Mbombela-stadion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mbombela-stadion
Mbombela Stadium.jpg
Die Mbombela-stadion
Ligging Nelspruit, Suid-Afrika
Koördinate 25°27′40″S 30°55′44″O / 25.461°S 30.929°O / -25.461; 30.929Koördinate: 25°27′40″S 30°55′44″O / 25.461°S 30.929°O / -25.461; 30.929
Eerste sooi gespit Februarie 2007
Geopen Oktober 2009
Eienaar Mbombela-munisipaliteit
Oppervlak Gras
Boukoste R1.05 biljoen
(USD$ 140 miljoen)
Argitek R&L Argitekte
Kapasiteit
43 589[1]
'n Sokkerwedstryd tussen Italië en Nieu-Seeland, 2010 FIFA Wêreldbeker.

Mbombela-stadion is 'n nuutgeboude 43 500-sitplek stadion en was een van die tien stadions wat tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 vir wedstryde gebruik is.[2] Dit is ses kilometers wes van Nelspruit in Mpumalanga, Suid-Afrika geleë.

Die stadion is na die stad vernoem, wie se amptelike naam deur die Suid-Afrikaanse regering in Oktober 2009 in Mbombela verander is.[3] Maar FIFA se 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi-webwerf het na die stad as Nelspruit verwys.

Die stadion is die middelpunt van 'n voorgestelde wyer sportsgebied met atletiek en krieket sowel as ander sportsoorte.

Die R1 050 miljoen se sportfasiliteite was gereed vir gebruik voor begin van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Junie 2010. Die stadion is moontlik gemaak deur befondsing van belastingbetalers.

Die Springbokke het op 21 Junie 2014 'n rugbytoetswedstryd hier teen Wallis gespeel, wat hulle naelskraap met 31 - 30 gewen het.

Wedstryde[wysig | wysig bron]

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
16 Junie 2010 13:30 Vlag van Honduras Honduras 0–1 Vlag van Chili Chili Groep H 32 664
20 Junie 2010 16:00 Vlag van Italië Italië 1–1 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Groep F 38 229
23 Junie 2010 20:30 Vlag van Australië Australië 2–1 Vlag van Serwië Serwië Groep D 37 836
25 Junie 2010 16:00 Vlag van Noord-Korea Noord-Korea 0–3 Vlag van Ivoorkus Ivoorkus Groep G 34 763

Afrikanasiesbeker 2013[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Afrikanasiesbeker 2013.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
21 Januarie 2013 17:00 Vlag van Zambië Zambië 1–1 Vlag van Ethiopië Ethiopië Groep C 15 500
21 Januarie 2013 20:00 Vlag van Nigerië Nigerië 1–1 Vlag van Burkina Faso Burkina Faso Groep C 13 500
25 Januarie 2013 17:00 Vlag van Zambië Zambië 1–1 Vlag van Nigerië Nigerië Groep C 25 000
25 Januarie 2013 20:00 Vlag van Burkina Faso Burkina Faso 4–0 Vlag van Ethiopië Ethiopië Groep C 35 000
29 Januarie 2013 19:00 Vlag van Zambië Zambië 0–0 Vlag van Burkina Faso Burkina Faso Groep C 8 000
30 Januarie 2013 18:30 Vlag van Togo Togo 1–1 Vlag van Tunisië Tunisië Groep D 7 500
3 Februarie 2013 18:30 Vlag van Burkina Faso Burkina Faso 1–0 (e.t.) Vlag van Togo Togo Kwarteindronde 27 000
6 Februarie 2013 18:30 Vlag van Burkina Faso Burkina Faso 1–1 (3–2 n.S.) Vlag van Ghana Ghana Halfeindronde 30 000

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]