Kiëf

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Kiëf
Київ • Kyiv
Collage of Kiev.png

Kaart Wapen
UKR Kiev map.svg
COA of Kyiv Kurovskyi.svg
Vlag
Flag of Kyiv Kurovskyi.svg
 Land Vlag van Oekraïne Oekraïne
 Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kiëf
 Koördinate 50°27′N 30°31′O / 50.450°N 30.517°O / 50.450; 30.517
 Stigting 6de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 839 vk km
 Hoogte bo seevlak 179 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 November 2015) 2 900 920
 - Bevolkingsdigtheid 3 299/vk km
 - Metropolitaanse gebied 3 375 000
 Etniese groepe:  
 - Oekraïners 82,2%
 - Russe 13,1%
 - Jode 0,7%
 - Ander Minder as 5%
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Burgemeester Vitali Klitschko (BPP)
 Amptelike Webwerf kievcity.gov.ua

Kiëf of Kyiv (Oekraïens: Київ [ˈkɪjiu̯] , Russies: Киев [ˈkʲiɪf]) is die hoofstad en grootste stad van Oekraïne met 'n bevolking van naastenby 2,9 miljoen. Saam met sy voorstede tel Kiëf vier miljoen inwoners.

Die Afrikaanse naam "Kiëf" is soos die Duitse Kiew en die Engelse Kiev afgelei van die Russiese naam, terwyl die transliterasie Kyiv nader aan die Oekraïense naam en uitspraak is. Hoewel die westerse media gaandeweg oorskakel na die Oekraïense naam, erken die Afrikaanse woordelys en spelreëls slegs "Kiëf".

Kiëf is in 'n geografiese oorgangsgebied geleë, op die grens tussen steppe en woudsteppe, maar ook tussen die moerasgebiede van Pripjat en Desna in die noorde en die uitgestrekte vlaktes met vrugbare swart grond in die suide. Die historiese stadskern van Kiëf het op die heuwels langs die regteroewer van die Dnipro ontstaan en was oorspronklik versterk. Die stadsgebied het egter lankal aan weerskante van die rivier uitgebrei en beslaan intussen meer as 800 km², waarvan sowat 'n derde deur tuine en ander groen ruimtes beslaan word.[1]

Godsdiens[wysig | wysig bron]

Die meeste van die mense wat in Kiëf woon is Ortodokse Christene.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Harald Heppner (red.): Hauptstädte zwischen Save, Bosporus und Dnjepr. Geschichte – Funktion – Nationale Symbolkraft. Wene, Keulen en Weimar: Böhlau 1998, bl. 193

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Flag of Ukraine.svg Deelgebiede van Oekraïne
Oblaste  CharkifChersonChmelnitskiDnipropetrofskDonetskIwano-FrankifskLoehanskLwifMikolajifOdessaKiëfKirowohradPoltawaRiwneSaporisjaSjitomirSoemiTernopilTranskarpatiëTsjerkasiTsjernihifTsjerniftsiWinnitsjaWolhinië
 Outonome republiek  Krim
Munisipaliteite  KiëfSewastopol