Kaspiese See

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaspiese See
Caspian Sea from orbit.jpg
Nasa-Satellietbeeld van die Kaspiese See
Caspianseamap.png
Kaart van die Kaspiese See
Koördinate: 41°40′N 50°40′O / 41.667°N 50.667°O / 41.667; 50.667Koördinate: 41°40′N 50°40′O / 41.667°N 50.667°O / 41.667; 50.667
Ligging: Azerbeidjan, Iran, Kasakstan, Rusland, Turkmenistan
Soort: Binnesee
Oppervlakte: 371 000 km² (143 200 myl²)
Gemiddelde diepte: 211 m (690 vt)
Maksimum diepte: 1 025 m (3 360 vt)
Volume: 78 200 km³ (18 800 myl³)
Lengte: 1 030 km (640 myl)
Breedte: 435 km (270 myl)
Opvangsgebied: 3 626 000 km² (1 400 000 myl²)[1]
Omtrek: 7 000 km (4 300 myl)
Invloei: Wolga, Oeral-rivier, Koera
Uitvloei: geen uitvloei nie
Eiland/e: 26+
Nedersettings: Bakoe, Astrachan
Stepka Razin seil oor die Kaspiese See, deur Wasili Soerikof, 1906
Die seestrand by Khezeshahr

Die Kaspiese See (Azerbeidjans: Xəzər dəniz, Kasaks: Каспий теңізі, Persies: دریای خزر/دریای مازندران, Russies: Каспийское море‎, Turkmeens: Hazar deňizi) is die grootste soutmeer en die grootste ingeslote waterliggaam ter wêreld. Die oppervlakte daarvan beslaan ongeveer 371 000 km².

Die Kaspiese See is geleë in Wes-Asië en 'n uithoek van Oos-Europa sonder toegang tot die oseane, en binne die groot Aral-Kaspiese laeland. Die Kaspiese See word in die noorde deur Rusland en Kasakstan, in die ooste deur Turkmenistan, in die suide deur Iran en in die weste deur Azerbeidjan begrens.

Die belangrikste riviere wat die Kaspiese See binnevloei is die Oeral-rivier, die Wolga en die Koera. Die grootste stad wat aan die see geleë is, is Bakoe, die hoofstad van Azerbeidjan. 'n Ander groot stad aan die Kaspiese See is Astrachan in Rusland, waar die Wolga in dié see uitmond.

Gedurende 2004 was die watervlak van die meer 28 m (92 vt) laer as seevlak.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) van der Leeden, Troise, and Todd, eds., The Water Encyclopedia. Second Edition. Chelsea F.C., MI: Lewis Publishers, 1990, bl. 196.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]