19 Januarie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Januarie 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
19 Januarie is die negentiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 346 dae in die res van die jaar (347 in skrikkeljare).
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 973 – Pous Benedictus VI volg Pous Johannes XIII op.
- 1145 – Pous Lucius II gee die St. Sabas klooster aan die monnike van Cluny.
- 1217 – Pous Honorius III vra William, hertog van Pembroke, om oorlog te verklaar teen die opstandige baronne van die jong koning Hendrik III van Engeland.
- 1329 – Teenpous Nicolaas V stel Giovanni Visconti, ab van S. Ambrogio in Milaan, aan as kardinaal.
- 1419 – Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk word Rouen deur die Engelse koning Hendrik V ingeneem en Normandië by Engeland ingelyf.
- 1626 – Pous Urbanus VIII stel vyftien nuwe kardinale aan, waaronder Berlinghiero Gessi, biskop van Rimini.
- 1626 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X) word titulêr patriarg van Antiogië.
- 1839 – Die Royal Marines land by Aden om seerowers te verhoed om Britse skepe na en van Indië aan te val. Aden sou tot in 1967 onder Britse beheer bly.
- 1846 – Pous Gregorius XVI stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Guilherme Henriques de Carvalho, patriarg van Lissabon.
- 1937 – Howard Hughes stel 'n nuwe rekord op deur in 7 uur, 28 minute en 25 sekondes van Los Angeles na New York te vlieg.
- 1958 – Hannes la Grange is die eerste Suid-Afrikaner wat die Suidpool bereik.
- 1977 – Die Verenigde Party skors ses Volksraadslede, wat die Onafhanklike Verenigde Party (later die Suid-Afrikaanse Party) stig.
- 1977 – Iva Toguri, na bewering 'n Tokyo Rose, word ten volle kwytgeskeld.
- 1983 – Apple Computer stel die Apple Lisa vry, hulle eerste kommersiële persoonlike rekenaar met 'n grafiesekoppelvlak en 'n rekenaarmuis. Dit het 1 Megagreep RAM gehad en $9 995 gekos.
- 1984 – Die Standerbende beroof drie banke in minder as ’n uur in Johannesburg se middestad.
- 1990 – Die polisie verjaag betogers teen die Engelse rebelle-krieketspan van Mike Gatting op die lughawe Jan Smuts.
- 1996 – CAF se 1996 Afrika-Sokker-kampioenskappe skop af in Johannesburg, Suid-Afrika.
- 1999 – Die polisie arresteer Suid-Afrika se mees gesoekte misdadiger, Colin Chauke, in Nelspruit.
- 2006 – Die New Horizons ruimtetuig word lanseer om foto's van Pluto en die Kuiper-gordel te neem.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1736 – James Watt, Skotse uitvinder en meganiese ingenieur († 1819).
- 1869 – Henri van Dievoet, Belgiese argitek († 1931).
- 1905 – Ben Schoeman, 'n Suid-Afrikaanse minister († 1986).
- 1940 – Barend du Plessis, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1943 – Bertie Reed, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder († 2006).
- 1946 – Dolly Parton, Amerikaanse countrysangeres.
- 1977 – Nicole, Chileense sangeres.
- 1978 – Rolanda Marais, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1405 – Timoer, ’n 14de-eeuse Turks-Mongoolse krygsheer en die stigter van die Timoeridiese Ryk (* 1336).
- 1948 – Henri Georges Fourcade, Suid-Afrikaanse landmeter, bosbouer en plantkundige (* 1865).