Dalai Lama moet Skype!

2011-10-06 00:05

‘HY sal dit nie kry nie,” sê Redi Thlabi van Talk Radio 702 oor die Dalai Lama se visum.

Die Sondagkoerant City Press haal ’n regeringsbron aan: “Dis onwaarskynlik dat die Dalai Lama die visum sal kry.”

Teen dié tyd weet ons die Tibettaanse geestelike leier het sy poging laat vaar om betyds ’n visum van die Suid-Afrikaanse regering te kry sodat hy emeritusaartsbiskop Desmond Tutu se verjaardagvieringe môre kan bywoon.

Human Rights Watch (HRW) sê die verskuilde weiering om die Dalai Lama in die land toe te laat, is plein en simpel om China ter wille te wees.

Dis ’n ontkenning van die struggle vir demokrasie, sê Daniel Bekele, Afrika-direkteur van HRW.

Dit het geen basis van objektiwiteit nie en dit gaan oor niks anders nie as vrees vir onguns by die Chinese regering.

Dus: Vrees oor wie die verjaardagpartytjie van ’n Nobelpryswenner vir vrede sou bywoon?

Dis seker hoe die realpolitik van vandag meer en meer onder ons neuse gevryf word.

Die betogers se plakkate praat van paswette wat teruggebring word.

Mens kry hulle eintlik jammer, want dit lyk of die besluit lank terug reeds geneem is. Ons buite die regering het gewoon nie ’n sê nie.

Maar, sê HRW: Vir die Suid-Afrikaanse regering om ’n leier wat die Suid-Afrikaanse stryd ondersteun het, in effek toegang tot die land te weier, is nie net om die land se geskiedenis te ontken nie.

Dit laat ook die vraag oor waar die nasionale besluitneming in Suid-Afrika ge­setel is. Pretoria of Beijing?

Ons weet dat China ander lande al gewaarsku het dat hulle reaksie kan verwag as hulle die Dalai Lama toelaat.

HRW probeer weer: Dis so ’n goeie manier om Tutu te eer, en ook dit waarvoor hy en Suid-Afrika veronderstel is om te staan, naamlik beginselvastheid en nie politieke gedienstigheid nie.

Maar Beijing het al gewys hoe woedend hy word wanneer die Dalai Lama iewers toegelaat word.

Soos toe Mexiko se pres. Filipe Calderon dit in September gedoen het. China se reaksie daarop?

“Dié ontmoeting het grootskaals ingemeng in China se binnelandse aangeleenthede, die gevoelens van die Chinese bevolking seergemaak en Chinees-Mexikaanse verhoudinge geskaad,” het ’n Chinese woordvoerder gesê.

China was net so kwaad toe pres. Barack Obama van Amerika die Dalai Lama in Julie ontmoet het: “Ons eis dat Amerika die Chinese standpunt met erns bejeën, ophou om in te meng in China se binnelandse aangeleenthede en ophou om saam te span met anti-Chinese separatistiese magte wat onafhanklikheid vir Tibet soek.”

En dan kom die Suid-Afrikaanse regering en sê die visumprosedure is nie gevolg nie!

Sowel Tutu as die Dalai Lama het dié ekskuus ontken en die regering se reaksie as “onmeetbaar minagtend” afgemaak.

Dit alles is ’n aanduiding van ’n nuwe werklikheid in die internasionale politiek.

’n Globale resessie is opnuut op hande en hierdie keer, word ons vertel, gaan dit oor staat­skuld.

Griekeland het dit bewys, Spanje is op pad, Italië kan dalk nie gered word nie. Moet ook nie vir Frankryk uitlaat nie.

En wie finansier deesdae die ontwikkelde wêreld se skuld? Onse liewe China!

Die aantal middelinkomste-verbruikers in China en Indië is tans gelyk aan die ganse bevolkings van Noord-Amerika en Wes-Europa tesame.

Onlangs sê China aan Amerika: “Ons het nou al die reg om te eis dat Amerika sy strukturele skuldprobleme aanpak en die veiligheid van China se dollarbates verseker.”

As China dít van die magtige Amerika kan eis, waar pas ons ou landjie nog in die prentjie?

Hulle noem dit nie verniet deesdae die “Great Wallet of China” nie.

Hulle hoef net vir ons te smaail, en pres. Jacob Zuma smaail terug.

En die Dalai Lama? Hy sal maar moet Skype.

- Volksblad

Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Nuutste Brandpunt-kommentaar

Quamsy sê... @TheMark. Ek hunker om 'n goeie man te wees vir my vrou en 'n goeie pa vir my kinders. En, o ja, om meer kennis in te win sodat ek my werk beter kan doen. Dis dit. NS: En om die lotto so gou as moontlik te wen:) Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 9-24°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bloem: 8-26°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 Sportback 2.0T FSi Ambition DSG 5-dr
2007
R 189,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2004
R 53,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.8 GTi Turbo 6-sp 5-dr
2003
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Book Now!

Pay for two nights stay for three at this gorgeous Cape Town hotel from R3091 per person sharing. Includes return flights, taxes and 2-days car hire with 200kms free per day. African Pride Crystal Towers

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Nuwe boekvrystellings

100de nuwe boeke vir die somer nou beskikbaar. Koop dit nou.

Battlefield 3 kan vooraf bestel word

Beskikbaar in alle formate. Word op 28 Oktober vrygestel. Vanaf R324.95. Plaas nou jou voorafbestelling.

The Lion King kan vooraf bestel word

The Lion King is weer op 21 Oktober beskikbaar. Vanaf R89.95. Plaas nou jou voorafbestelling.

Nuut! Geskenke by kalahari.com

Verruklike geskenkpakke, pragtige blomme en wonderlike geskenkidees vir alle geleenthede. Doen nou inkopies.

Samsung Series 9-notaboekrekenaar

Bestel hierdie sjiek en slank notaboekrekenaar gemaak van Duralumin vir R13 999. Weeg minder as 1.5kg. Koop dit nou.

Skylanders Spyro's Adventure

Plaas jou voorafbestelling nou

Gee lewe aan jou speelgoed met jou videospeletjie-konsole. Beskikbaar 14 Oktober. Plaas jou voorafbestelling nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.