24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24
Gulsigheid tap hulpbronne

Mense wat meer word en mense wat meer wil hê, vorm die kern van die wêreld se...

Regsraamwerk om nog 'n krisis te keer

Die krisis wat die finansiële markte tussen 2008 en 2009 geskud het, lei stee...

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Gesondheid: Samewerking gevra

Sep 23 2011 07:00 Nellie Brand-Jonker

Verwante Artikels

Discovery se solvensievlak versleg

Vrese oor Europa laat markte tuimel

Wêreldwye gesondheidstelsel

 

Top Stories

Klagtes stroom in oor staatsdiens

Sep 23 2011 08:00

Die Staatsdienskommissie het in die afgelope boekjaar sy hande vol gehad met klagtes oor die onetiese optrede van staatsamptenare.

Staat kniehalter die ekonomie

Sep 23 2011 08:00

Die regering beperk groei deur sy toenemende betrokkenheid by die ekonomie en sy “rampspoedige” teikens vir werkskepping.

SA het nou minder kinders, bejaardes

Sep 23 2011 08:00

Suid-Afrika het vir die eerste keer in amper twee dekades meer mense wat kan werk as “afhanklikes”, soos kinders en bejaardes.

 
Share Share line Print
Die hervorming van die gesondheidsektor moet wegdoen met die stelsel waar rykes in private hospitale bedien word en armes in staatshospitale, maar dit beteken nie dat die private sektor vernietig moet word nie.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het gister in Kaapstad op die hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) se jaarlikse konferensie vir die eerste keer ­sedert die groenskrif oor nasionale gesondheidsversekering (NGV) bekend gemaak is, die private hospitaalsektor toegespreek. Motsoaledi het reguit van ’n vergadering by die Verenigde Nasies in New York teruggevlieg om dié konferensie by te woon.

“Dit gaan nie daaroor om die private sektor te vernietig nie, maar die huidige stelsel is onvolhoubaar,” het hy gesê.

“Daar moet met die tweevlakstelsel weggedoen word, maar wat ek daarmee bedoel, is dat ’n manier gevind moet word om albei sektore te gebruik.”

Hy het sy omstrede stelling van vroeër herhaal dat dié stelsel soms erger is as wat tydens apartheid die geval was toe swart mense nie in wit hospitale behandeling kon kry nie.

Hy het gesê hy weet hy gaan baie mense omkrap met die hervorming van die gesondheidsektor en die NGV, soos wat stappe teen rook en nou teen alkohol mense ontstig.

“Ek is bewus daarvan dat party mense in Hasa die hervorming en NGV beskou as iets wat dit wat hulle het, sal vernietig.”

Hy het gesê dit sal nodig wees om gemeenskaplike terrein te vind – soos wat met Kodesa gevind is – tussen die regering en die private sektor se sieninge.

Die gehoor was doodstil terwyl hy amper 20 minute lank oor die neerslagtige statistieke oor die stand van gesondheid in Suid-Afrika gepraat het.

Dit sluit in die voorkoms van MIV/vigs wat 23 keer hoër as die wêreldgemiddelde is en die meeste sterftes veroorsaak. ’n Kwart van al die antiretrovirale middels wat wêreldwyd vervaardig word, word in Suid-Afrika gebruik.

“Ons kan dit nie ignoreer in die gesondheidsektor nie, dit gaan ons op ons knieë dwing as ons dit ignoreer.”

Hy het weer ’n beroep gedoen (soos glo vroeër vanjaar toe uitvoerende hoofde op ’n vergadering gevra is) om die hulp van die private sektor ten opsigte van MIV/vigs en die opleiding van personeel.

Die private sektor moet erken dat die vierledige gesondheidslas van die land hulle ook raak. Die ander probleme is moeder- en kindersterftes. Dié statistieke het die afgelope dekade agteruitgegaan. Hy het gesê die probleem met kinder- en moedersterftes is ’n probleem met die algehele gesondheidstelsel insluitende die private sektor.

“Dit sal verkeerd wees vir iemand om voor te gee dat die siektelas van Suid-Afrika nie so lyk nie. Suid-Afrika het vier duidelike pandemies wat opgelos moet word.”

Hy het gesê dit is duidelik dat die gesondheidstelsel in Suid-Afrika, insluitend die private sektor, ondoeltreffend is, want anders sou die sterftes onder moeders en kinders nie so agteruitgegaan het nie.

Motsoaledi het gesê hy het ’n tienpuntplan wat aandag aan al dié probleme gee en sekere daarvan sal die private sektor raak. Die NGV is net een van dié planne. Die gehalte van openbare gesondheidsorg is die staat se probleem maar die res sluit die private sektor in. Vir die eerste keer is ’n plan vir die ontwikkeling van personeel in die gesondheidsektor bekend gemaak.

Nog ’n kwessie wat die private sektor raak, is die medisyne­beleid. Dit moet hersien word om seker te maak dat pryse daal.

 
 
Comment on this story
3 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
Groensake

Mense wat meer word en mense wat meer wil hê, vorm die kern van die wêreld se hulpbronprobleem. Aan eersgenoemde is China met sy eenkindbeleid nie bang om iets te doen nie, maar dit het onbedoelde gevolge, soos die maatskaplike probleme inherent aan ’n oormaat jong, rustelose onge... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...