24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24
Die energie-wind waai nog stadig

Anders as gewoonlik op konferensies oor hernieubare energie, was daar buiteng...

KVBA is baanbreker-bedingers

Me. Nerine Kahn, direkteur van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en A...

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Mine Waste: Omgewing-federasie antwoord

Okt 04 2011 05:00

Verwante Artikels

Megaslikdam bedreig

Mynprojek in gevaar oor 'teistering'

Hebsug bedreig poste, omgewing

 

Top Stories

Iran-konneksie kan lei tot Sasol-boikot

Okt 13 2011 08:26

Amerika, die Verenigde Nasies en die Europese Unie kan sanksies teen Sasol instel weens sy sakebedrywighede in Iran indien wetgewing verander word.

Marcus, Gordhan verskil oor Euro-hulp

Okt 13 2011 08:23

Die twee magtigste ekonomiese leiers in Suid-Afrika verskil skerp oor of die land geld aan die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) moet gee om die Europese skuldkrisis te help stuit.

Goeie nuus uit Europa lig JSE

Okt 13 2011 08:17

Die JSE se indeks van alle aandele het gister weer deur die 31 000-vlak gebreek en 1,06% stewiger gesluit nadat hernieude hoop vir ’n oplossing vir die eurogebied se skuldkrisis beleggersentiment aangevuur het.

 
Share Share line Print
Verlede week se berigte in Sake24 oor die bedreiging wat boere en omgewingsgroepe vir Mine Waste Solutions se bedrywighede in die Stilfontein-gebied inhou, het die volgende reaksie van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing ontlok:

Dié artikels van Sake24 (gepubliseer in Rapport, Beeld en Miningmx), het ernstige twyfel gewerp op die karakter en motiewe van me. Mariëtte Liefferink, uitvoerende hoof van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing (FVO), en die FVO.

Die aanname word gemaak dat die FVO saam met vier grondeienaars werk om hulle te help om hoë pryse vir hulle grond te bekom deur die lewe vir Mine Waste Solutions (MWS) “ondraaglik” te maak. Dit is na ons mening ’n verdraaiing van die feite en ’n wanvoorstelling van die waarheid.

Ons is nooit die kans gegun om op die artikels te reageer voor publikasie nie. Ons is van besliste mening dat die FVO ernstig te na gekom is in die artikels en dat Liefferink se reputasie deur wanvoorstellinge geskaad is.

Die FVO is ’n organisasie sonder winsbejag wat tot die voordeel van die breë publiek en omgewing optree. Die hoofdoel van die FVO is om ekologiese volhoubaarheid van ontwikkeling te verseker en die oordeelkundige gebruik van natuurlike hulpbronne te bevorder; om stappe te doen, insluitende regstappe, in si­tuasies wat ’n negatiewe maatskap­like, ekonomiese of omgewingsimpak op mense en die omgewing kan hê. In regsaksies word die FVO bygestaan deur onder meer die Legal Resources Centre en die Centre for Environmental Rights. Die FVO se aksies moet ten alle tye voldoen aan die verhewe morele verwysingsraamwerk van bogenoemde organisasies en hulle donateure en enige verdagmaking van ons motiewe kan geweldige implikasies vir alle betrokkenes inhou.

Onder meer word beweer dat “een van die land se voorste omgewingsaktiviste al haar kragte inspan om een van die belangrikste opruimingsprojekte in die mynbedryf te ontwrig”.

Liefferink beklemtoon dat nóg sy nóg die FVO gekant is teen die verwerking van historiese uitskotgeriewe en die deponering van herverwerkte uitskot op ’n megaslikdam.

Inteendeel, Liefferink en die FVO beskou dit as die beste praktiese ­omgewingsopsie, solank dit gedoen word met die doelwit om ook aandag te gee aan toekomstige probleme en nuwe besoedelingsprobleme nie geskep word nie. Kortom: Ons wil die probleme minder maak, en nie nuwe probleme skep nie.

Ons is in die betrokke geval veral bekommerd oor die gapings in kritieke inligting in MWS se omgewingsbestuursprogram en omgewingsimpakstudies.

Die gebreke word breedvoerig hanteer in ons appèl teen MWS se waterlisensie wat voor die Watertribunaal dien. Dit sal in die appèl­proses in diepte deur alle partye getoets word. Ons staan by die inhoud van ons appèl.

Verder word geskryf oor “die hebsugtigheid van vier grondeienaars, wat aangehelp word deur me. Ma­riëtte Lieffe­rink van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing . . .  ”

Die appèldokumente lui duidelik:

“I (Liefferink) have been mandated by the board of directors of the ­Fed­eration for a Sustainable En­vironment to depose of this affidavit and to institute proceedings on their behalf”.

Ons het in géén stadium namens grondeienaars opgetree nie en was onbewus van enige finansiële eise vir vergoeding deur die grondeienaars van MWS.

Ons verhouding met hulle was bloot dat die impakte op hul grond plaasvind.

Die dokumente wat ons aan [die joernalis Jan] de Lange verskaf het, voor die publikasie van sy artikels, het voldoende bewys gelewer dat die grondeienaars deur hul eie regsverteenwoordigers verteenwoordig word en nie deur ons nie.

De Lange beweer verder: “Lieffe­rink is ’n lid van die NKR se beheerraad en gebruik die posisie om onverpoos teen die megaslikdam te velde te trek”. Verder impliseer die artikel dat ons vals klagtes by die Nasionale Kernreguleerder (NKR) ingedien het.
Die stand van sake by MWS is per e-pos onder die aandag gebring van mnr. Nigel Adams van die departement van waterwese se wetstoepassingseenheid (Blou Skerpioene). Die NKR het ’n e-pos-kopie ontvang.

Ons het in Mining Weekly gelees dat die NKR sy toestemming vir die operasie teruggetrek het en ’n direktief uitgereik het. Ons is geensins deur die NKR ingelig dat enige saak ondersoek word of dat ’n direktief uitgereik is nie.

In die artikel word ook beweer: “MWS se mynregte is egter voorverlede week deur die departement van minerale bronne teruggetrek op grond van klagtes deur Liefferink en mnr. Johan Kondos”.

Voorts lui dit: “ . . . een van die grondeienaars, mnr. Johan Kondos, het met Liefferink se hulp teen die mynlisensie beswaar gemaak”.

Die FVO het geen klagte by die departement van minerale hulpbronne, soos beweer, ingedien of mnr. Kondos met enige beswaar by die betrokke departement gehelp nie.

Die artikel verder: “Sy (Liefferink) het dit (’n omgewingsforum) in ­chaos omskep. ‘Ek is nie hier om werkgeleenthede te beskerm nie. Ek is hier om die omgewing vir die nageslag te bewaar,’ het sy volgens oogge­tuies gesê.”

Voorts: “Dit is ou taktiek van omgewingsorganisasies om sulke konsultasie-strukture te saboteer.”

Die notules van die vergadering wat verskaf is deur die konsultant van MWS maak geen melding van enige sulke uitsprake of optrede nie.
 

 
 
Groensake

Mense wat meer word en mense wat meer wil hê, vorm die kern van die wêreld se hulpbronprobleem. Aan eersgenoemde is China met sy eenkindbeleid nie bang om iets te doen nie, maar dit het onbedoelde gevolge, soos die maatskaplike probleme inherent aan ’n oormaat jong, rustelose onge... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...