Man sterf toe hy twee agtervolg ná inbraak

2010-08-23 22:14

’n Lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is gisteroggend tydens ’n skietery met inbrekers by Rietfontein aan die Wes-Rand doodgeskiet.

Een van die misdadigers is gewond en is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Volgens kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het mnr. Theo de Jager (43) omstreeks 10:00 gesien hoe twee mans ’n huis op ’n kleinhoewe verlaat.

Toe hy ondersoek gaan instel, het hy agtergekom daar was ’n huisbraak.

“Hy het die verdagtes agtervolg en ’n skietery het uitgebreek. Hy is in die kop getref en het later in ’n kliniek aan sy wond beswyk,” het Ernst gesê.

Die vermeende rower is in die been gewond en na ’n plaaslike hospitaal geneem.

Volgens mnr. Jorncy Page, voorsitter van die Muldersdrift-GPF, is De Jager se dood ’n tragiese verlies vir die GPF en die gemeenskap.

“Hy was altyd ’n aktiewe lid van die gemeenskap behalwe vir die laaste paar jaar.

Hy het hard gewerk om die gemeenskap te beveilig en sy dood is ’n verlies vir almal.

“Wanneer gaan die regering die probleem van misdaad ernstig opneem?

Wanneer gaan hulle begin werk skep vir mense, want dit help nie jy sluit almal toe nie.

Skep werk en mense sal nie ander maniere kry om te oorleef nie.”

Die polisie ondersoek ’n saak van moord. 


binne beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hilda sê... En wat moet nou van my matriek dogter word? Hoe moet sy kwalifiseer om volgende jaar te begin studeer? Moet sy nou 'n hele jaar van haar lewe mors omdat ander mense staak? Dis so onregverdig.
Ek het 'n vriending wat 'n onderwyseres is. Sy is, soos baie ander, elke dag by die skool, besig om skool te gee. Tog gaan sy nie betaling ontvang nie, omdat die onderwysers staak. Deur die bank word ALMAL nou gepenaliseer vir die staking. Hoe onregverdig. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-23°C Sunny. Mild. Pta: 7-24°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 5-20°C Morning clouds. Refreshingly cool. Bfn: 4-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-25°C Morning clouds. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Store Manager - Waterfront

Western Cape - Cape Town
Crabtree & Evelyn
R 8 000 to R 10 000

HR Officer

Gauteng - Johannesburg
Hi-Tech Recruitment & BDCE Staffing Solutions
R7-10 Per Month

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R650,000-700,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY04
2004
R 89,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2009
R 145,995.00

ALFA ROMEO

147 2.0 3-dr Distinctive Selespeed
2001
R 59,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die dood van die God van my vaders

eBoeke Nou R120

Die verhaal van die ontslape voormalige Kweekskool-professor dr. Nico Smith se belewenis in die township Mamelodi en hoe hy daardeur God op 'n ander manier leer ken het.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...