248889°S 31.0296889°OKoördinate: 29°49′29.60″S 31°1′46.88″O / 29.8248889°S 31.0296889°O |
Gebou | 1891 |
Renovasie | 1990's |
Eienaar | |
Oppervlak | Gras |
Tuisveld van | Natalse Haaie, Sharks, Golden Arrows en AmaZulu FC |
Kapasiteit | |
55 000 (rugby en sokker) |
Kings Park-stadion, ook bekend as Growthpoint Kings Park Stadion vir bemarkingsdoeleindes, is 'n stadion wat in Durban, Suid-Afrika geleë is. Die stadion is oorspronklik in 1891 gebou en is in die middel-1990's opgeknap. Die stadion kan 55 000 toeskouers hanteer en word gebruik vir beide rugby- en sokkerwedstryde. Die stadion is aangrensend aan die Moses Mabhida-stadion, in die Kings Park-sportkompleks, en die Durban-straatbaan wat gebruik was vir die A1 GP Wêreldbeker van motorsport. Dit sluit in 'n aangrensende binnehuisarena, sokkermuseum, sportinstituut, en 'n treinstasie.
Die stadion word tans deur die volgende spanne gebruik:
- Die Sharks tydens Superrugbywedstryde.
- Die Natalse Haaie tydens Curriebekerwedstryde.
- Die Springbokke vir sommige internasionale rugbytoetse.
- Golden Arrows in die Premier Sokkerliga.
Inhoud
Wedstryde[wysig | wysig bron]
Rugbywêreldbeker 1995[wysig | wysig bron]
- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1995.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
27 Mei 1995 | Argentinië | 18–24 | Engeland | Groep B | 30 000 |
31 Mei 1995 | Engeland | 27–20 | Italië | Groep B | 21 000 |
4 Junie 1995 | Engeland | 44–22 | Samoa | Groep B | 20 000 |
10 Junie 1995 | Frankryk | 36–12 | Ierland | Kwarteindstryd | 18 000 |
17 Junie 1995 | Suid-Afrika | 19–15 | Frankryk | Halfeindstryd | 50 000 |
Afrikanasiesbeker 1996[wysig | wysig bron]
- Hoofartikel: Afrikanasiesbeker 1996.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
16 Januarie 1996 | Gaboen | 1–2 | Liberië | Groep C | 5 000 |
19 Januarie 1996 | Gaboen | 2–0 | Demokratiese Republiek van die Kongo | Groep C | 6 000 |
24 Januarie 1996 | Angola | 3–3 | Kameroen | Groep A | 6 000 |
28 Januarie 1996 | Gaboen | 1-1 (1-4 n.S.) | Tunisië | Kwarteindstryd | 4 000 |
31 Januarie 1996 | Zambië | 2–4 | Tunisië | Halfeindstryd | 5 000 |
Sien ook[wysig | wysig bron]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kings Park-stadion.